Solidariteit vra groot maatskappye se steun teen omstrede ‘raswet’

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Reint Dykema)

“Julle het nie die reg om onreg te gehoorsaam nie.”

Dít is die kernboodskap van ʼn brief wat Solidariteit Donderdag aan ongeveer 2 000 groot Suid-Afrikaanse maatskappye gestuur het om hul steun teen die omstrede Wet op Diensbillikheid, oftewel die sogenaamde raswet, te werf.

“Maatskappye word gevra om kollektief te weier om die wet te implementeer, om politieke druk op die regering uit te oefen en om tot die regstryd toe te tree,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

In die brief skryf Hermann dat dit nie nou die tyd vir “klakkelose gehoorsaamheid” is nie, maar vir “positiewe protes”.

“Dit sal goed wees vir almal in Suid-Afrika.”

Luidens die brief maak maatskappye wat “hierdie nuwe onreg gehoorsaam” hulle nie net aandadig aan die onreg nie, maar ook aan die groeiende krisis in die land.

Dit wys ook daarop dat die nuwe wet werkgewers se reg om sake te doen, van hulle ontneem, asook werknemers se reg om te werk.

“Meer werkgeleenthede vir swart mense is ’n regmatige doel (soos vir alle mense), maar hierdie wet is die verkeerde manier om dit te bewerkstellig. Dit skep nie werk nie; dit herverdeel dit net en gaan tot swakker dienslewering en minder werkgeleenthede lei,” lui die brief.

“Wette word aan hul uitkomste in plaas van aan hul bedoelings gemeet. Ná dekades wys dit dat ʼn rassebestel onversoenbaar is met ʼn grondwetlike demokrasie, werkende staat en groeiende ekonomie. In hierdie geval is ras ongelukkig die enigste kriterium vir die kwotas wat op u afgedwing gaan word. Die fokus is nie op regstelling of werk nie, maar op ras – al kos dit werk.”

Daarom, skryf Hermann, berus die onus om die wet en regulasies te stop, grootliks op die ondernemings.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Solidariteit)

Hulle word in die lig hiervan versoek om nie die nuwe wet en regulasies in werking te stel nie, aangesien dit op “stilswyende goedkeuring” neerkom; om druk op die regering te plaas om die wet en regulasies terug te trek; self ’n aansoek teen die wetgewing in te dien of as ʼn vriend van die hof tot die litigasie toe te tree; of om ʼn bydrae tot Solidariteit se litigasie te maak indien ’n aansoek nie self gebring kan word nie.

Hermann skryf voorts dat hierdie regulasies van Suid-Afrika die mees rasgereguleerde land ter wêreld maak.

“Dié regulasies plaas werkgewers in ʼn onmoontlike posisie. Dit is nie implementeerbaar nie, maar dit gaan die wet word. Indien die regulasies nie toegepas word nie, is boetes en die beëindiging van staatskontrakte u voorland.

“Hierdie raswette strek veel verder as ‘regstelling of billikheid’. Dit kan miskien in die wet staan, maar dit is nie ‘reg’ om bekwame, hardwerkende en lojale werknemers op grond van hul velkleur te teiken nie.”

Volgens Hermann is daar twee onregte by die raswet ter sprake: Die eerste is die onreg wat wit, bruin en Indiërmense op grond van hul velkleur tot tweedeklasburgers afgradeer. Die tweede onreg is dat daar nog baie maatskappye in die land is wat hierdie onreg as “reg” en normaal aanvaar.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, wys daarop dat die nuwe raswette nie in isolasie gesien moet word van die wyer rampe wat die regering oor die land bring nie.

“Dit is dieselfde ideologie wat tot die verval van die land, die straffelose korrupsie, die misdaadkrisis en die ekonomiese insinking gelei het. Maatskappye wat hierdie raswette ondersteun, moenie kla oor die kragkrisis, munisipale verval of oor die gevaar dat die Amerikaners ons uit die Agoa-ooreenkoms skop nie. Dit is net ʼn ander stuk van dieselfde legkaart.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek stem saam hierdie euwel moet onmiddellik gestop word ,die vf + skitter al weer in hulle afwesigheid om voor te loop hiermee.

Nici ·

Ek stem saam maar ek dink as mens kyk na die geskiedenis is meeste mense laffaards en dus sal meeste mpye ook wees. Dis eers as die oorlog verby is en die opoffering min is wat die meerderheid skielik wakker word en oorloop na die wenkant.

Goldy ·

VF plus is darm op grondvlak besig om tasbare verskille te maak, maar inderdaad sal n baie fermer greep deur almal wardeer word.

Jean ·

Die groot besighede kry werk van myne eaf juis omdat hulle die raswet gehoorsaam. Die beste sal ‘n “TAX Revolt” wees dat die regering kan wakker skrik of nog beter… VOU.

