Stakende munisipale werkers kry hul sin

Argieffoto van die Steve Tshwete‑plaaslike munisipaliteit (Foto: Facebook)

Stakende munisipale werkers stap ná ’n drie maande lange skrikbewind in Middelburg, Mpumalanga, weg met onder meer salarisverhogings.

Die munisipalewerkersvakbond Samwu en die Steve Tshwete‑plaaslike munisipaliteit (STLM) het ooreengekom dat honderde stakende munisipale werkers weer in diens gestel word kort nadat hulle verlede week te midde van gebrekkige dienslewering op die dorp afgelê is.

Daar is ook gehoor gegee aan die stakende munisipale werkers se eise dat die munisipaliteit hoër opgradeer word en dat hul salarisse aangepas word.

Die ooreenkoms, wat Dinsdag in eMalahleni (Witbank) onderteken is, stipuleer dat 400 munisipale werkers wat Vrydag afgelê is weens hul deelname aan ’n onwettige staking sedert September, dadelik weer in diens gestel word.

Die munisipaliteit sal ook ingevolge die ooreenkoms na ’n vlak 5-munisipaliteit opgradeer word terwyl loonverhogings, terugbetaalbaar vir 24 maande, aan munisipale werkers toegestaan sal word. Die terugbetalende salarisse sal in drie fases uitbetaal word, waartydens werkers agt maande se salaris op ʼn slag sal ontvang.

Marius Potgieter, inwoner en omroeper by die plaaslike radiostasie Kosmos FM, sê die manier waarop daar aan die stakers se eise voldoen is, steek hom en talle ander Middelburgers “dwars in die krop”.

“Kriminele is weer in diens gestel asof daar niks gebeur het nie. Dit is tekenend hoe enige geskil in hierdie land van ons opgelos word. Eers met geweld en dán met toegewing.”

Lede van die DA verwyder self vullis in Middelburg, (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig dienslewering in Middelburg is lamgelê nadat die munisipale werkers in September begin staak het. Vullisverwydering is binne dae tot stilstand gedwing terwyl intimidasie en sabotasie glo daarna geseëvier het. Dít sluit in die moedswillige peuter met infrastruktuur en die slinger van petrolbomme na wetstoepassingsowerhede se huise.

Munisipale werkers wat wél vir werk opgedaag het, is geïntimideer en gedreig, wat eindelik daartoe gelei het dat hulle óók weggebly het.

Luidens die ooreenkoms moet alle munisipale werkers Donderdag (18 November) weer vir diens aanmeld.

Volgens Potgieter het honderde werkers egter vanoggend wéér die strate van Middelburg ingevaar. Daar heers intussen ’n hoë polisieteenwoordigheid buite die munisipale kantoor, waar daar na bewering steeds vergader word.

Vullisverwydering in Middelburg is tot stilstand gedwing weens die staking. (Foto: Verskaf)

Potgieter sê dit is onduidelik hoe die munisipaliteit finansieel die mas gaan opkom nadat hy aan sy werkers se eise voldoen het. “Die inwoners is natuurlik nie die munisipaliteit se enigste bron van inkomste nie, maar die belastingbetaler gaan tog dit ook voel.

“Ek weet nie hoe [inwoners] deur nog ʼn verhoging gaan kom nie.”

Ook die DA is bevrees dat inwoners eindelik die ooreenkoms aan hul sakke gaan voel, aangesien die munisipaliteit nie genoeg geld het om man alleen die salarisverhogings en beloofde terugbetalende salarisse te dek nie.

Plaaslike DA-raadslid Hennie Niemann sê die opposisieparty sal ’n volledige verslag van die munisipale bestuurder eis waarin antwoorde rakende die finansiële implikasies sowel as finansieringsvoorstelle geëis sal word.

“Ons is ook baie bekommerd oor die presedent wat geskep word aangesien hierdie ooreenkoms ʼn impak op toekomstige stakings sal hê,” sê Niemann.

Potgieter meen die ooreenkoms moes jare gelede al gesluit geword het, toe die algehele verval van die dorp nog voorkom kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Phillip ·

Wel dan gaan die raadsleede ook meer geld kry wat dis mos n vlak 5 Stadsraad hoekom sal hulle iets daar aan doen Almal kry daai verhooging

Di ·

Dis hoe dit in nuwe SA gaan! Kriminele word summier net weer in poste aangestel tot volgende protes dan begin als weer van voor af. Sien hulle kom weg daarmee en gaan dus nooit stop nie. Sterkte aan die inwoners daar wat met hierdie useless spul opgeskeep moet sit. Hoop iemand kry die guts om hierdie spul te laat gaan voor dit te laat is!

