Stella-koshuismoorde: Name van slagoffers, verdagte bekend

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Die name van die tienermeisies wie se liggame Saterdagoggend in hul koshuis by die Hoërskool Stella gevind is en die jong man wat van hul moorde verdink word, is bekend gemaak.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, het die twee slagoffers as Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) geïdentifiseer. Hul name moes weerhou word totdat die jong man wat weens hul moorde in hegtenis geneem is, Maandag in die hof verskyn het.

Die verdagte, Xander Bylsma (19), het Maandagoggend in die Vryburg-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord. Sharnelle en Marna was beste vriendinne. Xander was Sharnelle se voormalige kêrel.

Xander het vlugtig in die hof verskyn. Die saak is tot tot 6 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Xander Bylsma (19). Foto: Via Facebook

Maroela Media het vroeër berig die meisies, albei in gr. 11, was veronderstel om Saterdagoggend die skoolbus te haal om netbal op Koster te gaan kyk.

“Die koshuismoeder het na hulle gaan soek en die 17-jarige meisie [Sharnelle] aan die trapreling sien hang. Die polisie is ontbied en die 16-jarige meisie [Marna] se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn tou om haar nek,” het Funani gesê.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander, waarna Xander by sy huis in Stella in hegtenis geneem is.

“Die verdagte is ook ʼn voormalige leerder aan die skool. Hy is Sondagoggend formeel aangekla en het ʼn bekentenis by die polisie gemaak dat hy glo die twee meisies vermoor het,” het Funani gesê.

Die motief vir die voorval word nog ondersoek.

Lees die vorige berigte oor Hoërskool Stella op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Sunette ·

Groot slag vir ons gemeenskap. Sterkte aan al die betrokke partye.

Cilla ·

Daar word elke dag gemoor, want dit is so maklik, hulle kry net ‘n paar jaar tronkstraf en dan uit op parool. Die regering sal iets drasties moet doen
“BRING DIE DOODSTRAF TERUG EN KYK HOE HIERDIE MOORDE VERMINDER”

leon ·

Ek kan dit amper nie glo nie! Hoe kan ons Afrikanerjeug tot só ‘n daad oorgaan? Twee pragtige dogters wat hulle hele toekoms nog voor hulle gehad het. My hart gaan uit na die ouers en hul geliefdes. Mag Die Vader julle omvou met sy vlerke in hierdie baie hartseer en moeilike tyd. My hart gaan ook uit na die verdagte se geliefdes.

GALLIE ·

Amen daarop Leon. Uiters hartseer en baie tragies. Wat dryf iemand om tot so ‘n daad oor te gaan?

Paula ·

Misdaad in enige vorm het nie ‘n adres van taal kleur of ras nie. Dit kom oral voor.

Marinda ·

Dis n baie groot tragedie. Wat deur die jong man se kop gegaan het sal seker nog uitkom. Ek dink ons kinders gaan deur baie stres deesdae. Ouers verloor hul werk en sukkel om weer werk te kry. Dan skei die ouers agv finansies en die kinders sien al die dinge gebeur. Sy was seker sy hele lewe gewees en kon nie die verwerping aanvaar het nie. Sterkte aan al die families hier betrokke.

reguit ·

niks kan regverdig of eers probeer regverdig wat die man gedoen het nie..2 onskuldige kinders gevat oor selfsug,nie finansie problem of egskeiding of niks kan dit regverdig nie.

Jag ·

In ag genome die tragiese omstandighede, is jou aanmerking uiters onbedagsame, om die minste te se.

Marisa Bekker ·

Dis ongelooflik tragies! Wat ek wil weet is hoe gebeur so ‘n verskriklike ding en die enigste bron wat enige iets daaroor berig is Maroela media? Niks op enige ander nuusinstansie se blaaie….?

Regverdig ·

Ek stem saam ek dink ook dit was die oorsaak gaan kyk dis op netwerk 24 en op al die nuus blaaie

Al ·

My hart breek vir die ouers – 3 kinders se lewens is verwoes. Wat ñ sinnelose daad!

Iemand ·

1 kind het 2 kinders se families se lewens verwoes. Mens verwurg iemand nie perongeluk nie.

JJ ·

Waarmee is vandag se kinders besig? Ekt op daai ouderdom nog my barbie se hare gekam en saam my male Egoli gekyk en my “kêrel” dalk eenkeer week gesien hello gesê en Dan was dit soos ‘n date, sterkte aan hierdie ouers dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.

Peet van Breda ·

Die produk van 24 jaar se geweld, wetteloosheid en ongedissiplineerdheid. Die vrugte gaan ons pluk.

Bekommerd ·

Ons Afrikaners gaan ons opvoeding by ons huise moet regkry en ons kinders moet leer hoe om stres te hanteer. Innige simpatie aan die ouers van die kinders. Dis bitter hartseer.

