Soektog na stom seuntjie het gelukkige einde

Enhle Maneli het op 17 Junie verdwyn. (Foto: SAPD)

Die sewejarige Enhle Maneli, wat byna twee weke gelede uit sy ouerhuis naby Kuilsrivier in die Wes-Kaap verdwyn het, is ongedeerd.

“Enhle is veilig gevind en sal met sy familie herenig word,” het sers. Wesley Twigg, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, ’n kort ruk gelede bevestig.

Dit is nie duidelik waar klein Enhle hom die afgelope twee weke bevind het nie.

Enhle is stom.

Maroela Media het vroeër berig die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Kuilsrivier het byna twee weke lank na die seuntjie gesoek nadat hy op 17 Junie uit sy huis in die Covid- informele nedersetting in Mfuleni naby Kuilsrivier verdwyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fontein Tannie ·

Dis wonderlik!!!! Ek is so verlig! Dankie Here vir die Genade!

Maria ·

Ek stem saam, so gebid dat hierdie seuntjie veilig teugkom huis toe. Nie geweet almal stem nie saam nie, hoekom die negatiewe stem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.