Só onthou SA Jeremy Mansfield

Jeremy Mansfield (Foto: 947)

Die onbetwiste koning van Johannesburg se luggolwe.

Só is die bekende radio- en televisiepersoonlikheid Jeremy Mansfield Maandag onthou nadat hy vroegoggend in die ouderdom van 59 oorlede is.

Alex Jay, self ’n bekende radiopersoonlikheid, skryf op Twitter dat sy kollega se stem op die radio van ’n weeksdagrit op pad werk toe “iets om na uit te sien” gemaak het. “Dapper en braaf met ’n hart van goud. Hy was ons vreeslose spanleier. Ek sal jou altyd met liefde onthou, Jem,” lui ’n twiet deur Jay.

“Jeremy Mansfield was een van daardie handjievol radiopersoonlikhede, soos wyle John Berks, wat ’n beduidende innvloed op die radiolandskap in hierdie land gehad het. Die woord ‘legende’ word aan baie toegeskryf …. Jeremy het dit oortref en is een van dié wat ikone genoem kan word!,” lui ’n inskrywing van die bekende radio-omroeper Darren Scott.

Jeremy Mansfield en Darren Scott. (Foto: Facebook)

“Jeremy, dankie vir jou gees, jou wees! Jy is volkome genees! Jy is nie net ’n radiolegende nie, maar ’n legende van ’n mens!” lui ’n boodskap van GrootFM.

Verskeie ander radiostasies, waaronder JacarandaFM en die destydse 94.7 Highveld Stereo (waar Mansfield meer as ’n dekade lank as omroeper gedien het), het ook hul medelye betuig.

Jeremy Mansfield (Foto: 947)

Die Suid-Afrikaanse regering bestempel Mansfield in ’n verklaring as ’n Suid-Afrikaanse radioveteraan “bekend vir sy dinamiese teenwoordigheid op radio en vir sy rol in die insameling van geld vir liefdadigheid.”

Mansfield het sy beroep in 1985 by Capital Radio 604 afgeskop. Daarna het hy miljoene luisteraars vermaak met sy programme op Radio 702 en 94.7 Highveld Stereo tot 2010. Hy het ook sy lyf aanbieder vir SABC 2 se A Word or 2, M-Net se Front Row en Supersport gehou.

Sy laaste uitsending is verlede jaar op Hot 91.9FM uitgesaai.

“Mansfield het ’n geweldige bydrae gemaak tot die wêreld van vermaak deur middel van die radio as kommunikasieplatform. Hy het ’n onuitwisbare stempel op Suid-Afrikaanse radio afgedruk,” sê Phumla Williams, direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens GCIS.

Mansfield het in Augustus vanjaar bekend gemaak dat sy kanker in fase 4 en terminaal is, nadat hy met primêre lewerkanker gediagnoseer is. Hy is in 2009 met leukemie gediagnoseer, maar het dit oorwin.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het ook Maandag hul medelye op sosiale media betuig. “Ons het baie spesiale herinneringe van tye saam met hom. Hy het baie mense wat met kanker saamleef, geïnspireer. Sy vreugde en vriendelikheid sal gemis word. Aan sy geliefdes, vriende, kollegas – hy sal altyd onthou word. Ons innige meegevoel.”

Sien hier ’n fotogalery deur 947 van Mansfield oor die jare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vonny ·

Jeremy die radio wese en media verloor n IKOON…!
Ek het in JHB tot jaar 2000 gewoon .
En… n trip op highway met 94.7 was n moet.
Jy , Sam , Wackhead was die A team.

Harley Davidson ·

Hy was ‘n ikoon n staatsbegrafnis sal gepas wees om hom te vereer.

George ·

Legend of the airwaves! Baie radio name wat tans op radio is, hul big break gegee

Veronika ·

Ek het sy kook boek “schlush” wat hy en sy vrou uitgegee het, met heerlike resepte en n paar kwinkslae daarin. RIV????

Esme ·

Jeremy het die pad na Rosebank korter gemaak. Daar was Christmas Wishlist dae wanneer die personeel van die maatskappy saam in die kantoor gestap het – dit was die dae wanneer ‘stuifmeel’ blameer is vir rooi oe…. Jeremy, jy het ‘n groot verskil in mense se lewens gemaak – baie dankie vir jou ondersteuning aan soveel liefdadigheidsorganisasies – jou uitreiking na mense, jou omgee, jou daar wees. Ek glo dat jou 94.7 dae vir vele ‘n hoogtepunt was. My innige meegevoel aan jou geliefdes maar veral aan Sam Cowan wat jou deur dik en dun ondersteun en onderskraag het.

Karina ·

RIV Jeremy. Jou goue stem sal nie vergeet word nie.
Ek is seker hy het ook “Conundrum” op TV gedoen.

Korrelkop ·

Vir my was hy maar redelik arrogant en het nie gehuiwer om ander af te kraak nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.