Elaine ·

Dit was so n sinnelose moord. Liewe genade sulke jong lewens almal verwoes, en hoe kom n ouer ooit oor die dood van n kind. Dit is n harde slag vir ons gemeenskap en ek hoop hulle leer iets uit die tragedie uit…

Annelize ·

Genade ons! Wat gaan aan in die kinders se koppe? My eerste gedagte toe ek lees dat die verdagte ‘n voormalige kerel van 1 van die slagoffers is, is dat hierdie sweerlik nou weer ‘n geval is van “as ek jou nie kan kry nie, sal niemand anders jou kry nie”.

Hy het nie net die slagoffers se 2 gesinne se lewens nou verwoes nie, maar sy eie gesin s’n ook.

Absoluut ·

Absoluut Annelize, ek stem 100% saam. Sy arme Ma, mens kan net vir hulle bid. Hy moet maar vat wat vir hom kom. Ek moet tog sê, jammer die doodstraf is af.

Askies? ·

VERDUIDELIK asb vir my hoe kom hy in die koshuis in? Was daar geen toesig? Is daar niemand by ontvangs wat die man kon sien inkom nie? In die ‘ou dae’ wat mense so verafsku was daar diens gedoen by die ingange van die koshuise en het NIEMAND toegang tot die kinders se kamers gehad nie. Daar is aangekondig dat iemand by ontvangs was en die kinders het uitgekom na die besoeker toe .. kan nie glo wat hier gebeur het nie?? MY INNIGE SIMPATIE aan die ouers van die TWEE OORLEDENES . dit moes ‘n vreeslike skok wees.

Kan dink ·

Dis n koshuis. Nie n hotel nie. Na 22:00 is daar nie ontvangs nie.

anne ·

stella koshuis is nie oor naweke oop nie. daar moes seker n uitsondering gemaak word vir leerlinge wat skoolsport op n saterdag moet bywoon. hulle was die enigste twee in die koshuis. Hy was bekend aan die twee meisies en het hom heel moontlik laat inkom. ek dink nie iemand was agterlosig nie.

Sharon ·

Hy het heel moontlik in gekom, net soos wat enige ander krimineel wat op plase of in ons huise inkom om kwaad te doen. Nie eers die beste sekuriteit kan iemand wat wil kwaad doen stop nie.

Anoniem ·

Die meisies het Saterdag oggend ‘n netbal wedstryd gehad en het relings getref om oor te bly in die koshuis. Daar was deur die meisies gereel om nie die koshuis deur te sluit nie omrede een ouer glo iets sou bring vir een van die meisies. Die seun het ingegaan waar hy vermoedelik moes weet dat die deur sou oop wees. Daar het ‘n stryery onstaan en dit het op geweld geeindig. My kind is in Stella en dit is reuse ontwrigting in die klein gemeenskap. Ek hoop dat die kind ‘n hengse straf ontvang! Die meisies het dit versekerlik nie verdien nie! Deesdae se kinders lewe of in vrees, of het net pleinweg ‘n skroef los! En hulle doen vreeslike dinge sonder om te dink! Om te dink, die koshuis kinders bly steeds daar… Dit gaan my verstand tebowe!

AH ·

Baie , baie tragies. Sterkte aan al die ouers en families wat betrokke is. Dit is ondenkbaar dat so ‘n pragtige jong man tot sulke dade in staat is. Ek kan my nie indink hoe sy ouers moet voel nie. Ons maak immers almal ons kinders groot om die beste te wees wat hulle kan en ook met wat reg of verkeerd is. Ongelukkig bly ons in ‘n land waar misdaad seëvier en waar tronke nie juis ‘n afskrikmiddel is nie. Die jong man sal seker ook net ‘n paar jaar in die tronk deurbring en dan uitkom en met sy lewe aangaan terwyl twee meisies nooit daardie voorreg sal hê nie. Dit is net so verkeerd! Ek is jammer, maar ek glo sterk aan ‘n oog vir ‘n oog…….Die dat menseregte so swaar in die guns van misdadigers tel is ook verkeerd. Sodra jy iemand van sy lewe ontneem, ontneem jy jouself van alle regte of voorregte. Net jammer dat ons regstelsel nie dieselfde voorstaan nie en dit dus maar as nog ‘n moord gesien word en so word almal, die jeug inkluis afgestomp oor hoe verskriklik moord regtig is.

Lana ·

Ek hoop dat die res van SA jeug sal leer hieruit – DAAR IS GEEN WENNER in hierdie situasies nie. ALMAL wat betrokke is VERLOOR. Gebruik ASB julle verstand!!
Sterkte aan almal wat hierdeur iets verloor het.

Huiswerk ·

@Marisa Bekker – Daar is op verskeie ander nuusblaaie van Saterdag oggend af hier oor berigte.

Hes ·

My hart gaan uit na die meisies en die seun se ouers asook ander familie. Dis n harde seer pad wat vir almal voorlê.

