Vandalisme van ander se erfgoed mag nie geduld word nie

(Foto verskaf deur VF Plus)

Die vandalisering van genl. Louis Botha se standbeeld voor die parlement deur EFF-lede vandag, is onaanvaarbaar en dui op ‘n kultuur van wetteloosheid. Die standbeeld is met verf besmeer en ʼn deel van die bronswerk is afgebreek.

“Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn beweging wat gefundeer is in haat met die hoofdoel om te verwoes en vernietig. Hul heg geen waarde aan erfenis en diversiteit nie,” sê Heloïse Denner, woordvoerder van die VF Plus. “Dit is geen geheim dat dié party die Afrikaner, Afrikanererfenis en -geskiedenis verag nie.”

Denner sê die aanslag op die Afrikaner-erfenislandskap deur die ANC-regering, aangevuur deur die EFF, is vandag in die praktyk gesien.

Die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, het onlangs sy departement se planne bekend gemaak om onder meer sogenaamde apartheidsbeelde na standbeeldparke te verskuif.

“Wat as sogenaamde apartheidsbeelde geag word, is onduidelik, maar in die proses het hierdie departement en die ANC-regering die grondslag vir disrespekvolle, ondeurdagte en vandalistiese optrede gelê. Die oningeligte radikale randeiers verkeer onder die indruk dat hulle die reg en ʼn platform het om sulke misdadige dade van vandalisme te pleeg.”

Denner meen die departement behoort net so verantwoordelik gehou te word vir hierdie vandale se optrede soos die EFF en sy lede self.

“Ongeag die oorsprong van enige standbeeld, beeld of gedenkwaardigheid van geskiedkundige waarde, behoort dit gerespekteer en bewaar te word, omdat dit deel vorm van Suid-Afrika se geskiedenis en erfenislandskap. Net omdat ʼn individu of party nie van ʼn sekere gedeelte van die geskiedenis hou nie, of nie daardie geskiedenis ken of respekteer nie, gee hulle nie die reg om ʼn standbeeld of gedenkwaardigheid wat daardie geskiedenis uitbeeld te vernietig nie.”

Die VF Plus loof die vinnige optrede van polisiebeamptes wat twee van die vandale in hegtenis geneem het en verdere skade aan die standbeeld voorkom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris dupreez ·

Die eff is niks anders as n terroriste organisasie nie.

Windhond ·

Dit pla die Malematjies, -die Afrikaner geskiedenis, – hulle kan nie die geskiedenis weg neem nie, dit is soos n splinter in hulle oog, hulle kan nie verstaan dat mens nie die verlede kan verander nie,………. miskien die toekoms, maar nie die verlede nie

Papsak ·

Meer as gemors ons gaan breek nie mandela se standbeeld af of mors verf op hom nie wat is hulle probleem met ons geskiedenis fandalisme ten ergste en dit moet vinnig gestop word ongeleterde klomp skuim

Jean ·

Gaan seker uitkom op borg van R500 en dan hoor ons niks weer van die mense nie.

twaalfboor ·

John 10:10
The thiEFF comes only to steal and kill and destroy;……….

Nico ·

Ek wil net vra wat het die EFF gebou, niks, hulle breek net af.

Kobus ·

Die ANC moet ‘n dag van ” VERWOESTING” aankondig. Kan kan almal wat so behep is om goed te vernietig uiting aan hulle haat gevoelens gee. As alles dan ashope is, kan ons weer begin om op te bou. Die vernietigings drang is seker maar in DNS. Geen respek vir niks en niemand

Cobus ·

Wow! Mooi so SAPS. Skokkend, maar gaan vat ons nou aan hulle erfgoed, kry ons lewenslank.

Jack ·

Hulle is die misdaad faksie van die anc en zuma sit sekerlik agter dit. Hulle bly die hedendaagse skollies van gister.

Ontnugterde senior ·

Hierdie goed gebeur omdat die kinders nie meer die regte geskiedenis van die land as gehel in skole geleer word nie. As ons standbeelde verwyder en gestoor moet word dan moet dit vir alle standbeelde geld. Sit liewer standbeelde van die diere wat in SA voorkom op. Dan kan niemand mos kla nie.

Geen respek vir medemens en God meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.