Staal jouself, dis skielik fase 6 …

(Foto: Maroela Media)

Fase 6-beurtkrag sal Woensdag van 12:00 tot verdere kennisgewing ingestel word.

Eskom sê ’n groot aantal onderbrekings wat sedert middernag by sy kragsentrales ondervind is, vereis dat ’n verhoogde fase van beurtkrag ingestel word. Die energieverskaffer probeer ook sover moontlik om sy noodopwekkingsreserwes uiters streng te bespaar.

Eskom sal na verwagting binnekort meer inligting oor die stand van die kragnetwerk bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Jack ·

Nee wat.So gaan dit.Sit maar af.Gaan haal die kerse en kry die hout reg vir vuurmaak later.

Casper ·

Het jy gedink hoe duur gaan kerse,vuurhoutjies en vuurmaakhout word.

Di ·

SIT sommer alles af en kry klaar. Om 10ure van die dag sonder krag te sit raak nou te erg

Henk ·

Miskien was daai “valse” klankgreep wat die rondte gedoen het so ‘n paar weke terug, heel in die kol. As die krag heeltemal afgaan is daar groot moeilikheid. Dit sal die katalisator wees van totale anargie in die land. Dis wat slim ouens soos Dawie Roodt en Ted Blom in elk geval voorspel.

Swerwer ·

Sit die hele land se krag af, INSLUITEND DIE MINISTERS EN PRESIDENT, voltooi die onderhoud op die Krag Sentrales en sit dan weer die ligte aan, dan is dit nie verder nodig om te lieg nie. Of die land nou sonder krag sit vir ‘n maand sodat die Krag Sentrales onderhoud kan ondergaan en of ons oor 3 weke permanent in duister gehul gaan wees, dan hoef “ESKOM” nie meer leuens op te dis nie.

Gerhard ·

En hulle moenie vergeet van Sowetu, Nyanga en Kayalitsha nie

JohanR ·

Squirrel is nou te besig om te probeer om sy skelm bas te red!

Perdeby ·

Onglukkig gaan dit nie gebeur nie, want dit is sleutelpunte in die land, was nog al die jare so gewees ( in die ou regering ook )

Carel ·

Waar gaan jy kos koop as die kos in jy yskos vrot geword het? Waar gaan jy geld trek om kos te koop? Dit wil voorkom jou gesonde verstand is ook afgesit…

vuurvliegie ·

Loadshedding word vooraf gemanupileer soos dit hulle pas. Eskom is so goed dat hulle die publiek al inlig dat Kersdag geen loadshedding sal wees nie. Iets maak nie sin nie. Die regering en Eskom wil die publiek moedeloos maak met loadshedding om Sonplase te regverdig. Nuwe projekte, nuwe kans vir korrupsie.

Antie Sarie ·

Jou eerste gedeelte is 100% in die kol. Oorsee sit hul ook in menige lande met dieselfde probleem. Maar daar word dit meestal “rolling blackouts” genoem. Geblameer op die Rusland Ukraine “oorlog”. Daar is iets baie meer agter die skerms.

Nettie ·

Ek het al vir seker 2 maande mense probeer bewus maak deur daardie eerste 2-3 sinne van jou te noem, Vuurvliegie. Maar elke keer was my kommentaar uitgevee. Ek’s bly om te sien ander begin dit raaksien, en dat ons nou meer openlik daaroor mag begin praat. Verdekselse mense wat ons vryheid van spraak probeer beheer!!!

Hendrik ·

So om ‘n krag ‘prepper’ te wees is toe nie so laf nie. Ek was moeg gesukkel vir 20 jaar met Eskom lyne en hul dinge en het besluit nooit weer gebruik ek hulle. Ons is nou 7 jaar van die netwerk af en ons is so gelukkig soos varke in Palestina. My bekommernis is natuurlik die ekonomie en alles om dit en ons sal maar eenvoudig net mini netwerke moet bou, los van die staat.

vuurvliegie ·

Jy het nog ‘n paar jaar oor as jy gelukkig is dan huil jy vir twee weke aaneen as jy nuwe batterye moet koop. Solar het ook hulle nadele en kos ook geld.

Hendrik ·

Nee wat ons huil nie sommer nie en het al skoolgeld betaal om Sjinees te koop.