Ouer van kinders op stella ·

Wat ek graag wil weet is hoe het daai seun deur die nag in die skool grond en dan in die meisies koshuis toegang gekry waar is die toesig waar is die sekuriteit ek het self n kind in die kos huis huis daar en die jonger een wil ook gaan maar hoe moet n ouer gerus wees oor sy kind se veiligheid as so n tragedie kan plaasvind.

CLRD Stella ouer ·

Wat ek graag wil weet is hoe het daai seun deur die nag in die skool grond en dan in die meisies koshuis toegang gekry waar is die toesig waar is die sekuriteit ek het self n kind in die kos huis huis daar en die jonger een wil ook gaan maar hoe moet n ouer gerus wees oor sy kind se veiligheid as so n tragedie kan plaasvind. Sterkte aan die dogters se families en geliefdes.

dion ·

dit is so swaar vir ons as familie en vriende Sharnelle jy sal diep in ons harte bly
Ronnie en Sonja ons dink aan julle

JDM ·

Onbeskryflike pyn. Hoe op aarde kom ‘n mens deur iets soos hierdie. Daardie ou babetjie wat jy vasgehou het ………..Dit is net teveel om selfs aan te dink. My innige innige simpatie en baie sterkte met hierdie pad deur die dorste van woestyne aan almal wat aan al drie hierdie kinders verbonde is.

Dana ·

@bokkie, ek neem dan aan jy is vegan, jy eet geen vleis, geen takeaways, geen biltong, geen niks nie. Of dink jy ook vleis kom van Checkers af?

Daan ·

Al drie van die kinders sulke pragtige kinders … Ai ai ai gruwelik, hartseer hartseer, hartseer ……….

EL ·

Die skool gaan verseker moet verduidelik hoe die seun by die meisies koshuis in gekom het? Ek weet van baie skool koshuise waar die koshuis ‘n veiligheids hek het en slegs kinders wat ‘n “tagg” het daar kan ingan. Hier is veel meer as net ‘n moord. Hoe die res van die koshuis kinders nou moet aangan en aan bly in die koshuis in vrees is nog ‘n vraag. Baie jammer aan al die ouers betrokke.

Se Net ·

Miskien, net miskien het Sharnelle hom ingelaat om oor die breuk te praat (hy wou dalk). Onskuldig het sy hom ingelaat. Hy het ook nie met die bedoeling gegaan om die daad te pleeg nie. Wie weet het hy dalk verwerp gevoel toe sy bevestig dat sy niks meer met hom te doen wil he nie. Hy het moontlik ‘n lae selfbeeld. Wie sal weet al wat ek weet dit is tragies. Bid vir al drie gesinne en nog familie ook. Hul verstaan ook nie.

Alida ·

Hou tog op om nou weer die storie uit verband te ruk. Voel eerder bitter jammer vir hulle ouers dit kan nie maklik wees nie. Die ware redes en hoekom sal later uitkom. Respekteer ASB al die partye se privaatheid en gevoelens.

M.M. ·

Dit wat gebeur het is baie erg, my hart gaan uit na d twee meisies se ouers en familie. Ek wil ook graag weet hoe het d mannetjie in d koshuis gekom? En waar was d anner meisies dan of het net Sharnelle en Marna in d koshuis geslaap die aand?

Louise ·

Wat dryf iemand om so sinnelose daad te pleeg? Besef hy hoeveel hartseer hy veroorsaak het?

Sterkte aan die families. Dis ondenkbare pyn en verlies…

Tammy ·

Xander Bylsma, jy kan nie so ver dink om te besef hoeveel pyn jy jou ouers besorg nie, nog erger hoeveel pyn die twee pragtige dogters se ouers ervaar nie. Hoekom het jy nie liewers gaan hulp soek toe jy agter gekom het hoe siek jy werklik is nie? Daar is nie fout daarmee om te se ” ek het n sielkundige nodig nie” daar is wel groot fout met die mense wat hulp nodig het en dit nie gaan soek nie!

Ag nee man ·

Ag nee man, hy moet net verantwoordelikheid neem vir wat hy gedoen het, hy het na ure na die koshuis gegaan en , mooi alles verstaan……

Alicia ·

3 families vernietig … dis baie hartseer… bid vir hulle almal

Manda ·

Hartseer baie baie hartseer. Sterkte en meegevoel aan die ouers. Trane vloei as jy self tieners op daai staduim het en nie weet wat in die kinders se koppe aangaan nie. oooog hartseer verby. Mag Jesus julle troos in die moeilike tyd.

jakes ·

Die jongman het onskuldige lewens geneem en sy eie verwoes. Sal dieselfde uitweg tot gevolg he soos Henri Van Breda. In die proses ook sy ouers, die meisies se ouers en families in smart gedompel. As hy maar net weet hoe afskuwelik aaklig dit in die tronk is. Spyt kom altyd te laat.

Ou seun ·

Ou seun….mag jy laaaaaaaaaank sit….. Sterkte aan die familie.

