Só lyk president se adviesraad vir swart bemagtiging

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n diverse groep mense aangestel om as lede van die advieskomitee vir breëbasis‑ swart ekonomiese bemagtiging te dien en om leiding aan die regering te verskaf rakende verskerpte ekonomiese transformasie.

Die aanstellings is vir ’n tydperk van vyf jaar.

Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, is die volgende 14 raadslede aangestel:

  • Kganki Matabane, hoof‑ uitvoerende beampte van die Black Business Council (BBC);
  • Gloria Serobe, ’n ervare sakepersoon;
  • Nthabiseng Moleko, ’n akademikus en spesialis in nywerheidsontwikkelingsbefondsing;
  • Sibongile Sambo, wat ’n maatskappy in die lugvaartdienstesektor bedryf;
  • Sibusiso Maphatiane, ’n nyweraar wat sy eie metaalgiet-onderneming bedryf;
  • Ajay Lalu, ’n geoktrooieerde rekenmeester en B-BBEE-spesialis;
  • Louise Thipe, ’n senior leier in die vakbondbeweging;
  • Makale Ngwenya, ’n voorstander van vakbonde en navorser;
  • Kashif Wicomb, wat die Progressive Professionals Forum (PPF) lei;
  • Lulu Gwagwa, ’n akademikus, ruimtelike‑ontwikkelingsbeplanner en sakepersoon;
  • Thulani Tshefuta, wat die gemeenskapskiesafdeling en die jeugbeweging by die nasionale ekonomiese ontwikkeling- en arbeidsraad (Nedlac) verteenwoordig;
  • James Hodge, hoofekonoom van die Mededingingskommissie;
  • Khathu Lambani Makwela, ’n direkteur van ’n maatskappy in die gesondheidsorgsektor; en
  • Irene Dimakatso Morati, ’n interne ouditeur.

Agt van die kandidate is vrouens.

“Provinsiale verteenwoordiging, sektorkundigheid, geslag en ouderdom is van die faktore wat in ag geneem is met die samestelling van die raad,” sê Magwenya.

“In ooreenstemming met die wetgewing wat op die raad van toepassing is, word lede uit die sakewêreld, vakbonde, gemeenskapsgebaseerde organisasies en die akademiese wêreld betrek. Hulle het ook breë kundigheid in die hoofsektore van die ekonomie.”

Petisie teen rasgebaseerde wet

Intussen het net meer as 23 000 Suid-Afrikaners amptelik hul teenstand teen die rasgebaseerde Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming (WGI) aangeteken in ’n petisie wat die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) Woensdag om 12:00 by die Uniegebou afgelewer het.

Gabriel Crouse, hoof van veldtogte by die IRR, sê Ramaphosa moet die regte ding doen en die WGI vir heroorweging na die Nasionale Vergadering terugverwys. “Die WGI skryf kwotas vir die private sektor voor soos wat daar in die openbare sektor bestaan. Dit beteken dat sommige ondernemings op rassebasis gediskwalifiseer word om staatstenders in te dien. Verder dwing dit werkgewers om hul werknemers volgens ras te beoordeel omdat hulle met boetes gedreig word wat byna alle ondernemings tot bankrotskap sal dryf,” sê Crouse.

“SEB het al hoe meer ongewild in Suid-Afrika geword, maar die WGI vererger SEB se slegste eienskappe.”

Zwelinzima Vavi, hoof van Saftu, het Dinsdag gesê SEB het net ʼn handjie vol mense ryk gemaak terwyl die res van Suid-Afrika in armoede kwyn. “Dít en nog erger dinge kan van die WGI verwag word,” sê Vavi.

Moeletsi Mbeki, ’n onafhanklike ontleder, het die fundamentele aard van SEB wat teen die armes inwerk, soos volg beskryf: “Die oomblik wanneer jy ’n stelsel het waar mense geld maak slegs weens die kontakte wat hulle het, en nie op grond van die werk wat hulle doen nie, is die stelsel oop vir misbruik. Dit is ’n resep vir korrupsie.”

In ’n 2020-peiling in opdrag van die IRR is bevind dat byna driekwart van swart respondente gesê het dat behoeftegebaseerde belastingbefondsde koopbewyse vir onderwys, gesondheidsorg en behuising beter as SEB sal wees.

