Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 11 106 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 494 696 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 22,2%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (26%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (26%) en Gauteng (19%). Die totale aktiewe gevalle is 153 397.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 91 561 nadat nog 110 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 249 738 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 93%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 394 263 toetse vir Covid-19 gedoen, 49 970 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 349 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 887 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 28,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap1 22810 936
Vrystaat51416 884
Gauteng2 15613 585
KwaZulu-Natal2 86359 292
Limpopo3753 130
Mpumalanga3722 754
Noordwes4056 974
Noord-Kaap3599 662
Wes-Kaap2 83430 180
Totaal11 106153 397

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 456305 707
Vrystaat7 192167 232
Gauteng20 2061 107 814
KwaZulu-Natal15 166547 353
Limpopo4 159135 520
Mpumalanga2 037173 470
Noordwes4 448168 969
Noord-Kaap2 46491 022
Wes-Kaap20 433552 651
Totaal91 5613 494 696

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nicki ·

Hoe word hierdie statistieke versamel? Word die resultate van die toets dan binne ‘n paar uur beskikbaar? Ek moes ‘n week wag vir myne. Sou daar onderskeid getref word vir ‘n persoon wat toevallig positief getoets is omdat ALMAL outomaties getoets word en ‘n persoon wat eintlik aan C19 lei? In ons staats hospitale kan hulle baie keer glad nie ‘n pasient vind nie, hulle rekord houding is deurmekaar op ‘n goeie dag en bestaan gewoonlik glad nie. Ek vra maar net.

Daleen ·

Nicki ‘n week lank wag vir die uitslae is belaglik. Die rapid toets is onmiddelik beskikbaar en die meeste toetse by labs binne ure. Sou graag wou weet watter lab en omgewing het jy gebruik?

johan ·

Ek kom nou net uit die hospitaal wil maar net sê die rapid toets is nie akuraat nie. Die toets het gesê ek is negatief toe kom die ander een van die lab en sê ek is positief.

Jacobus ·

Terwyl ou en nuwe statistiek gemeng word beteken statistiek niks!!!

VaalDonkie ·

Onthou ook darem net dat hierdie paartie nou al amper twee jaar aan die gang is en daai totale van die begin af tot nou is.

Papsak ·

Ag n hele ou klug spel rerig stop dit nou en gou ook niemand dink dit is meer snaaks nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.