JVDB ·

ja dit is n hartseer storie veral as dit kinders was wat se lewens nog voor hulle gele het. Ek kan net nie dink dat een seun dit gedoen het nie. Dit gaan my verstand te bowe. Ek dra die ouers in my hart van die kinders veral as jy weet hoe dit voel om een te verloor. Baie sterkte

JVDB ·

baie hartseer. Mens verstaan nie altyd die hoekoms en die waaroms nie. Het hy dit allen gedoen??? Dit kom maar net by my op hoe op aarde hy dit kon regkry en nie ene kon vlug nie. was daar iets anders by betrokke??

Jacobus ·

Laat ons nie spekuleer, ons weet nie wat aangegaan het nie en moet daarom liewer nie negatiewe of enige kommentaar lewer nie.

Dit is ‘n hartseer geval en ons moet bid vir AL die ouers van AL die kinders.

Onthou dat die ouers mekaar miskien ken, hulle kan dalk vriende wees, hulle gaan mekaar in die kerk, dorp en hof sien en die pyn wat hulle as ouers gaan ervaar en die emosies gaan vernietigende gevolge hê.

Laat ons die saak in die media volg sonder om te oordeel; ek weet dit is moeilik maar laat ons probeer.

Die Reg sal geskied en die waarheid sal seëvier, maar die ouers sal altyd die pyn ervaar van ‘n verlore kind.

Laat ons almal asb. nie die man se ouers blameer vir dit wat hy beken het nie, onderteun hulle liewer soos julle die ouers van die meisies sal en gaan ondersteun in die moeielike tyd wat gaan voorlê.

As ouer kan jy jou kind die beste opvoeding gee, maar dit is jou kind wat sy eie lewe moet lei en die gevolge dra van sy/haar dade.

Die grootste vrees wat die meeste ouers het is dat jou kind nie net voor jou sal sterf nie, maar dat hy/sy iets sal doen wat sy/haar lewe permanent sal verwoes.

Ek wil vir geen oomblik in die skoene van enige van die ouers wees nie.

Laat ons almal betrokke respekteer en hulle hul tyd om te rou gun.

Nog 'n Theresa ·

Jy is die enigste een wat sense praat. Enige iemand wat nog nooit ‘n kind aan die dood afgestaan het nie moet liewers stilbly. Al die ouers gaan deur verskriklike smart. Ek dink sekere aantuigings is ongevraagd en onsensitief. Ek hoop net nie een van die wat hulle monde uitspoel hoef ooit so ieys deur gaan nie.

Hester Roos ·

Ek is n vrou van 70, ek was self in daai koshuis op Stella. Die grootdeur wat ingaan na die koshuis kamers was elke nag gesluit na groot studie en eers weer in oggend oop gemaak met n juffrou aan diens. Dit was nog in die goeie ou dae, waar was die toesig en gesluite deure? Dis baie hartseer my hart bloei vir al 3 ouer pare gun dit nie vir my grootste vyand liefdetjies

Askies ·

Dankie HESTER ROOS< ek sien jy en TWEE ouers van kinders op STELLA het hulle kommer uitgespreek oor die kinders se VEILIGHEID by die koshuis, dus was ek nie so uit lyn uit nie .. EK DINK DAAR MOET ERNSTIG daarna gekyk word .soos jy se .. SLUIT die deure. Ons koshuis se deure het ook nooit oopgestaan vir enigeen om in te wandel as hy voel hy wil iemand vermoor nie .. NEEWAT . geen verskoning daar nie . die koshuis moes GESLUIT gewees het en seuns hoort nie aan 'n MEISIESKOSHUIS se kant nie.

Nettie ·

Almal wat so bekommerd is oor die veiligheidstandaarde van die koshuis: in vorige berigte word daar gesê dat die meisies GEVRA is om nie die koshuis se deure nie te sluit nie – iets van ‘n ander groep meisies wat ook toegang moes kry, of so iets. Steeds, dit is baie onverantwoordelik om twee meisies alleen in ‘n yslike koshuis te laat oornag (al was die koshuismoeder daar) en dan te vra dat die deur nie gesluit word nie.

Alle simpatie aan die ouers van al drie jongmense, maar ook aan die koshuismoeder wat op die liggame afgekom het, die vriende en vriendinne van die drie jongmense en die hele gemeenskap, wat sekerlik geruk is deur hierdie omstandighede.

Alida ·

Mense asb los die bespiegelinge en respekteer die arme mense se gevoelens. Bly eerder stil en wag tot die ergste skok verby is.