Republikein in die Wes Kaap ·

Stem saam. Solidariteit moet eerder belastingweerhouding onder die grotes propageer. SARS vou binne twee maande, en die regime binne drie maande.

Kokerboom ·

Rasgedrewe! Lees saam die artikel oor 75% swart eienaarskap vir waterlisensies! Absoluut bisarre en absurd!Ons moet die kriminele hand en tand beveg!

Goldy ·

Ja ons moet ophou stilstaan en laat misbruik word ssonder om n finger te verroer.

Althes ·

Ek stem dat maatskappye hulle stem moet dik maak.
Wat die regering nou wil doen, is geensins regverdig nie. Apartheid was ook nie regverdig nie, maar het in ñ era gebeur waar menseregte globaal nie in ag geneem is nie.

Die jare raak min vir werkende mense om te sê hul was finansieël benadeel. Baie is al naby aftree of op pensioen.

Goldy ·

Die ou regering het vir elke groep hul eie grondgebied en universiteite gegee, wats onregverdig daaraan? Ons het dit nou nodig.

Leon ·

Dr Dirk dit is die regte pad , ek twyfel of privaat mpy jou gaan help met jou versoek , as daar nie vir hulle finansiele voordele in is nie sal hulle nie belang stel nie dit is jammer want dit kon werk ?

Papsak ·

Apartheid was baie beter as nou ons menseregte word op alle gebiede van ons ontneem maak julle stemme bietjie duk by besighede hier nie meer so iets soos menseregte inSA nie

Rose ·

Ons het die reg om nou te begin opstaan teen hierdie wette. Hulle sien hulle kan bo-oor ons hardloop, daarom word daar lings en regs ”loopholes” gebruik om die minderheid mee te slaan. En omdat daar nie protes sover is nie, gaan dit net erger raak. Dit is tyd om n ruggraat te kry.

hpven ·

Ek en ‘n vennoot het ons besigheid 40 jaar gelede begin. Al ons spaargeld gebruik om alles aan te koop. Die dag toe ons ons deure oopmaak, na die aankope, was ons bankbalans slegs R212.00 maar ons het geen skuld gehad nie. Deur slegs bevoegde werknemers aan te stel, van hulle werk steeds vir ons, het ons deur baie moelike tye oorleef en ook baie goeie tye beleef. Nou wil Ramaphosa en die ANC besit neem van hierdie besigheid! Daar is geen maar geen manier nie!

JohanR ·

Weet Ramaphosa dat daar bruin en wit mense is in SA, of gee hy net nie ‘n damn om nie!

Hendrik ·

Ek twyfel maar of hierdie oproep van Solidariteit die nodige trefkrag gaan he. Solidariteit n behoorlike TV program waarin daar n paneelbespreking is met kundiges aan die woord is dringend nodig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vergeet van SABC en eTV. Dalk Kyknet, maar dis ‘n beperkte gehoor wat eerder kosprogramm en Real Huisvrouens geniet.

JvR ·

Enige werkgewer wat voldoen aan die nuwe wetgewing, moet maar deur die publiek ge boycot word. En die klein sake moet maar afskaal na familie besigheid

Petrus Klipkop ·

Die anc herinner my nogal baie aan ‘n soort hibried tussen die Duitse NSDAP van die 1930’s en die Soviet CPSU tydens die koue oorlog met hulle rasmal, asolute beheer oor elke aspek van die samelewing beleid en ideologie. Ons kan baie dankbaar wees dat die meeste kaders uiters onbevoeg is, die teendeel is net te skrikwekkend om aan te dink…

Gert ·

Hierdie rasmal wette is amper die Covid taktiek van algehele gedwonge gehoorsaamheid op n nuwe speelveld. Ek staan saam Solidariteit. This time i will not comply.

Herman L ·

Ons sal gou sien hoeveel maatskappye het die durf om hierteen vas te skop. Die meeste was tot dusver niks anders as die regering se skoothondjies nie. As hulle so aangaan, sal hulle die regering help om Suid-Afrika gelyk te maak met Zimbabwe.

CHRISTINE ·

Het Suid Afrika ‘n grondwet en hoekom hoef die ANC hom nie daaraan te steur nie.
Dis die ergste vlak van rassisme, Mandela draai seker heeltyd in sy graf.

anko ·

Grondwet is veronderstel om almal te beskerm. Wel dit lyk nie so nie. Grondwet pas die ANC toe wanneer dit hulle pas en te maai met die res

CHRISTINE ·

Die privaatsektor moet eenvoudig ophou om die ANC se ‘wette’ te gehoorsaam. Die belastingbetalers moet eenvoudig net nee se. Besighede hoef nie mense aan te stel wat nie bekwaam is nie. Punt.
Die party kan nie eers eenvoudige wette hulself nakom nie dus die kriminele status.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.