Stellenbosch-bylmoorde: ‘Dís wat die aand gebeur het’

Henri van Breda Dinsdag in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda Dinsdag in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag buite die Stellenbosch-landdroshof vir die eerste keer besonderhede beskikbaar gemaak van wat glo presies die aand gebeur het toe ʼn egpaar en hul seun vermoor en hul dogter aangeval is.

Henri van Breda, die seun wat van die moorde beskuldig word, het glo ná die moord op sy ouers en broer eers sy vriendin gebel, en toe sowat twee en ʼn half uur daarna die nooddienste en polisie ontbied.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, het aan verslaggewers verduidelik luidens die akte van beskuldiging is daar die aand van 26 Januarie 2015 verhefde stemme van die Van Breda-woning in die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch gehoor. Volgens die akte het Henri op Dinsdag 27 Januarie 2015 omstreeks 04:24 sy vriendin gebel maar sy het nie geantwoord nie. Henri het glo om 04:27 ʼn Google-soektog gedoen vir noodnommers voor hy om 07:12 verskeie oproepe aan noodnommers gemaak het. Hy het glo om 07:38 weer sy vriendin gebel.

Henri van Breda stap Dinsdag na die hofsaal. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda stap Dinsdag na die hofsaal. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Die staat voer aan dat die polisie omstreeks 07:15 van die voorval ingelig is en saam met die nooddienste na die toneel ontbied is. Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is op die toneel dood verklaar. Marli van Breda (toe 16 jaar oud) is met lewensbedreigende beserings na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

ʼn Byl en ʼn kombuismes is op die toneel gevind en beamptes het daarop beslag gelê. “Die byl is waarskynlik gebruik in die aanval op die oorledenes. Die byl en mes kom uit die huis uit,” het Ntabazalila gesê. Volgens die staat was Henri op die toneel en hy het ʼn slaapbroek en wit sokkies aangehad. Daar was bloed op sy klere. Volgens die akte is die bloed op Henri se klere vir DNS-toetse gestuur en dit het positief getoets vir die DNS van die oorledenes. Henri het glo meswonde gehad, wat hy, volgens die staat, self toegedien het.

Die staat voer aan dat daar geen teken van gedwonge toegang tot die Van Breda’s se huis was nie en dat niks tydens die voorval gesteel is nie. Die veiligheidsmaatskappy in die landgoed het glo ook nie tydens die tydperk ʼn verdagte in die landgoed opgemerk nie.

Die staat beweer verder dat Henri aan die moordtoneel gepeuter het, homself leed aangedoen het en valse inligting aan die polisie verskaf het om hulle te mislei.

Van Breda is Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy hom Maandag aan die polisie oorgegee het.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

61 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris Lombard

Nou as dit so eenvoudig is, hoekom vat dit n jaar en n half om hom te arresteer?

Elsie

Van die begin af geweet hiers n slang in die gras. SA kom mense te maklik weg met moord

Celia

Mag die volle waarheid uitkom. Ek was vandag baie verras daar is uiteindelik n verdagte gearresteer. Die publiek het die absolute reg om die waarheid te weet en dis absoluut onaanvaarbaar dat n byl moordenaar los op straat was vir solank! Hy behoort nie eers borg te kry nie! Wie pas hom op? Weer die familie? Hierdie familie weet baie meer en hoekom is die verdagtetotnou so beskerm? n Ouerpaar n pragtige broer in die fleur van sy lewe en sussie is uiters WREED doodgekap – en ekt familie hoor se: hul laat dit daar, niks kan hulle tog terug… Lees meer »

Judy-anne

Die eerste keer toe ek die voicenote al gehoor het toe hy die nood dienste gebel en gelag het, toe was dit al duidelik die mannetjie makeer iets, hoekom is hy ook so lank weg gehou van sy sussie tog as iemand hulle lewe en familie verloor en net julle 2 bly oor wil jy jou familie naby jou he, dit is omdat hulle geweet het hy is gevaar vir haar, dinge was van die begin nie reg nie, die sekuriteit by daardie estate is tops en nerens kon niemand iemand vind wat nie daar binne gehoort het nie, maar… Lees meer »

Gesiggie

Vir n jaar lank, is al die inligting weerhou? hoekom… hoekom nou word al die dinge vertel…as daar n DNS toets was , wat bewys het dat die bloed aan sy hemp, wel van die slag offers was… kon die polisie nie net verder krap… of het die seun jul so oortuig”’ dat dit werklik n inbreker was… en dat die sny wonde ook iemand anders was… Oh ja hy het aan die moord toneel gepeuter… Hello”’ jul moes dadelik op die moord toneel vinger afdrukke geneem het”’ vir n jaar loop hy rond of niks gebeur het nie… en… Lees meer »