Staat wil borgtog teenstaan ná vragmotors brand

Die beskuldigdes in die hof in Ermelo. (Foto: Verskaf)

Die staat is van plan om borgtog teen te staan in die saak teen vyf verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn aandeel in die onlangse vlaag aanvalle op vragmotors in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo gehad het.

Nelson Khulekani Shongwe (29), Sibusiso Emmanuel Mthethwa (38), Fundile Alberta Mpondo (41), Mafika William Sibanda (61) en Nkosingiphile Nkosikhona Gumede (27) het Donderdag vir die tweede keer in die landdroshof op Ermelo verskyn.

Die mans – almal lede van die African Truck Drivers Forum – staan tereg op aanklag van roof met verswarende omstandighede, opsetlike beskadiging van eiendom, sameswering om misdaad te pleeg en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Twee vragmotors wat in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is. (Foto: Verskaf)

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die staat was Donderdag gereed daarvoor dat die verdagtes hul borgtogaansoeke bring. Die verdediging het egter versoek dat die saak uitgestel word.

Die saak is gevolglik tot 10 Augustus uitgestel. Die verdagtes bly tot dan in aanhouding.

“Die staat sal borgtog teenstaan weens die erns van die misdrywe waarvan die beskuldigdes aangekla word,” sê Nyuswa.

Maroela Media het vroeër berig nie minder nie as 21 vragmotors is vroeër vandeesmaand binne enkele dae in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo aan die brand gesteek.

Die staat voer aan dat die beskuldigdes saamgesweer het om vragmotors wat gebruik word vir die vervoer van goedere te beskadig weens sekere griewe in die vervoerbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

SjN ·

Hou hulle daar, hul weet hoekom hul daar is, hou hul verantwoordelikvir alle skade en kostes.

hpven ·

Sien nie die woord terrorisme in die klagstaat. Maar ‘n terroristiese regime sal dit waarskynlik oorsien.

Pieter ·

Laat hulle elke sent terug betaal, of met geld, of met tyd en harde werk. Dit sal die laaste wees wat dit gebeur…

Di ·

Geen borg vir die terroriste nie! Tronk toe, reguit tronk toe en gooi die sleutels weg. Hierdie kriminele hoort nie in die sameleweing nie.

Sonblom ·

Dis altyd vir my lagwekkend hoe hierdie mense vol brawade hulle kriminele dade kan pleeg soos hier die trokke aan die brand steek, maar kom hulle in die hof, word die gesigte met alle mag weg gesteek.

Delia ·

UN panel, on March 17, 2005, described terrorism as any act “intended to cause death or serious bodily harm to civilians or non-combatants with the purpose of intimidating a population or compelling a government or an international organization to do or abstain from doing any act.” European Union.

57 Chevy ·

Het geen skaamte as die krimineele daad gepleeg word nie ……en nou staan hulle daar en steek hulle gisigte weg . Seker nie gewoond aan dag lig nie . Daai wetter wat so voor oor bukkend staan verbeel hom seker daai mic is bier bottel met petrol in . Geen borgtog vir teroriste nie ….kapish!

MJLS ·

Maak ‘n voorbeeld van hulle vir toekomstige misdadigers. Geen borgtog, betaal van boete en terugbetaling vir trokke met vrag vernietig.

domheks ·

Nou moes daar nie 12 gewees het nie? – volgens cele. Wie is die opstokers/kingpin?

Charles ·

Hulle moet eers sielkundig evalueer word om seker te maak of hul nie deur emosionele hel gegaan het vooraf nie. Die arme mense. Hulle het dalk net hulp en liefde nodig. Ek is bly ek staan nie in hul skoene nie.

Hasie ·

Laat hul die waarde van daardie voertuie terug betaal uit hul eie sak …punt En dan begin hul te betaal aan die goedere se waarde .En dan borgtog . Hul staan kop onderste bo maar hul het lekker gejubel oor hul vernietiging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.