Di ·

Beslis nie SOVEEL nadele soos wat ons nou met ESKOM het nie, DIS VERSEKER. Eskom bestaan eintlik glad nie meer soos dinge nou aangaan nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Volgens Stats SA groei die ekonomie dat die biesies bewe, met of sonder krag.

Antie Sarie ·

As jy jou toilet kan spoel, krane kan oopdraai en water kry, is jy nie heeltemal van die netwerk af nie. Dit beteken slegs jy het lig, warm water en kan kos maak.

Antie Sarie ·

Ek ken van boorgat Dorry. Sterkte vir die wat dink hul sal ooit heeltemal van die grid afgaan. Ek het vergeet. Sonder Eskom. Geen petrol. Want die petrol stasies sal nie aflewering kan kry.

Nettie ·

Presies. Soos Sarie noem. Jy’s van die “grid” af wanneer jy jou eie krag opwek, jou eie water ondergronds verkry (of uit reen) EN jou eie kos en petrol kan verskaf. Andersins is jy slegs gedeeltelik onafhanklik. Indien die grid totaal en al ineenstort, gaan daar GEEN water na 2-3 dae gepomp word na huise toe nie. Geen drinkwater of toiletwater nie. Geen winkels met kos. Die met sonpanele en kragopwekkers (sigbaar en hoorbaar) gaan eerste teikens wees waar kos gesoek gaan word… wees gereed!

Hendrik ·

Ons is en kan al die boksies tiek. Kos sal altyd ‘n probleem wees.

Hendrik ·

Hang af in watter gemeenskap jy woon. Eie water, krag en riool kan ons alles doen. Mense moet begin dink aan selfstandige selfbestuur. Dit werk nogal.

vuurvliegie ·

Hendrik, Al waneer dit werk is as jy ‘n boer is. Lynkostes, omgewings kostes ens maak krag vir die gemiddelde boer baie duur. Ek sou dan ook die solar roete volg. Jy noem jou stelsel is 7 jaar oud. Die gemiddelde lituim battery hou duimsuig 10 jaar. (Onthou my bed het ook ‘n 30 jaar waarorg maar hy gaan beslis nie 30 jaar hou nie–dieselfde met batterye) ‘n 12kVA stelsel het min 2 tot 3 batterye nodig van amper R60 000 elk. Dan begin die 10 jaar siklus weer van voor af.

Carel ·

Behalwe vir die feit dat jy steeds afhanklik is van ESKOM vir die veilige bewaring van jou geld in die bank, vir al die transaksies wat jy in die winkels pleeg om kos en brandstof vr jou voertuie te koop, om jou selfoon en jou rekenaar se verbinding met die wereld om jou te handhaaf, en nog baie meer… Jy lieg vir jouself as jy dink jy is so gelukkig soos ‘n vark in Palestina.

Manie ·

Hou dit dalk verband met Zimbabwe wat noodkrag toevoer vanaf SA aangevra het?

marius ·

Korrek . Kariba op 4 persent . Baadjies vir boeties en ons moet betaal daarvoor .

marius ·

Dan gil hulle van die berge af as iemand durf se dat hulle op die rand van totale ineenstorting is . Patete .

Vonny ·

EK HOOP VAN HARTE DAT DIE BLANKE NASIE N LES LEER NOU.
HOU OP OM WEG TE BLY BY DIE STEMBUSSE!!
DAAR IS BAIE ANDER KULTURE
WAT niè ANC stem….!!!
STOP DIT …OM BY JUL STEMNE TE WEERHOU.
ASB!!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Vir wie en wat moet ons stem? Die VF Plus is nie die antwoord nie. Hulle sit rustig in die parlement en aanskou die chaos. Ek werk eerder vir onafhanklikheid in die suide.

Nettie ·

Vir wie stem mens? Die DA bring die “woke” kultuur in, wat teen my geloof is, asook CRT en keer aborsies goed. Die VF sit op hul louere en wag vir beter dae. En die res is of ongeorganiseerd, of immoreel of te klein om werklik ‘n verskil te maak.

Koen ·

Stem vir die HNP, KP of Steve stfsuiger. Hulle sal in jou kraal pas. Die tannies moet maar oppas vir ou Steve as hy ‘n kokende koppie tee vashou.