In die staatskapingverslag oor die werk van die kommissie onder voorsitterskap van hoofregter Raymond Zondo, wat die “onvermydelike spanning” tussen rasvoorkeur en “maksimum waarde-vir-geld” opweeg, is opgemerk dat “die primêre nasionale belang die beste gedien word wanneer die regering die maksimum waarde-vir-geld in die verkrygingsproses kry” en “verkrygingsbeamptes moet sodanig ingelig word”.

Daarenteen het Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, eerder ’n beroep gedoen op “meer aggressiewe” SEB, wat presies is waarop die WGI neerkom. Dit is meer aggressief rassisties en boonop ’n groot struikelblok in die stryd om die lot van die armes te verlig.

Data van Statistieke Suid-Afrika het aangedui dat die boonste swart 10%, volgens SEB, drie maal meer in absolute terme as die boonste wit 10% sedert 2015 verdien het. Die onderste swart 40% het geen verbetering in inkomsteaandeel tussen 2006 en 2015 getoon nie.

Crouse sê diegene wat deur SEB in die steek gelaat is, gaan nou deur die WGI die finale nekslag toegedien word.

Die IRR-petisie aan die president wat deur 23 098 unieke voorleggings onderskryf word, lê gedetailleerde regsargumente neer wat wys dat die WGI strydig is met artikels 1 (stigtingswaardes), 9 (gelykheid), 195 (administrasie) en 217 (verkryging) van die Grondwet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Kokerboom ·

Die man hou net nie op!!!So ontwyk hy sy verantwoordelikheid om land te bestuur!WANT: Hy weet nie hoe!!!!!Ons is diep moeg vir die diskriminerende twak!!!!

Anton ·

Ons kort meer “affirmative action” aangesien dit wereldwyd so suksesvol is :-)

Frank ·

VERSTAAN hierdie mense nie wat hulle aan die land se ekonomie doen nie????????

PieterJ ·

Hulle doen, hulle gee net nie om nie. Hulle raak mos ryk, “tough luck” vir die res.

Nie Verbaas ·

Ten hundred and fifty two thousand and two one million.

Annelie ·

Ai tog. Dit hou net nie op nie. Brandstof en kospryse styg maar ou Ramaposie deel net geld uit.

Anel ·

Met wie se geld word hulle betasl en hoeveel gaan hulle kry? Om vir privaat bedigehede te wil voorskryf en teen hulle te diskrimeneer is komunisme. Die staatsdepartemente is klaar omtrent 100% swart en in sy kanon in, so wat wil ou ramopsa nog transformeer? Idioot!!!

Mieliestronk ·

Mooi vir jou. Jy maak dit weer duideik aan die minority

Corne123 ·

Ja en so trek hulle die land deur. Een van die dae is petrol R30/l en amlal is honger maar nee ANC sal gestem word mos dit hoekom ek weier om een wetterse bedelaar wat nie my mense is nie te help gaan vra ANC vir geld en tyd dat ons almal dit doen net vir ons mense sorg

Harley Davidson ·

Adviesraad om rasisme te bevorder want die diskriminasie van persone gebaseer op velkleur staan bekend as rasisme.

Pieter ·

Diskriminerend, rassisties, korrup en kommunisties. Die kriminele organisasie ANC verryk sy ondersteuners wat op hul beurt die party moet finansier. ANC kom eerste, RSA kom tweede. Apartheid op sy ergste. Dit is duidelik dat vir die Deep State Apartheid as die regeringsvorm vir Suid Afrika verkies word om so die land verder te plunder onder die waan van demokrasie.

AndrewL ·

Baantjies vir boeties. Waar is die inklusiwiteit waarvan die man praat?

Hannes ·

Stel ‘n adviesraad aan wat ondersoek hoeveel BEE gesteel het.

PieterJ ·

En laat ek raai, elkeen kry seker so R1m plus jaarliks vir hul moeite. En dan betaal ons ook nog die luukse verblyf, etes en reis onkostes – alles in die naam van “verbetering van die armes se lewens”?

