Onwettige staking ontwrig dienste in Tshwane

Werkers staak al vir twee dae. (Foto: Mohlaloga the Les/Twitter)

Die Tshwane-metro loop vir die tweede dag deur onder onwettige stakings wat dienslewering in dele van die stad lamlê.

Die voortslepende staking word glo deur ʼn aantal werknemers van die metro gedryf.

Volgens Lindela Mashigo, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metroraad, is lede van die metropolisie en polisie Woensdagoggend ontplooi in ʼn poging om die stakers in bedwang te bring.

“Die stakende werkers hinder en intimideer wetsgehoorsame werknemers en hul pogings om hul pligte uit te voer,” sê Mashigo.

“Dit veroorsaak lang vertragings in die metro se vermoë om op onderbrekings in sommige dele van die stad te reageer.”

Tshwane voer aan dat die onwettige staking deur lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu) van stapel gestuur is. Luidens berigte het die vakbond egter in ʼn brief aan die waarnemende stadbestuurder, Mmaseabata Mutlaneng, sy beweerde betrokkenheid by die staking ontken.

Mutlaneng het intussen ʼn interne memorandum uitgestuur waarin werkers opdrag gegee word om die staking op te skort en terug te keer werk toe, omdat hul optrede onwettig is.

Die stad is reeds besig om aandag te gee aan die diensleweringsvertragings sodat daar op al die agterstande in die metro gereageer kan word.

“Die meeste van Tshwane se werkers doen hul plig; dit is net ʼn geïsoleerde groep mense wat probeer om die metro se werk te ontwrig,” sê sy.

“Ons vra om verskoning vir die vertragings wat sommige inwoners tans ervaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bernard ·

Dank voor die voet af. Tweedens, moenie werkers se lidmaatskap van die unions outomaties oorbetaal nie; maak dit die werknemer se eie keuse – en sien hoe die ‘union bosses’ skielik begin skarrel.

Jr ·

Daars nou n goeie plan. Laat hulle lede dit self betaal. Brilljante plan. Gee die man n Bell’s

Jr ·

South Africa’s national winter sports – STRIKING.
SA = 15000 GOLD MEDALS
REST OF THE WORLD = 0 MEDALS

Pietertjie ·

Moenie worry nie. Oor ‘n paar dae sit hulle om die onderhandelingstafel, daar word aan al hulle eise voldoen en hulle kry ekstra vergoeding vir die tyd wat hulle moes staak. Tot volgende keer…

Marius ·

Die sapd is lamsakke as hul nie eers ‘n klein groep stakers kan beheer nie. Arresteer hulle en sluit hulle toe dan sal al die nonsens ophou.

Kokerboom ·

MM ek voel gebelgd dat jul my kommentaar nie plaas. Ek is ‘n gefrustreerde eiendomseienaar in Pretoria, betaal my deel en moet die gemors trotseer!

Di ·

UNIES is die grootste EUWEL in hierdie land naas TAXIS! Dis deur hulle dat al hierdie optogte, brande, verwoesting en saak beskadigings plaasvind. Agterna is die belasting betalers wat moet opdok om als wat hulle verwoes het weer te herstel. Daar moet ‘n wet uitgebring word wat die UNIES verantwoordelik hou om ALLE SKADE te betaal wat aangerig is.

Mieke ·

Diline. Ek stem saam met jou…. maar ons weet albei dat dit nooit onder ons huidige regering sal gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.