Hendrik ·

Jy kan in jou gemeenskap ‘n eie struktuur vorm en jou vir leiers in jou eie gemeenskap stem. Die stelsel word in Orania en ander selfbestuur gemeenskappe gevolg. Niks onwettig nie.

Hendrik ·

Indien jy nie so struktuur kan vestig nie bly jy beslis nie in die regte gemeenskap nie en moet jy maar ernstig dink hoe jy in die toekoms gaan oorleef.

Sobymykoolkop ·

Verskil is met onder andere Orania. Daar is nie kripvretetende korrupte kaders nie en kiesers baie slimmer as die anc stemmers.

Di ·

Stem saam – het verneem dat elke persoon wat nie stem nie, se stem gaan vir die ANC

Tredoux ·

Ons is in donkerte agv beurtkrag. Ons is óók in die donkerte wat die werklike redes agter hier beurtkrag is. “Maintenance”? Ag, hoe giggel ek nou.

Casper ·

Hoekom is daar so baie kragonderbrekings (eenhede wat onklaar raak) en altyd by dieselfde kragstasies.Daar moet na sabotasie gekyk word en ernstig ook.

Hendrik ·

Nee wat die onderhou word nie reg gedoen onder toesig nie.

Antie Sarie ·

Jy het ligte en warm water. Maar jy is nooit van die grid af. Sterkte in lala land

Rudi ·

Groot sabotasie aan die gang. Iemand wil die land se krag af hê…

Shady ·

Want Zimbabwe het noodkrag van Suid-Afrika aangevra want hulle is in groot moeilikheid. Ons krag gaan nou soontoe!

LIEZL ·

Daar is feitlik nie meer krag in Mosambiek nie en hulle mense is nou hier om dieselfde te doen

Marlien ·

Hulle sal dringend iets moet doen. geen besigheid kan so aangaan nie

Hendrik ·

Ongelukkig sal julle huishouding iets vir julleself moet doen want die situasie gaan nie gou en maklik verander nie. Onthou ZA is bankrot.

Pierre ·

seker niks te doen met die 33% verhoging wat hulle soek nie

Gerhard ·

Ek is amper doodseker plekke soos Suwetu, Nyanga, Kayalitsha en nog se krag word nie afgesit nie, want sou dit die geval gewees het, was daar lankal chaos en stakings en vernietiging. So, sodra hulle krag ook afgesit gaan word dan dans hulle die strate vol en sal die regering dalk plan maak dat ons krag aanbly…..

Hendrik ·

Los die klomp en konsentreer hoe julle en die gemeenskap wat julle in woon gaan oorleef.

Nettie ·

Hoe kan mens anders as om te wonder of daar waarheid in gesteek het? Dit sal dom wees…

bolletjie blom ·

Die president en sy ministers het geen idee hoe dit voel om loadshedding te hê nie. Hulle word in alles bevoordeel en ons belasting betalers moet vir alles opdok en onder hulle onbevoegdheid ly.

Manie ·

Vriende van my wat in Kaapstad op dieselfde kraglyn as die parlementêre wonings is, het nog nooit 1 dag beurtkrag ondervind nie, dit wys ons net, almal is nie gelyk nie.

Hennie ·

Zimbabwe sit 19 ure per dag sonder krag! Geen probleem nie, hulle koop net meer van SA af ….waar gaan hierdie land heen?

Sandra ·

Verskonings, verskonings. Ons Suid Afrikaners het ‘n land van aanvaarding geword. Hoekom vra Ramaphosa nie vrae nie?

Hennie ·

O, net jammer ek betaal vir die luukse om krag te hê. My panele koop mooi, dankie Eksdom!

AmY ·

Ek het dit lankal sien kom.
Hulle het ons stadig maar seker gewoond gemaak aan hierdie.

Hoekom ·

Hulle kon lankal die private sektor die geleentheid gegun het om die burgers van elektrisiteit te voorsien. Dit was en is nogsteeds die oplossing tot die probleem. Geldsugtigheid van die staat het ons tot op hierdie punt gebring, totale ineenstorting. Jy sit nie al jou eiers in een mandjie nie…

Geldgierigheid van die staat staan in die pad van voortuitgaan van ons land!!

Etienne ·

Tyd om terug te baklei, dit is sabotasie. Orals. David moes Gloiat verslaan! Dalk minder die mandela ding aanbid.

