Soektog by Hartbeespoortdam ná man oorboord val

Argieffoto van die Hartbeespoortdam.( Argieffoto: www.pbase.com)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) soek sedert Saterdagmiddag saam met polisieduikers na ’n man in die Hartbeespoortdam in Noordwes nadat hy oorboord geval en onder die water verdwyn het.

’n Groep vriende was na bewering op die boot naby die Caribbean-landgoed toe die man en twee vriendinne oorboord geval het.

Die omstandighede van die voorval is nie bekend nie, maar volgens die owerhede het die boot nie ten tyde van die voorval gevaar nie.

Die twee vriendinne is uit die water gehaal en albei is ongedeerd.

Die man het egter onder die water verdwyn en private bootvaarders wat in daardie stadium in die omgewing was, het na die man begin soek en alarm gemaak.

Arthur Crewe, woordvoerder van die NSRI se basis by Hartbeespoortdam, sê sy span is omstreeks 14:30 na die dam ontbied.

’n Soektog het sedertdien nog niks opgelewer nie.

Die man se familie en vriendinne word deur beraders bygestaan terwyl die soektog voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Ai, jammer dat so n plesierige uitstappie so moes eindig. Sterkte en simpatie met die familie en vriende.

Casper ·

Hier is ‘n sprekende voorbeel van iemand wat nie ‘n lewensreddingsbaadjie aangehad het nie en heel waarskynlik nie kon swem nie tensy hy ‘n hartaanval ervaar het maar dan sou die baadjie verhoed het laat hy onder die water verdwyn.Die dra van lewensreddende baddies moet volgens wet verplig word net soos veiligheidsgordels by karre.Nietemin baie hartseer.Ssterkte aan die familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.