Stiefpa vas na moord op eenjarige

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash / Nattalia Nunez)

’n 31-jarige man sal na verwagting Dinsdag in die Praktiseer-landdroshof in Limpopo verskyn ná hy glo sy eenjarige stiefdogter vermoor en haar ma aangerand het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê met die polisie se aankoms by ʼn huis in Bothashoek buite Burgersfort is die babadogtertjie bewusteloos op ’n bank aangetref.

“Sy het geen pols gehad nie en is met kneusplekke aan haar gesig gevind; paramedici het haar op die toneel dood verklaar.”

Luidens berigte het die stiefpa die babadogtertjie – in die afwesigheid van haar 28-jarige ma – met ’n onbekende voorwerp aangerand.

“Die ma het glo omstreeks 18:00 die babadogtertjie saam met haar driejarige suster by die huis gelos om na haar kêrel by ’n taverne in Praktiseer te gaan soek,” sê Ledwaba.

Die verdagte het egter voor die vrou teruggekeer huis toe, waarna hy die babadogtertjie glo aangerand en vermoor het.

“Die ma het omstreeks 20:45 by die huis aangekom waarna die verdagte haar glo daarvan beskuldig het dat sy hom agtervolg het. Hy het haar toe glo in die teenwoordigheid van hul bure aangerand.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiekommissaris in Limpopo, het die voorval ten sterkste veroordeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ester ·

Ek hoop van harte die ma word ook aangekla vir nalatigheid, hoe los jy jou kinders by jou man (hulle stiefpa) en gaan soek na jou kêrel. Nee man sy moet eerder nie kinders gehad het nie.

Marie ·

Die kêrel (is die stiefpa) en het voor die ma terug by die huis gekom toe sy hom by sy kuierplek gaan soek het.

“Die ma het glo omstreeks 18:00 die babadogtertjie saam met haar driejarige suster by die huis gelos om na haar kêrel by ’n taverne in Praktiseer te gaan soek,” sê Ledwaba.

Sêmanet ·

Gee mens regtig jou kind op vir ‘n kêrel wat sit en suip in ‘n “taverne” (shebeen). Dis haar nalatigheid, selfsug en listigheid wat haar kind doodgemaak het. Klink vir my of die kinders alleen was totdat die moordenaar daar aangekom het. Sy behoort aangekla te word as medepligtigde.

Vonny ·

Bv die verkragters van arme Allison wat vir die dood gelos is.. ( 1994)
In port elizabeth
Se verkragters uit op parool.
Hul moes lewens lank sit!
Ons vroue en kinders word afgemaai..
En misdaderigs loop vry rond. Sad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.