“Munisipaliteite moet nou nog self besluit oor hul eie verhoging op die verhoogde prys aan Eskom en verbruikers kan hulle gereed maak om eersdaags sowat 17% meer vir krag te betaal.”
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Maart 2022
Baba veilig terug by haar gesin
Sy is vroeër na bewering aan ʼn welgestelde Suid-Afrikaanse gesin verkoop.
AfriForum staan metropolisie by tydens onrus in Pretoria
“Te danke aan vinnige optrede en samewerking tussen die verskillende rolspelers is die situasie gou ontlont.”
Vrou word ook oor steroïede vervolg
Die saak hou verband met steroïede ter waarde van R300 000 wat in Secunda, Mpumalanga gevind is.
Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing naby Japan
ʼn Aardbewing van 7.3 het Woensdagaand die ooste van Japan getref.
Vandalisme van ander se erfgoed mag nie geduld word nie
“Die oningeligte radikale randeiers verkeer onder die indruk dat hulle die reg en ʼn platform het om sulke misdadige dade van vandalisme te pleeg.”
ToekomsVenster: ’n Gebed met vrae
“Here, daar is so baie dinge in hierdie wêreld wat ek nie verstaan nie.”
Tygerberg-kinderkoor ná 50 jaar steeds singend
“Die kinders leer mekaar omtrent die tradisie van die koor en leer ook op so ʼn manier om vir mekaar om te gee. Hulle vorm lewenslange bande met mekaar.”
Saak uitgestel teen oud-Recce se vermeende moordenaars
Terence Tegg is dood toe stakende Clover-werkers hom en sy kollegas met klippe bestook het.
Hulde aan Blackbyrd-sangeres gebring
Die oorsaak van haar dood is nie bekend nie.
Byna 30% van gesteelde polisiewapens steeds weg
Die polisie word nou weens sy oënskynlike nalatigheid daarvan beskuldig dat hy aandadig is tot geweldsmisdaad.
Buurvrou getuig oor Senekal-moord: ‘Sy was vreesbevange’
“Hy het haar kop in die warm water gedruk, haar kop daarna uitgetrek en gevra: ‘Het jy nou genoeg gebad?’ Hy sou dan daarna weer haar kop in die water druk.”
Onwettige staking ontwrig dienste in Tshwane
“Die stakende werkers hinder en intimideer wetsgehoorsame werknemers se pogings om hul pligte uit te voer.”
Herontdek biblioteke hierdie week
“Biblioteekweek is ʼn viering van ons intellektuele en geletterdheidserfenis.”
Wiele2Wiele ry met nuwe modelle van BMW, Suzuki en Hyundai
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie nuwes wat sopas bekendgestel is: BMW se 2-reeks koepee, Suzuki se Celerio-buksie en Hyundai se Tucson-sportnuts.
Proteas lewer topvertonings in Engeland
Shadine van der Merwe (Manchester Thunder) en Phumza Maweni (Bath) is ná die jongste Vitality-reekskragmetings met speler van die wedstryd-toekennings beloon.
Sagtewaremaatskappy moet miljoene aan departement terugbetaal
Dit kom nadat twee sagteware lisensie- en ondersteuningsooreenkoms-kontrakte ter waarde van R1 miljard tussen die departement van water en sanitasie en die betrokke maatskappy gesluit is, maar vandeesweek as onwettig verklaar is.
Kosbare pêrel weer in die kollig
Die uitsonderlike pêrel vind sy oorsprong in ʼn lewende wese, anders as enige ander kosbare juweel.
Grootste brandstofprysstyging nóg verwag
Sou die verwagte styging in die AA se projeksie aan die einde van die maand ʼn werklikheid word, sal dit die grootste styging in brandstofpryse in Suid-Afrika se geskiedenis wees.
DA wil met dié wet wegdoen met SEB
Die DA se nuwe privaatlede-wetsontwerp sal glo doen wat daar nié met swart ekonomiese bemagtiging reggekry is nie.