Strafhof moet Israel vir ‘oorlogsmisdade’ ondersoek – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsbesoek aan Katar. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het besluit om die Israelse regering se optrede in reaksie op ʼn Hamas-aanval verlede maand, formeel na die Internasionale Strafhof vir ondersoek te verwys.

“Ons het ʼn aanbeveling gedoen omdat ons glo oorlogsmisdade word gepleeg,” het Ramaphosa Woensdag op ʼn twee dag lange staatsbesoek aan Katar gesê.

“Die krisis tussen Israel en Palestina moet opgelos word deur ʼn tweestaat-oplossing waar Palestina na vore tree as volskaalse staat, met die voortgesette bestaan van ʼn Israelse staat.”

Suid-Afrika het sy posisie – dat hy gekant is teen die optrede in die geweldgeteisterde gebied – reeds duidelik gemaak, sê Ramaphosa. “Dit teiken nou hospitale waar babas, vroue en beseerdes sterf en waar versorging heeltemal verontagsaam en eenkant geskuif word.

“As Suid-Afrika het ons gevolglik, soos baie ander lande in die wêreld, besluit om die Israelse regeringsoptrede na die Internasionale Strafhof te verwys.

“Natuurlik keur ons nie Hamas se optrede vroeër goed nie, maar soortgelyk veroordeel ons die optrede wat tans aan die gang is en glo ons dit noodsaak ʼn ondersoek deur die Internasionale Strafhof.”

Ramaphosa het voorts gesê die Suid-Afrikaanse regering sal, benewens politieke druk om ʼn vreedsame oplossing vir die geweld te vind, ook praktiese hulp soos die lewering van medisyne en ander produkte aan die mense van Gasa bied en dié hulp na die Wesoewer uitbrei waar mense groot lyding verduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Wit Leeu ·

Die straf hof moet eerder jou en jou trawante eerder ondersoek Cyril Ramaphosa ! Jy het geen plek om te praat nie !!!

Sobymykoolkop ·

100% reg.Sommer begin by toe hulle onskuldige mense met landmyne vermoor het.

Watsenaam ·

Heeltemal reg. Kyk met wie hou hy en sy kaders hulle self geselskap. Ek wonder watter goed betaalde raadgewer vir hom die twak geleer het wat hy praat, want dit is duidelik dat hy nbnie weet wat hy sê nie. Vee voor jou eie deur……. Amper noem ek jou iets wat almal weet wat jy is,

Estelle ·

Mnr Ramaphosa, en ons mense in SA, VERAL ons boere, kan ons vir jou en jou regering ook maar na die Strafhof verwys? Wat is dit anders as volksmoord wat in SA gebeur? Jy blaas warm en koud tegelyk.

Johan ·

Wat van HAMAS wat onskuldige mense brutaal aangeval en vermoor het?

Amelia ·

So mag ons ook maar die oorlogsmisdade laat ondersoek wat direk tot hierdie konflik gelei het, of pas dit nie by jou narratief nie mnr. die president? Laat ek maar net sê jou onderrok as ondersteuner van terroriste organisasies en hul anti-Semitiese agenda hang nou vêr uit. Ons sien jou, mnr die president.

Witwax ·

Hier by ons sterf meer mense onder jou en jou anc regeering. En dit is nie eers oorlog nie.

Jack ·

Nee wat ou CR.As iemand ondersoek moet word is dit jy en jou misdaad organisasie die ANC.Die dade wat gepleeg word in SA as gevolg van julle onbevoegdheid en korrupsie is baie erger as wat Israel ooit gedoen het.So bly eerder stil.Jy het geen kredietwaardigheid oorsee of in enige konflik om ‘n aanbeveling te maak nie.

Gene ·

Ja beslis. Maar dis nie almal nie, net Rama en die wat hy verteenwoordig.

James ·

En Rusland. Waneer vra Ramaposa dat hulle aangekla word vir oorlogs misdade.

Inge ·

Die strafhof??? Dieselfde een wat NIE vir Putin moet ondersoek nie? Maar ek stem saammet Hendrik – die land se politiek dra net die ANC se opinie op die hart.

Sobymykoolkop ·

Hulle is baie dankbaar vir goed wat wêreldwyd gebeur.Vat die aandag weg van hul onbekwaamheid en stelery

Martie Smartie ·

En wanneer dien hy klagte in teen Palestina en Hamas vir die koelbloedige moorde op 7 Olkt en dit wat nog steeds plaasvind? Skuil agter burgerlikes en onder hospitale? President? Ha ha ha. Niks van my nie. Hy moet sommer klagte v korrupsie teen sy eie party indien terwyl hy so indienerig is.

Retha ·

Amazing hoe hy splinters kan sien met daai balk in sy eie oog.
Bigot at its best.

