Soektog na vermiste vierjarige eindig tragies

Mpho Albert March (Foto: Verskaf)

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat Mpho Albert March se liggaam Vrydag gevind is. Die vierjarige kind het vroeër vandeesweek naby die Thabapatswa-nedersetting by Tweespruit in die Oos-Vrystaat verdwyn.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n gemeenskapslid het vanmiddag op Mpho se liggaam afgekom toe dié hout gaan haal het. Die kind het met sy gesig na onder gelê en het kneusplekke aan sy gesig gehad.

Maroela Media het vroeër berig Mpho is Maandag as vermis aangemeld nadat hy glo saam met ’n tienerseun veld toe gegaan en nie weer teruggekeer het nie.

Volgens die tienerseun het Mpho moeg gelyk. Die tienerseun het vir Mpho gesê hy moet vir hom wag terwyl hy die ander beeste gaan haal wat ’n entjie van die res van die kudde af gewei het.

Toe die tienerseun weer terugkeer na die plek waar hy Mpho gelos het, was hy skoonveld. Die gebied is glo ook dig bebos.

Mpho se ma, Anastatia March, het self na Mpho gaan soek. Toe sy hom nie kry nie, het sy die polisie van sy verdwyning verwittig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ansie ·

Ai bitterheid, my innigste simpatie met die pragtige kleinding se geliefdes.

4ntj13 ·

Kneusplekke op ʼn lyk is uiters moeilik om te identifiseer! Die blou, dooie bloed wat in sy gesiggie gaan lê het, is verkeerdelik vir kneusplekke aangesien.

Die storie voordat hy verdwyn het, is verdag dat hy skielik baie siek geword het. Die posisie is tipies waarin iemand lê wat dood is na ʼn floute terwyl hulle probeer loop het.

Hoekom is honde nie gebruik om hom op te spoor in die veld na die laaste gebeure wat in die artikel beskryf is nie? Is ʼn kind se lewe nou só min werd dat dít nie eens meer gedoen hoef te word nie? Ek is nou nie net meer vies vir SAPS oor magsvergrepe nie, maar hul haat het uitgebrei na ons kinders ook! Ons enigste redding gaan wees ʼn parallelle burgerlike veiligheids-organisasie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.