Riana ·

Ek wil.net aan dogters se ouers se sterkte en jammer van julle verlies en aan die seun se ouers jammer dat dit julle seun was maar nie een van ons kan klippe gooi nie want nie een van ons weer wat die rede was nie die spreekwoord se niemand is skuldig voor hy skuldig bevind is nie en nie een van ons wat nie weet waaroor dit gegaan het kan vinger wys nie so hou op oordeel en laat die gereg sy gang gaan en laat di ouers kan treur in vrede oor hulle pragtige kinders

Neeman ·

OORDEEL? Mense mense . wat het van SA geword?? Jy mag nie ‘n 19 jarige oordeel wat twee pragtige jong meisies wreed vermoor het nie? WIE Mag ons dan oordeel na jou mening RIANA?? Soek ons nou weer die skuld elders? BY sielkundiges of ouers of slagoffers?? Die reg sal sy gang gaan en glo my dis nie nice vir ‘n jongman van sy etniese groep in die tronk deesdae nie .. maar soos jy se Riana .. laat die reg sy gang gaan . sluit hom TOE!!

RS ·

Ek stem saam met jou Jakobus en die twee Theresas.
Moenie oordeel nie. Bid virALMAL wat betrokke is. Die hele gemeenskap. Wat hierdie jong man gedoen het is verskriklik verkeerd. Maar kom ons weerhou onsself daarvan om te oordeel. Ek sidder as ek aan al die betrokkenes se pyn dink.

RS ·

Neeman
Om jouself te weerhou daarvan om te oordeel beteken nie dat jy die daad goed praat nie. Dit beteken dat ons ophou om klippe te gooi. Om met woede en afgryse te reageer is seker normaal. Dit wat gebeur het is afgryslik. Maar kom ons weerhou onsself om soos aasvoëls en brommers op die seer van ander te teer en hatig te oordeel.

Reguit ·

SA is vandag een groot agterbuurt en die simptome wys; ‘n siek samelewing wat tot ‘n val sal kom – nes die geskiedenis deurgaans bewys het. Daarom emigreer mense.

Piet Pompies ·

Dit is net jaloersie wat ‘n persoon tot so ‘n daad sal dryf!
Soos alreeds genoem, geen wenners, net verloorders, jong mense neem kennis, geen wenners.

Oom Japie ·

Lallie, jy was so ‘n geliefde kind en jy was almal net altyd goedgesind.
Wat met julle gebeur het, kon niemand voorsien en het julle ook nie verdien.
Weet net dat julle gedagtenis sal voort bly leef en dat dit groter sal wees as die tragedie wat daaraan kleef.
Jy het ‘n baie groot leemte gelaat en ons sal nog baie oor jou praat.
Waar die aksie was en dinge gebeur het, sou mens jou altyd vind,
maar dit het nou tot ‘n einde gekom.
Lala phanzi, my kind!!!

Xander se pa. ·

Ek lees al die opiinies en kommentaar, ek dink nie daar is een van julle wat besef hoe seer en traumaties dit is nie. Jy maak jou kinders na die beste van jou vermoë groot en jys elke dag op jou knieë om bekermi ng oor jou famielie en gesin te pleit en tog gebeur sulke goed wat jou hart uitmekaar skeur, nooit sal ek goed praat wat gebeur het nie, maar voor jy praat , is jy volmaak? Ek ken net een volmaakte en dis ons Skepper

Illa ·

@ Xander se pa: Ek kan niks van wat gebeur het beter maak nie. Ek kan bid. Ek besef jy lees en jou hart bloei en die seer ruk jou aan stukke. Ek weet jy het nodig om dit te verwerk al martel jy jouself met die kaal harde woorde wat mense skryf en sê… Ek vra net dat jy sterker hier uit gaan kom. Niemand kan voel wat jy voel nie… Ek is jammer.

Oordeel nooit ·

@Xander se pa: so jammer oor wat jy moet deurgaan. Doen jouself n guns en moenie verder hier lees nie. Mense oordeel en is lelik sonder om te dink. Jy is reg…net God is volmaak

Sjoe ·

Zander se Pa, glo my jul is in die meeste van ons se gebede, niemand maak sy kind groot om te moor nie. Ek dink ook dit moet die wreedste belewenis wees om jou kind te verloor en te hê op dieselfde tyd. Ek kan my nie indink hoe jul dit moet regkry om hom te ondersteun terwyl mens voel om die rug te draai, ek weet egter jul sal hom ondersteun. Wat ek net wil sê met baie omsigtigheid, wat hy gedoen het, kan nie met volmaaktheid of so iets vergelyk word nie, dit is verkeerd en hy moet sy verantwoordelikheid vat vir wat hy gedoen het, hoe hartseer ook al.

