Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 1 648 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 696 823 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,2%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (38%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (22%) en KwaZulu-Natal (17%). Die totale aktiewe gevalle is 18 219.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 727 nadat nog twee sterftes aangemeld is, waarvan een sterfte in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 578 877 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 452 959 toetse vir Covid-19 gedoen, 28 320 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 50 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 220 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 32,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap72497
Vrystaat591 610
Gauteng6424 391
KwaZulu-Natal2756 419
Limpopo73250
Mpumalanga76697
Noordwes75931
Noord-Kaap142 590
Wes-Kaap362834
Totaal1 64818 219

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 553327 208
Vrystaat7 621192 462
Gauteng20 6011 176 034
KwaZulu-Natal16 027633 636
Limpopo4 542150 570
Mpumalanga4 705187 060
Noordwes4 711186 505
Noord-Kaap3 213102 853
Wes-Kaap21 754622 549
Totaal99 7273 578 877

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Manie ·

Jy sal al die ander statistieke behalwe gewone seisoenale griep se statistieke kan kry. Gewone griep se statistieke word die afgelope 2 jaar as Covid statistieke bereken.

Jakes ·

Die virus is baie matig tans. Nogal opvallend dat n bank soos Absa voirspel het dat n 5de vlaag in April SA gaan tref. Ek het nie geweet dat virus wetenskaplikes by Absa werk nie. Van wanneer af is banke kenners oor siektes? Dan kan ek net sowel die Dept van gesondheid nader oor beleggings en waar om my geld te bele.

Nommer 7 ·

Soos enige ander maatskappy, het ABSA ‘n Risiko Bestuur afdeling, Die mense wat daar werk is nie bankiers nie, Netso het die DvG finansiele beamptes.

Hendrik Daniël ·

Alhoewel ek vertrou Absa, soos die Departement van Gesondheid, is verkeerd oor enige noemenswaardige toekomstige variant, mag heelwat ander instansies meer van gesondheid weet as onse departement. Absa se lewensversekeringafdeling het volgens hulle ‘n model wat ‘n 5de vlaag einde April voorspel. Ek sou graag wou weet wat die piek C19-gevalle en -sterftes gaan wees volgens hulle “model”. Daaroor swyg hulle.

Hendrik Daniël ·

NIOS se 1461 nuwe gevalle teenoor die Departement van Gesondheid se 1648 nuwe gevalle pla. Beide se totale gevalle klop egter met die 1648.
Mens wonder of hierdie nou die begin is van gevallemanipulasie soos mens vir 2 maande lank al sien op die sterftesyfers. Oor die ongeveer 2 maande het 920 werklike sterftes (NIOS se getalle) uitendelik 6897 amptelike sterftes (Departement van Gesondheid se getalle) geword. Geen verklaring van waar of wanneer hierdie ekstra sterftes gebeur het, is ooit gegee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.