Wielspore ·

Daar is geen persoon of instansie wat die lewensduurte van elektriese toerusting kan bepaal, dit kan nou werk en nou nou foutief wees. Een van ons netwerk tranformators (nie ESKOM) het gedurende die week foutief geraak agv ‘n nagapie wat ‘n kortsluiting op ‘n oorhoofse lyn veroorsaak het. Dit is nou dag 3 en ons het nog nie ‘n nuwe transformator kon kry.
Beurtkrag gaan nog ‘n tyd met ons wees, rig jouself daarvoor in.

Hendrik ·

Dan was die beskerming toerusting om die transformator te beskerm nie in plek nie. Alles gaan om verantwoordelike bestuur.

LIEZL ·

Sit die krag af van mense wat nie betaal nie, dan sal daar genoeg wees vir die wat wel betaal

Truman Burbank ·

We are all sitting ducks. Selfs al het jy honderd sonpanele, drie boorgate ens, is jy geraak. Supermarkte funktioneer al hoe minder. Jou inverter se batterye gaan groet. Jou liggaam, wat die perfekte geleier is van elektrisiteit word met elke aan en afsit, geaffekteer. En so kan n mens aangaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy is reg. Op die huidige trant gaan ons almal sink, maar party sal dit net kan uitstel.

Cherokee ·

Pogings tot oorweging van die yslike verhoging in tariewe soos gevra. As ek reg onthou wil hulle 32% hê.

Casper ·

Hennie,jy is reg,hulle koop by ons krag maar betaal met Monopoly geld.Hoeveel miljarde skuld die buurlande eskom maar afsit aikôna,dit is die ANC se gabbas.

MAGRIETHA ·

Hoe is dit moontlik dat units klink net in die nag wat gebeur daar in die nagte ?? as eskom nie die krag in die somer kan aanhou nie hoe gaan dit in die winter wees ,Dis tyd dat die regering iets drasties moet doen , hul ma bra stil da net 1 ou wat loop en grom ma niks doen nie, privatiseer eskom soos nou want dit gaan net slegter en slegter , wa die ingeneurs wat hul aangestel het hul moes al iets gedoen het by hierdie tyd ek se weer laat regering en munisipaliteite huishoudings subsideer met sonkrag wat ook al duurder word soos beurkrag versnel

Duck ·

Troos julle daaraan, kos pryse gaan op, petrol gaan op, diesel gaan op maar die krag gaan ten minste af!

Gustav ·

En more sit hul koeberg eenheid 1 af lol fase 8 hier kom ons

Willem ·

Dit is rerig snaaks dat die verhoogde beurtkrag saamval met Zimbabwe se skielike probleme. Dit is verseker dat Eskom nou weer aan Zim verniet krag gee

Lian ·

Wat van die “diesel leweransiers” wat lekker skep tydens loadshedding ? Word die plakkerkampe se ligte afgesit ?

Eugene ·

Ek glo nie ‘n woord wat eskom sê nie. Hulle is besig om ons sag te maak vir ‘n 30% verhoging. Regte klomp ANC kaders

NWT ·

Wanneer Fase 8 kom is Cyril mos altyd in due buiteland. Dan hardloop hy terug om Eskom te kom fix en dan kry hy niks reg nie.

Johan ·

EN Die Ridder is ook skielik doodstil. Het iemand sy krag ook afgesit?

Piet 6 ·

Johan, as jy mooi ingaan in wat gebeur het, sal jy agterkom dat vandat die nuwe raad aangestel is, is daar nie meer nuus konferensies deur Mnr De Ruiter nie. Die nuwe raad het dit gestop.

Strandloper ·

Rampoker en sy bende se donker planne pas soooooo by hulle…

Papsak ·

EK DINK ESKOM SKULD HIERDIE LAND EN SY MENSE N VERDUIDELIKING OOR HIERDIE SWAK DIENS WAT ONS KRY DIE ANC MOENIE KOM VOOR DOEN WAT HULLE NIE IS NIE NOU WIL HULKE KASTIG WORRIE OOR DIE LOADSHEDDING MAAR WIE SIT HIER AGTER HULLE WAT REGERING ANC GENOEM WORD SAAM MET HULLE DROEWIGE KASTIGE PRESIDENT RAMAPHOSA HULLE DOEN HULLE VOOR WAT HULLE NIE IS NIE SKYNHEILIGE PATETE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.