Anton ·

My wens as ouer my kinders nooit aan verslawing bloot gestel / gely het, Dankie Vader hul almal getroud, nooit my kon voorstel aan enige iets so tragies kom ons respekteer al di agter geblewe families en laat di reg sy gang gaan sonder om t oordeel en wees vir di ouers familie vriende en die skool met hul leerlinge liewers daar, ons is gemaak om ons ouers te begrawe nie ons kinders…

Charmaine ·

Sal iemand asb vir my verduidelik, as die kinders in koshuis was, was hulle alleen daar? Of hoe werk dit? Was daar nie ander kinders ook nie? Ek wil net verstaan, sterkte vir almal wat hierdeur geraak word

Walter ·

Kom ons soek nie te diep na oorsake. Ons in Suid Afrika, net soos in die wye wereld, is gevang in n hewige oorlog tussen goed en kwaad. Dit ken nie kleur, taal of geslag. Ons kan net op ons kniee wees en bid vir krag van die Vader. Ons moet die Vader se lig skerp laat skyn om hierdie donkerte te verdryf. Bewapen julleself en julle gesinne met die word, om hierdie oorlog te baklei. My innigte simpatie vir die families betrokke in hierdie tragedie.

Francois ·

Julle moet dieper gaan grawe. Daar is iets groot fout in julle gemeenskap. Julle sal die duiwel moet uitbring. Daar moet ander dinge ook aangaan.

Mara Venter ·

Bring die doodstraf terug, dit is net regverdig n lewe vir n lewe, die kriminele kom weg met die moorde wat is 10 jaar of 15 jaar vir ander se lewens! My hart gaan uit na die ouers van die 2 meisies van Stella hoerskool, haar ouers en natuurlik die trauma vir al hulle maats ook. Dit is hartverskeurend !

MR ·

Ek kan net bid dat die meisies se ouers nie die kommentaar lees nie.

ek sê maar ·

Ek lees alweer baie veroordelings hier. Niks wat iemand heir skryf kan hierdie tragedie omkeer nie – drie gesinne is verwoes. Nie ek of julle was daar of ken die omstandighede en voor iemand my nou sommer aanval ek kondoneer NIE die daad nie. Dis alles tragies en mens moet kyk hoekom die jeug so maklik na geweld gryp om dinge te probeer regmaakof verander. Wel, nie nett die jeug nie, dit gebeur onder volwassenes ook; maar ek glo as dinge regloop as jy klein is, as dinge in die land anders was, as daar minder geboelie en sleggemaak word, as daar minder valse verwagtinge geskep word sou dinge anders daaruit sien. En kyk, maar dis eintlik wêreldwyd ‘n tendens – mens hoef net na al die skoolskieterye in die VSA bv te kyk. Dis alles baie tragies

Chantel ·

Onse Heer & Hemelse Vader
Ek dra vandag elke liewe ouer, boetie, sussie, ouma, oupa, tannie, oom, niggie, nefie, familie en vriende van Sharnelle, Marna en Xander op na U toe,
Nooit, ooit het die ouers gedink dat hulle pragtige dogters se lewens op so manier beeindig sou word nie. Daar is soveel vrae, ons bid dat hulle
Die antwoorde op dit sal kry, vergewe almal van ons wat so maklik kan oordeel en klippe gooi.
Ek kan net vir U dankie se dat ons nie vandag in hulle skoene hoef te staan nie.
Ek bid ook dat U hulle almal sal rustig en so sterk sal maak deur die onversekerde, moeilike tyd wat voorle.
AMEN
My innige meegevoel

Sandra ·

Hoe gebeur so iets by n koshuis en niemand weet daarvan of verstaan ek nie reg? Waar was almal?

Fanie ·

Kan ons asb. die kommentaar probeer hou by strekte wense aan die familie en vriende. Wees asb. sensitief tenoor hulle. Persoonlikke voorkeure en oortuigings kan beslis nie voorkeur geniet bo hierdie tragedie nie, Dink aan die OUERS !

PJC ·

Hierdie is so tragies. Ek sal myself nie eers kan indink oor hoe die arme ouers van hierdie kinders moet voel nie. Hierdie tipe ding is besig om drasties toe te neem. Ek glo al die stres en geweld asook nog ń klomp ander faktore waaraan almal in die samelewing deesdae blootgestel word in hierdie paradys van ons is die oorsaak van dit alles.

Spike ·

Dit is so seer ek weet eintlik nie wat om te sê nie. Baie sterkte

Doodstraf ·

Ek hoop eendag wanneer die wereld weer in die hande van die gewone mense is en kriminele politici uitgestem is sal die ou en alle ander moordenaars die doodstraf kry.

nassie ·

Dierbare ouers, my innige meegevoel met di groot verlies. Dis seker di seerste seer om n kind te verloor.kan my ni indink hoe jul voel nie.mag God jul vertroos n versterk vir di moeilike tyd wat nog voorle.ouers van di seun, mag God jul vul met krag n genade.sonja ons dink aan jou

Michelle ·

Daar is een ding wat mens nooit van iemand moet wegneem nie – dit is hoop. Kyk na die afgelope paar jaar se moorde wat deur kinders gepleeg is – Tanya Oosthuizen, die Lotter egpaar, die Steenkamps, die Van Breda moorde. Iets dui vir my daarop dat die jeug moed verloor het en dat hulle geen hoop meer het vir hul eie toekoms nie – daarom sal die doodstraf nie ‘n afskrikmiddel vir die wat hoop en moed verloor het wees. nie. Ek dink nie dat hulle enige toekoms vir hulself meer sien nie. Dis absoluut tragiese gebeure wat myns insiens meer gereeld gaan voorkom.

