Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 13 719 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 26,1% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 356 049 te staan.

Minstens 14 477 689 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (33%), gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (11%). Mpumalanga verteenwoordig 8%, Limpopo en Noordwes albei 7%, die Oos-Kaap 6%, Vrystaat 4% en die Noord-Kaap 3%.

Nog 450 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 69 075 te staan.

Altesaam 2 133 196 (90,5%) persone het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 721 hospitaal-opnames. Daar is tans 17 064 Covid-19-pasiënte in 668 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap782222125
Vrystaat550125502
Gauteng4582836942
KwaZulu-Natal1542382354
Limpopo940106470
Mpumalanga1059118271
Noordwes956122328
Noord-Kaap38264870
Wes-Kaap2926377187
Totaal137192356049

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap125322031406453222125
Vrystaat562010762112261125502
Gauteng1601277738143549836942
KwaZulu-Natal1121335229318848382354
Limpopo3114940989258106470
Mpumalanga16271084218223118271
Noordwes28819780021647122328
Noord-Kaap165958548466364870
Wes-Kaap1441733389428876377187
Totaal6907521331961537782356049

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Kan iemand dalk vir ons statistiek gee oor hoeveel griep gevalle verlede jaar teen die tyd aangeteken was?

Francois Le Cochon ·

Andre, gaan na Statistiek SA, daar sal jy al die statistiek kry wat jy benodig.

Anoniem ·

Snaaks oorgrote meerderheid dokters en studies stem nie saam met jou nie

Jan ·

Die realiteite begin nou inskop: Swede, wat geen maatreëls afgedwing het nie, se covid sterftesyfer staan die afgelope 7 dae op NUL. Dis diegene wat die regulasies uitdink, toepas en ondersteun wat die meeste ellende veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.