Shakespeare ·

Shame. Jy weet duidelik nie dat Israel God se uitverkore volk is nie. “Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom”. Hy sal jou en jou kaders vernietig, verwaande Ramaphosa.

annie ·

Ag ja, back at the ranch val alles uitmekaar en word een bevolkingsgroep uit sy eiendomsreg en mensregte gewerk, maar elders sal Cyril alle probleme uitsorteer. Die Palestyne moet regte kry op ‘n ander volk se grond en dié massas migrante, wat die ware inwoners bedreig, moet eerder beskerm word en glo wreedhede net teen hulle ondersoek word. ‘n Duplisering van gebeure in SA?

Ronel ·

Shakespeare – jy is so reg. Jy sukkel nie met God se volk nie, met die klem op GOD SE VOLK!!!

Helgard ·

Mnr. die president moet na sy eie land kyk, hoeveel moorde per dag in SA, plaasaanvalle/ moorde, mense word sommer doodgemaak vir niks!! Mnr President, vee eers agter jou eie deur voor jy begin vingers wys, hou op blah, blah om gesig te koop, ek sou my kop in skaamte laat sak het as ek u was. Ons woon nou in ń derde wêreld staat!!!! Skaam u.!!!

Docpietza ·

Onbevoegdheid en vrees vir sy eie ondersteuners en medepligtiges om sake hier in SA reg te ruk en aan te spreek. Nou staan en gewig rondgooi daar bo en nog meer belasting geld mors. Regtig wanneer gaan iemand onderhoud voer met CR en hom in persoon aanspreek hieroor? Sal dit graag wil hoor…

agnes ·

ANC ons stem nie saam met julle nie! Staan julle dan saam met die terroriste groep Hamas wat duidelik die antichrist en agressor, is ? Hulle het Israël ingeval en mense vermoor en hou van die Israeliete gevange.
Dis Israël se reg om op te staan

De Villiers ·

Ek wonder of hulle die strafhof gaan vra om Hamas se optrede ook te ondersoek?

Piet 6 ·

As jy die stories hoor wat Israel als doen, en deur Amerika ondersteun word, is dit dalk goed dat dit ondersoek word sodat die waarheid kan uitkom, goed of sleg.

Twallie ·

En meeste van die stories kom van waar af? Hamas? Natuurlik kan ons al die nonsens glo wat hulle kwytraak. Net soos die wereld wat die doodsyfers wat Hamas uitgooi opvreet. Maar nee, ons glo eerder terroriste wat mense as ‘n skild gebruik.
Wat het mense verwag? Dat Israel gaan ingaan en almal met vere stowwers bydam? Kyk eerder na die stories waar hulle mense waarsku en hoe hulle brandstof en ambulanse aan Al Shifa hospitaal probeer verskaf.

GeloofInGodNieMense ·

Dankie TWALLIE. Hier is nie n opsie om op jou stelling te antw. Mense wat d gruwelike leuens glo wat kwytgeraak word oor Isr, glo seker hierdie terroriste wat ons land regeer se leuens ook. Die IDF is die mees gentleman-army waarvan ek nóg gehoor het. Mense moet ophou Hamas se leuens glo. Tsk

Billy ·

En wat van Rusland wat die oekraine ingeval het sonder dat die Oekraine iets gedoen het…hoekom is dit aanvaarbaar???

Papsak ·

Ramaphosa kyk liewers na jou land wat jy nie kan regeer nie en los ander lande uit die strafhof moet jou en jou boks en dice toe sluit !!!!!!!!!

Sê maar net ·

Hamas boetie….
Jou eie land vergaan deur korrupsie, diewery en moord. Vee eers voor jou eie deur….

Marmey ·

Maar hy en sy regering wou nie kant kies tussen Rusland & Oekraïne nie!!!

Karoo ·

Ramaphosa…. kom ons vee eers hier voor ons Kaya asb… ons het ons het ons “eie mini burger oorlog” so jy kan nie jou mond hieroor uitspoel nie.

Danie ·

Wonder net hoekom is daar nie so vinnig strafhof toe gehardloop oor Rusland nie? Wonder ook net hoekom word daar nie so opgetree teenoor die groot skaal korrupsie nie? Wonder net hoekom nie soveel aandag gegee word aan die die slagting op plase nie? Wonder maar net!

Pannies ·

Pateties verby.
Hy moet eerder sy bek rek oor die gemors in sy eie land en iets daataan doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Internasionale Strafhof kan misdade hier ook kom ondersoek. Dis ‘n oorlogzone met onbevoegdes in beheer.

tweeling ·

Julle het as ANC regering, nie Suid Afrika, besluit op die verwysing. Jy praat nie vir my nie.

TO ·

Jy en jou kaders kan ook maar nader staan. Wat van julle wat onskuldige mense vermoor het, nog steeds plaasmoorde goedpraat

Danie ·

Wat het hy vir ukraine gedoen ??? Soek maar net sensasie en n rede vir onnodige uitgawes.Gravy vlug.