White Rhino ·

Kom ons gee eerder meegevoel aan die 3 pare ouers in hierdie tyd van rou.

Antoon ·

My vraag – wie is reg?
Ek sien dat die Engelse media (verskeie koerante) berig slegs dat die seun inhegtenes geneem is na n voorlopige ondersoek en dat die motief vir die moord nog onbekend is. Die seun sal glo op die 6e Augtus pleit. Niks van hy het skuld erken of so nie…
Hoe seker is jul van jul feite? Op grond van jul berig is die jongman al ter helle veroordeel – ongeag of hy werklik skuldig of onskuldig of medepligtig was…
Dis is dan ook nie die eerste maal wat Maroela Media “meer inligting” of “ander inligting” berig nie…

Hendrik ·

Mense laatstaan al die ou skinder storietjies,die ouers van die twee meisies in besonder,het n baie baie hartseer situasie hier,kom ons bid liewer vir hulle vir vertroosting

Jacobus ·

Soveel venynigheid het ek nog nooit gesien nie, selfs die wat boere vermoor, kry nie eens soveel haat op MM as wat ek hier ondervind nie.

Ek het geen verbintenis met Xander of sy familie of met die familie van Sharnelle of Marna nie, maar ek kan my net indink hoe hulle moet voel en wat hulle moet dink op die oomblik as hulle al die boodskappe moet lees.

Dink net hoeveel haatdraende oproepe moes Xander se ouers nie as familie al gekry het nie en vir wat!!!, hulle is net soveel slagoffers in die geval as Sharnelle en Marna en die meisies se ouers.

Dink asb. ‘n bietjie verder oor Xander se familie se leed, pyn en selfverwyt. Hoe sê jy as Xander se pa of ma, broer of suster, ouma of oupa jy is jammer vir dit wat jou kind, broer, kleinkind; jou vlees, jou bloed aan ‘n ander gedoen het. Wie op die forum wil plekke ruil met Xander se ouers, hande op en sê my.

Wie is ons om te oordeel; onthou as jy wil klippe gooi, moet jy nie self in ‘n glashuis woon nie.

Sharnelle en Marna se ouers word ook getref deur die kommentare op die forum. Laat dit eerder goeie wense wees en troos boodskappe en nie haat. Niks wat ons hier sê sal die meisies terugbring of die pyn vir die ouers en ander kinders verminder nie.

Dink mense; Dink.

Verstom ·

Ek lees vanaand so deur die komentaar gelewer…… Ja die seun was verkeerd en het verkeerd gedoen maar ek wil vanaand vir elke een se dat die woord van die Here se op die maat wat jy oordeel sal jy veroordeel word. Ek sal eerder se bid vir die ouers en bid vir die seun dat Vader die seer en gebrokenheid sal genees dit is hartseer en ja dit onstel mens maar bid vir die ouers.

Caro Wolfaardt ·

Ek het vir Marna en Xander goed geken op laerskool. Ek kan nie glo wat gebeur het nie. My hart gaan uit na die families en vriende wat hierdeur geraak is, veral die ouers.

Rupert Ashford ·

Tragies, tragies, tragies. Sterkte aan aldrie families. Mens se hart breek.

Hartseer familie lid ·

Dit is genade dat ek vannaand al 147 kommentare kon lees om te besef watter onsensitiewe gelowiges ons tog is. Sharnelle, Xander en Manel se ouers ek smag vannaand saam met julle na God se omgee, genade en liefde (Psalm 42). Paulus skryf dat ons almal gesondig het. So daar is niemand van ons wat regverdig is nie. Saam met elkeen van julle bid ek dat God vir ons almal antwoorde op hierdie tragiese nuus en gebeure sal gee. Oordeel kom God toe, ek sal saam met julle bid. Gelukkig ken ek Xander se pa en familie. Ongelukkig ken ek nie Sharnelle en Marna se ouers nie, maar is oortuig dat God vandag baie naby aan hulle almal is, miskien nader as aan baie van ons wat lees en skryf. Mag die Seun ons Genadig wees, selfs tot in die dood – ja, selfs hierdie immers hartseer toneel. Immers het Hy aan die Kruishout vir ons hartseer, pyn, verlies, onregverdigheid, selfsugtigheid en oordeel gesterf. Is dit nie ons selfregverdige Godskinders wat ook Hom Vermoor het nie? Laat ons eerder mekaar in gebed dra as in die openbaar teregstel. Laat ons mekaar saam in die Hemel ontmoet, want wie van ons het nie ‘n geraamte in die kas nie. Wie is volmaak? Jesus se dat die grootste wet is – Liefde … laat ons dan mekaar in God se Liefde dra en onsteun.