Anoniem ·

Korrek, dit lyk asof ‘n kriminele rekord as politieke voorvereiste gestel word.

Mariana ·

Dis mos hoe dit in die land werk. Hulle kry hul sin al is die werk wat hulle doen pateties. Geen trots geen skaamte.

Sarel ·

Vakbonde en Wetteloses wen alweer.
Gaan die Vakbond betaal vir skade..

Aai ·

Jammer julle het skoongemaak julle moes laat hulle gewerk het vir hulle verhoging nou.

Nettie ·

Sal nooit ophou nie kry alles reg deur te toi toi. Daar baie mense wat rerig wil werk.

anniekiewiet ·

Iewers iewers gaan als in hierdie mooi land finansieël inkonk.

Moedeloos ·

Kan nie verstaan nie – hoe besluit n vakbond watter Graad Munsp jy is. Dit word mos op provinisiale vlak besluit volgens n voorgeskrewe riglyn

Kokerboom ·

Die boewe regeer die land en die belastingbetalers te ruggraatloos

Jr ·

Werk die tariewe uit en betaal julle gelde aan n trust wat dan gebruik word om dinge in die dorp te doen. Moet dit nie vir die munsipaliteit gee nie. Time for revolt.

Hardekwas ·

Ek raai die belastingbetalers van dié munisipaliteit aan om hul eieindomsbelasting te weerhou.

Francois ·

En SARS wonder hoekom niemand eintlik meer wil belastings betaal nie

Jacobus ·

Dis wat Siril en sy genote dink van belastingbetalers. Dit raak ondraaglik.

Saartjievandiebosveld ·

They get rewarded for doing crime. That’s why they keep on doing what they do……

Jacobus ·

Pateties! Skrikbewind is ‘n akurate opsomming. Soos die EFF, glo ANC glo dié kaders dat vergoeding jou toekom sonder om te werk daarvoor.

Skappie ·

So gaan ons mooi land verlore, deur optogte, en hulle kry hulle sin. Die ANC kyk mooi na die bedogers en die gesinne. Mooi man.

Swerwer ·

Mooi, dit is hoekom hul optredes so lank strek, want hul weet hul kry hul sin by die ANC.

Astrain ·

Doen hulle nie maar altyd nie? Werkgewers staak besighede want hulle sien nie meer kans vir hierdie sirkus nie…

Pieter ·

Weet nie hoekom kla almal so nie ons wil mos nie standpunt in neem nie. Ons moet maar maak soos ouer people staan saam en wyer om te betaal

Schalk ·

Beloon die krimineel finasieel en dan word daar verkondig : ” Crime does not pay” Nonsens dis een hengse betaalde werk. Natuurlik as jy baie “GOED” is haal jy nog die kabinet ook

Waarnemer ·

Agt maande se salaris op n slag…WOW!!!Gestel hierdie werkers het net R5000 per maand gekry en nou gaan hulle terugwerkend elke maand soveel as R5000 maal 8 dit isR40000 per maand ontvang….Waar gaan die stadsraad 400 maal R40000 per maand maal 24 maande uitkrap?Water en krag en erf belasting verhogings?Dalk gaan dit goedkoper wees om 400 stakers af te dank en 400 werkloses in diens te neem teen R5000.00 per maand.Dank sommer terselfdertyd die hele ANC stadsraad ook af en bespaar n verdere 10 miljoen plus per maand.

Charl ·

Weet jy wat is ‘n ”mudsucker” ? Dis daai koudbloedige vissie wat op damme en riviere se bodems rondswem en voedsel vreet deur dit uit te sif tussen die modder wat hy opsuig en weer uitwerp. Hierdie lot wat so staak en alles verwoes en bemors wanneer hulle nie hul sin kry nie laat my aan mudsuckers dink, altyd daar onder in die modder, nes varke, tevrede om in hul eie ekskrement en vullis te rol, baljaar en te leef. Sal nie beter gaan in ons land nie, inteendeel, klaar in dieselfde katagorie as die res van Afrika, gaan volg maar net jou geskiedenis na.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.