Strandloper ·

Behoede ons…die hoender hok se hek is nou heeltemal oop…

Nie Verbaas ·

Wel gegewe die naampies op die lys is dit duidelik watse advies aan Ramaphosa gegee gaan word. Advies van hulle af sal in dieselfde klas wees as die van n otter aan n eend. Wat n grap.

Boatsie ·

Met die samestelling bewys hul net weer hoe onnooslik hardkoppig hul is. Waars die itellektuêle klas van verteenwoordiging soos die Ackermann, Bassons , Wieses, Motsepes en daai kaliber van kennis wat kan help.
Eerste ding is wat gaan die kolosale salarisse van die “slim” mense wees om die land net verder in rommelstatus/verval in te druk

Andre ·

Nog biljoene se uitgawes, en dorpe sit sonder water agv juis dit.

agnes ·

Swart ekonomie se bemagtiging? Wanneer stig ons n wit ekonomie se bemagtiging?

koos ·

Julle verstaan nie. Wat het die Another National Crises om die land te bied? Die poskantoor, eskom, saps, sadf, noem maar op, het basies hulle g@tte gesien. Benoude bokke maak benoude spronge – eers Mthethwa se vlagpaal, toe die Taalmomument, nou WGI, môre is dit miskien omdat ek ‘n onderbroek dra en nie ‘n stertriem nie. Nee wat, rainbow nation is net bestem vir “our people”, die einde is in sig vir SA, en hoe gouer hoe beter. Tyd dat die majority voter die gevolge betaal vir sy kruisie.

Elma ·

Diverse groep? Ek verstaan duidelik nie die definisie nie! LMGA

Hendrik ·

Dit is tyd om parallele ekonomie te vorm. Indien u nog nie besig is daarmee nie , begin nou. SEB (BEE) bring geen groei in ‘n maatskappy en so ook nie AA nie. Ignoreer SEB en herstruktueer maatskappye so dat SEB nie vasvat plek kry nie. Sakemanne is mos slim of is hulle nie?

Heinrich ·

Die grootste ironie lê vir my in die naam…allesbehalwe ‘Gelyk’! As dis gelyk was kon die woord ‘wit’ in die plek van ‘swart’ ingeskryf word en niemand sou swakker daaran toe wees nie.

Carina ·

BEE was van die begin af net ‘n geldmaak storie. Dit het nog NIKS vir enige klein besigheid beteken nie en nie enige werk ingebring nie. En om net ‘n nuttelose QSE sertifikaat te kry wat vir niemand enigiets beteken nie, kos amper R20000. Hoekom, waarheen gaan daardie geld en hoekom moet ek dit kry as dit geen doel dien nie? Besighede sal nog steeds besigheid met mekaar doen of jy nou “ge-BEE” is of nie. Iemand moet die werk doen.

Jr ·

Ja en gister was cell c ook verklaar as bankrot. Nog n swart bemagtiging.

Nico ·

Vat die petrol kaarte en al die ander kaarte by die president en die ministers weg, hulle moet self betaal vir petrol, hulle moet voel hoe dit is om te sukkel, dit is almal, die hele sogenaamde reënboog nasie.

Swerwer ·

Weereens is Kleurlinge en Blankes uitgesluit. Vou sal hierdie land vou want die ANC Kader is nie bevoeg nie.

Eden ·

Dis darem ‘n riem onder die hart om te sien hoeveel “vooheen benadeeldes” die paneel gehaal het. Dan nog 8 vroue daarby! Ons is uiteraard op die regte pad. Dalk moet ons net ‘n gestemde of twee en natuurlik ‘n trans swart man/vrou bykry.

annie ·

Big Show… Kommunisme is Big Twak voor die TV oor gelykheid, want inderwaarheid is hier baie meer ryk swartes in SA as wittes. Swartes is self nie bereid om hul miljarde te deel met hul arm mede-rasgenote nie, nee, hulle wil eerder meer wittes onteien. Dit gaan klaaglik misluk want daar is skaars 4 milj van die arme wit bevolking oor. Dié grootse adviesraad het groot werk wat wag want hulle sal moet uitfigure hoe om vir 60 milj+ met -4 milj se bietjie ook skatryk te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.