Hannelie ·

Ek stem saam met Hartseer familie lid, sommige mense wat sulke snedige kommentaar lewer, en slimmer is as enige regter, besef nie hul doen meer skade aan die 3 kinders se ouers en familie nie. Ek wil net aan Xander se ouers, Sharnelle en Marna se ouers sê jul is in baie van ons se gebede, ons weet nie die hel waardeer jul gaan nie, en ons is ook nie die Regter om ‘n beslissing te maak nie, net God sal besluit. Baie sterkte aan die twee meisies se familie wat deur hierdie hartseertyd gaan, asook aan Xander se ma en pa wat ook met baie vrae sit.

Alice ·

Ongeag wie werklik die skuldige of moordenaar was en motiewe waarvan ons nie bewus is nie….die metode is nogals wreed. En dis twee keer herhaal. So die moordenaar het self die doodstraf toegepas? Ek het ook n jong seun en sukkel om die wreedheid in hierdie geval te verstaan.

Dirk ·

Dit is so belangrik dat ons kinders die vrymoedigheid moet he om met iemand te praat oor dinge wat pla.Dit is so jammer dat n kind moet oorgaan na so iets sonder dat hy die regte advies van n ander meer volwase persoon gehad het.
My innige meegevoel aan die ouers van al drie die kinders.

Michelle ·

Sjoe dit is vreeslik. Drie families se lewens is verewig verander. My innige simpatie v almal betrokke. Tieners se emosies is hoog en kan baie emosioneel wees. Die feit “afrikaners ja nee dit is nie relevant nie. Ek persoonlik sal nou nie laat my kinders jaag nie. Al gaan dit oor tradisie wat ook al. Ek dink dit het n impak. Nobody is perfect ons probeer die beste om ons kinders groot te maak. Die same lewing is so anders vir die jonger generasie. Weereens sterkte aan die ouers. Ek sou nie eers my kan in dink hoe hierdie pyn moet voel nie. Mag jesus hierdie pad saam julle loop.

antionette ·

Dis skokkend om hierdie kommentare van almal te lees. Moenie vra hoekom dit in Suid Afrika gaan soos dit gaan nie. Mense het geen gevoel vir n ander, oordeel graag en kan in geen omstandighede saam staan nie. EK SIT AL 3 HIERDIE GESINNE IN MY GEBEDE BY JESUS SE VOETTE NEER…

Wonder Net ·

Iets wat ek net nie kan verstaan nie, altwee meisies het saam in koshuis geslaap. Hy kon tog nie altwee gelyktydig vermoor het nie? As hy besig was om die een meisie te vermoor waar was die ander een? Sy kon mos weggekom het? En om hul alleen nog optehang ook na hul vermoor was. Dooie gewig? Nee iets is nie pluis, hy kon nie daad alleen gepleeg het nie……..

Joe ·

Hoe dink jy word n hele familie uitvermoor deur een persoon? hy hoef nie gelyktydig te moor nie. kon vasgebind het, kon een vir een gaan. Jy kyk te veel CI en tv.

Elsa ·

My innige simpatie aan al die ouers betrokke. Ek kan my weereens maar net skaam oor ons sogenaamde Afrikaner volk wat so roem op hul Christenskap, maar dit nie uitleef nie. Een ding wat my ou nasietjie goed kan doen, is om te oordeel! Wie wat self kinders het, kan waag om ‘n ander mense se kind te oordeel? Sou sommige van julle dieselfde haatlike opmerkings gemaak het as dit julle seun was wat iemand anders doodgemaak het? Dank eerder God dat hierdie hartseer julle gespaar is en dat julle seuns nie so iets gedoen het nie.

‘n Gemeenskap is geskok en in rou en die ouers van die meisies word met liefde en simpatie onderskraag. Ek wonder hoe lank dit gaan neem voordat mense begin modder gooi na die seun se ouers? Hoe moet hulle nie voel nie? Hulle het sekerlik ook hul kind net die beste opvoeding gegee, soos ons almal voel ons vir ons kinders gedoen het of nog steeds doen.

Asseblief, hou op om te oordeel en aanmerkings te maak wat aan haat grens. Hierdie mense se seer is alreeds groter as wat meeste mense ooit sal kan besef, so moenie nog verder bydra en nog meer wonde toedien nie. God alleen kom die oordeel toe!!

Marika’s ·

Dit is afgryslik hoe geweldadig sommige jongmense raak! Moor hulle ouers, skoolmaats, ‘n meisie wat nie meer met jou wil uitgaan nie ens. . Iets is verkeerd met vandag se samelewing. Nie net hier in ons land, maar reg oor die Wereld! My simpatie met almal wat ‘n geliefde op so ‘n wyse verloor het!

Hilda ·

…….. ek besef net weer dat ons ALMAL groen koring op ons lande het…….sterkte aan al 3 se ouers en families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.