Soektog na leeu uitgebrei

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Chris Rhoads/Unsplash)

ʼn Leeuwyfie wat Vrydag uit haar skuiling by ʼn wildreservaat naby Ventersburg in die Vrystaat ontsnap het, word steeds gesoek.

Volgens AO Loraine Earle, polisiewoordvoerder, is die leeu Sondag laas in die omgewing van die Willem Pretorius-natuurreservaat gewaar.

ʼn Soektog na die leeu die afgelope naweek het geen sukses opgelewer nie en die soektog is Maandagoggend voortgesit.

“Die soektog na die leeuwyfie is nog aktief aan die gang,” bevestig Earle.

“Die departement van omgewingsake en natuurbewaring is ook nou betrokke by die soektog.”

Maroela Media het vroeër berig die leeuwyfie het glo in die nag, tydens beurtkrag, daarin geslaag om uit die omheinde reservaat te ontsnap. Die polisie is die Sondag omstreeks 04:00 van die leeu se ontsnapping in kennis gestel.

ʼn Soektog is dadelik van stapel gestuur.

Die polisie het inwoners in en om Ventersburg, Virginia en die omliggende gebiede gemaan om op hul hoede vir die leeu te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Prikkie ·

Sy sal iewers vir haar ‘n viervoetige plattrek, dan sal julle weet waar sy is.

Anel ·

Gaan kyk maar. Iewers is die draad geknip en leeu se kind het daar ontsnap. Iemand wou seker onwettig jag. Die krag was mos af! So ja. Dis maar wat ek dink.

SjN ·

Kyk net in die gebied waar die misdaad dramaties afgeneem het, hy sal daar rond beweeg.

Caroline ·

Go Girl go and have some breakfast on these murderer and people who does evil to other people

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.