Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 733 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 2 915 560 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 2,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (22%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (20%) en Gauteng (15%). Die algehele aktiewe gevalle is 22 933.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 88 562 nadat nog 56 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 804 065 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,2%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 122 698 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 857 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 67 hospitaalopnames. Daar is tans 5 079 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 20,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap78291 868
Vrystaat80162 702
Gauteng111918 318
KwaZulu-Natal147514 399
Limpopo32122 100
Mpumalanga37151 550
Noordwes49150 217
Noord-Kaap3891 902
Wes-Kaap161512 504
Totaal7332 915 560

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 052275 991
Vrystaat6 874152 690
Gauteng19 464897 747
KwaZulu-Natal14 712491 348
Limpopo4 032116 915
Mpumalanga1 991149 149
Noordwes4 169144 731
Noord-Kaap2 23087 538
Wes-Kaap20 038487 956
Totaal88 5622 804 065

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Erik ·

Ek hoop regtig ons ouers in Suid-Afrika volg die voorbeeld van ander 1ste wêreldse lande en laat hul kinders ook inent. Ek vind dit vreemd dat ouers hul kinders laat inent teen soveel ander siektes, en hul weet 90% van die tyd niks van die inentings of waarvoor dit is nie en vra ook nie vrae nie, maar met Covid sit hul skielik kierts regop?

Gelukkig hoef ouers nie toestemming te gee nie en is kinders dalk beter ingelig as hul ouers.

Cobus ·

Raak die zappers nie al moeg om in so vrees te lewe nie, en dit boonop met die zap. Ontspan jy het ‘n 99% kans om te oorleef.

MakersMark ·

Raak die anti zappers nie moeg vir sameswerings teorie nie?. En sukkel die grys stof of te begryp CV19 is meer ‘n gemeenskaps gesondheids probleem? Gesondheids infrastruktuur kan nie 5% van alle gevalle in ICU dra nie.

Nicolaas Hendrik ·

Moenie worry nie jy gaan nog vir n 3de,4de,5de en aanhou inentings kry

Erik ·

Nicolaas, dis maar soos die griep inspuiting. Ek gaan maar elke jaar, uit eie keuse. As ek dieselfde moet doen vir Covid sodat ek gesond kan bly om na my gesin om te sien, dan maak ek so. Ons moet ook ons inentingspaspoorte deesdae wys as ons ons kinders gaan ondersteun by sportbyeenkomste, en nou kan ek.

KB ·

Weet julle wat julle sê? Ek dink nie so nie. My kind is nie ‘n proefmonster in ‘n siek eksperiment nie.

Gerhard ·

Koos soos altyd wonder ek wanneer sal mense aanvaar dis nie meer n eksperiment nie. Begryp mense hoeveel 7 biljoen is. dis 2 derdes van die wereld wat al die ineting gekry het. Ander lande begin terug te keer na normaal waar hulle baie meer beheer het oor covid.

Met n dodesyfer van 3% beteken een uit elke 33 mense wat covid kry gaan doodgaan. Dit tel nog nie die wat lank siek is en vir weke in die hopital is nie. Dit teen n inenting waar n paar gevalle newe effekte uit duisende gebeur.

Buck ·

Die stats is n klug. Hier in my dorp wys die Munisipale syfer 0, terwyl ek iemand ken wat by ons hospitaal werk, wat siek is. Ek glo ook daar is ander

Anel ·

En wat van ander siektes? Dis somer! In die Noirdelike halfrond begin die winter en dit is heel rustig daar. Maar hier moet die mense permanent paranoïes gehou word. Met hierdie hitte en maskers gaan mense nou van allerhande ander virusse en onbekende bakterieë siek word. Kyk maar. Of jy nou gespuit is of nie. En dan gaan ons heeltemal iets ander probeer wys gemaak word. Hierdie is so ‘n klug. Net ‘n geldmaak storie en mense paranoïes genoeg om alles vir soetkoek op te vreet. En so begin komunisme.!!!

KB ·

Net ‘n regstelling:
Virusse vrek in hitte, bakterieë daarenteen floreer in hitte met hoë humiditeit (nie droë hitte soos SA nie).
Covid-19 is ‘n variant vd Corona-VIRUS.
Maak self jou somme.
Die res van jou standpunt ondersteun ek.

Anoniem ·

Kleinboet daar is baie virusse wat nie seisoenaal is nie.

Gerhard ·

Oor jou stelling dat dit n geldmaak storie is stem ek saam. As n mediese fonds soos discovery jou aanraai om iets te doen dan is dit ook gedeeltelik uit geld gemotiveer. Gesonder mense en minder hospitaal gevalle beteken mos meer wins.

Joe Olivier ·

2 jaar terug sou amper niemand toelaat dat ‘n wildvreemde persoon iets uit ‘n ongemerkte bottel op hul hande spuit nie, nietemin op die hande van hul kinders. Ons leer ons kinders om nie lekkergoed en drankies van vreemdelinge te aanvaar nie. Tog gebeur al hierdie dinge vandag en die meeste aanvaar dit gelate. Die regering moedig ongehoorsaamheid aan ouers aan en verbied ouers om hul kinders te tugtig. Mense maak oop jul oë en sien wat hier aangaan.

Gerhard ·

Twee jaar terug sou ons nie n oog geknip het nie. Ons sou dit gesien en nie veel daarvan gedink het nie want sanitize, maskers en afstand hou was nog ongeken.
Ons wereld het baie verander vir die laaste 2 jaar. Ons is nou hiper sensitief oor wat ons mee in aanraking kom.

KB ·

Wil Squirrel en kopdoek nie maar hierdie absurditeit stop en die hele ding kanselleer nie.
Ek is darem ook nou al keelvol vir hierdie stupid beriggies. Kry lewe en gaan positief aan met jou kerk, jou gesin, jou werk en jou lewe!

Erik ·

Kleinboet, ek stem heeltemal saam met jou. Die vaksine is beskikbaar, en of jy dit neem of nie is elkeen se eie keuse en elkeen sal self met daai gevolge moet saamleef. Dis nie meer die regering se verantwoordelikheid nie, hulle het nou hul kant gebring en ons kan nou elkeen na ons self kyk.

Oros Soros ·

Daar is ‘n groot skroef los tov die Wes-Kaap se syfers. Die nasionale department (Nas) se syfers verskil drasties van die Wes-Kaap (WK). Aangemeld in Wes-Kaap: Nas= 512 504, WK= 521 905 (verskil – 9 401). Herstel: Nas: 487 956 (staties op die getal vir 23 dae), WK= 499 437 (verskil -11 481). Aktiewe gevalle: Nas= 4 510, WK= 2 430 (verskil +2080). Bronne: sacoronavirus.co.za (Nas) en https://coronavirus.westerncape.gov.za/covid-19-dashboard (WK).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.