Staat het geweet ramptoestand is ongeldig

Argieffoto (Foto: mohamed_hassan/Pixabay)

Solidariteit het vandag sy aanvullende eedsverklaring in sy saak teen die ramptoestand oor die kragkrisis by die hof ingedien. In sy verklaring voer Solidariteit aan dat die rekord wat die staat ingedien het juis die saak teen die ramptoestand staaf.

“Daar is min, indien enige verband tussen die minister se genoemde motiverings en die rekord wat na bewering ter ondersteuning daarvan verskaf is. Die minister het immers self die president op 23 Januarie 2023 ingelig dat bestaande wetgewing en ander maatreëls voldoende is om die energiekrisis te bestuur en te hanteer,” verduidelik Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van Solidariteit vir Regsake.

“So het die Nasionale Sentrum vir Rampbestuur (NRSB) ook in sy stukke van 6 Februarie 2023, slegs twee dae voor die aankondiging van die ramptoestand, die minister ingelig dat ʼn ramptoestand nie geregverdig kan word nie. Toe die regering egter op 8 Februarie van besluit verander het, het die NSRB self gewaarsku dat litigasie om verskeie redes waarskynlik op pad is.”

Volgens Solidariteit is dit heeltemal duidelik uit die staat se hofstukke dat die besluitnemingsproses om ʼn ramptoestand in te stel irrasioneel, leeg en gebrekkig was.

“Die rekord is vol bewyse van spronge in logika; verdagte tydsberekening en ongegronde redenasieprosesse. Dit dui op ʼn duidelike verwerping van die aanbevelings deur belanghebbendes wat verreweg beter geplaas is as die minister om die omvang van die situasie te beoordeel,” meen Van der Bijl.

“’n Ramptoestand kan slegs wettiglik verklaar word as dit is om vinnige en doeltreffende verligting te verskaf. Die buitensporige vertraging tussen die verklaring van die ramptoestand en die afkondiging van die regulasies bewys sigself die feit dat die verklaring van die ramptoestand onredelik en swak oorweeg was. Onverantwoordelike en onwettige gedrag kan nooit geduld word nie. Ons kan nie bloot staatmaak op die welwillendheid van ʼn regering wat hom reeds keer op keer as onbevoeg bewys het juis deur die krisis te skep nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Prikkie ·

Ons weet dit, nog net die Prez wat dit moet uitvind en erken.

Samuel ·

Dit sal die ruggraatlose Cyril nie doen nie. Hy moet juis nou die lojaliste so na as moontlik aan hom hou.

Harley Davidson ·

Die ANC regime is verlore en gebreek ,miskien kan ons volgende jaar ‘n beter regering kry ek bedoel jy kan nie slegter kry as wat ons nou het nie.

Nie Verbaas ·

So kan dit toegeskryf word aan onkunde of arrogansie?

Nico ·

Die cANCer se tyd het uit geloop, die tyd van korrupsie, bedrog ens. is verby.

DJ ·

‘n Verkiesing is oppad en die ramp toestand sal beslis misbruik word tot voordeel van die regerende party

skurweberg ·

Die pyn word net uitgestel . Reg en geregtigheid vs outokrasie.

Piet parys ·

As die Anc iets wil” FIX ” dan verklaar hulle n ramp toestand . Probleem is hulle is die ramp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.