Gaitsigubib ·

Ten minste verdien die korupte Ukraine regering die pak waarvoor hulle van 2014 af so getender het. Die Russe het darm ook nie teen die regulasies van die “Geneva Convention” opgetree m.b.t die tipe wapens en doelbewuste aanvalle op die publiek nie. Hier gee beide Israel en Hamas nie n flenter om nie. Een minister van Israel het dan selfs gese hulle oorweeg kernaanvalle in Gaza. Hy is uit sy pos ontslaan omdat hy uitgepraat het.

Nierkie ·

So die strafhof moet genader word omdat Israel homself verdedig teen ‘n onwettige tereurgroep Hamas? Hoor jy wat jy se Cyril?

hpven ·

Dit is nou die man en party wat ‘n jaar of wat gelede Suid Afrika se limaatskap wou kanselleer toe een van sy maatjies met inhegtenisname, deur dieselfde hof, in die gesig gestaar was. Draadsitter, besluitlose tweegesig!
Die tyd het aangebreek dat hierdie hof Ramaphosa en Malema se blatante aanhitsing tot volksmoord in Suid Afrika kom ondersoek en behoorlik kennis neem!

Alida ·

Die strafhof kan eerder Hamas vir oorlogsmisdade ondersoek. Hulle kruip in tonnels onder hospitale en moskees weg, dus gebruik hulle hulle eie mense as menslike skilde teen aanvalle.

george ·

Ek dink rerig die man rook of drink n verskriklike ding dat hy so in ander lande se dinge kan inmeng. Sy eie land gaan by die dag agteruit. Kinders en Grootmense sterf soos vliee want gesondheidsorg bestaan nie. Korrupsie is nie eens meer iets om oor te praat nie. Plaasmoorde is op sigself volksmoord. Moord, roof en verkragting is so hoog soos die toring van Babel. Hy en sy regering nodig self n strafhof.

Nierkie ·

Teen R24000 ‘n kop kan mens maar net dink wat in die krippe is wat hy eet

Anel ·

Ramaposa, jy is nie werd om hierdie land se president te wees nie!!! Jy is nou heeltemal van lootjie getik!!! Jou uitsprake is anc idiologie, terroriste idiologie. Nie die res van Suid Afrika nie. So volgens jou was dat reg dat hoeveel onskuldige jongmense by ‘n fees net vermoor word en banas, in hul bedjies vermoor word en dat daar nie teen hulle op getree moet word nie? Maar jy, en jou gedpuis vervolg die mense van hierdie land tot vandag toe tov misdade wat jou anc gepleeg het. So jy en jou gespuis hoort voor die strafhof, ook vir die moorde wst jy goedkeur in hierdie land. Boere en vroue en kinders wat elke dag vermoor en verkrag word!!! Ek moet niks verder sê nie anders beland ek in die tronk, so kwaad is ek. Maar gelukkig weet ek Israel eord beskerm, soos alle onskuldige mense, so ook ons. Eendag sal ons ons beloning kry. Daarin berus ek.

hpven ·

Anel, jy is reg! Ramaphosa is ‘n selfaangestelde president en verteenwoordig slegs sy party en homself. Hy heul tans met terroriste omdat die weste lankal deur hom gesien, nie werklik ernstig opneem en selfs vir hom lag. Hy het sy eie land totaal verwoes, en dit sonder bomme…

electricmango ·

Wanneer die Strafhof klaar is met Isreal kan hulle ook ondersoek instel na die plaasmoorde?

Republikein in die Wes Kaap ·

Suid-Afrika moet gestraf word. Begin deur die land uit internasionale sport te skop. ONMIDDELIK!

Manie ·

Korrek, kanselleer sommer vandag se semi finaal teen Australië en basuin dit uit dat politieke inmenging die oorsaak is.

hpven ·

Asook persoonlike sanksies, soos bevriesing van kaders se oorsese bankrekeninge en reis sankies teen hulle!

Althes ·

Ons regering is heel buite hul plassie water. Wat van die gemartelde, grusame plaasmoorde waar in slagoffers se bloed Kill The Farmer, Kill The Boer geskryf is? Word daaraan iets gedoen? Nee!

Wat van SA burgers wat in vrees lewe omdat misdadigers die land in ystergreep het?

Nee wat jul wil die aandag aftrek van julle eie mislukte regering.

Twallie ·

Ek is seker Israel gee om wat die peanut gallery te se het, ou Sarel.

Lettie ·

Ramaphos there is NO but NO we in your discussion but ONLY YOU. The WE must be omitted and replaced with I! PLEASE

Marius ·

Wie het alles begin ????
Israel of Hammas ?????
Gaan lees jou bybel dan sal jy besef wie of wat die Israeliete is !!

Hendrik ·

Dit is tog alreeds inrernasionaal bekend in welke vervalle rommelstatis SA verkeer. Ook is daar meermale klagtes by die VO ingedien. Die wereld is tog bewus dat SA die hoogste misdaad – moordsyfers handhaaf. So die anc is gereed om deur die internasionale strafhof ondersoek te word.

Hussin ·

Ek het nie ‘n perd in die wedren nie. CR ook nie. Wat soek ons daar? Dit het niks met ons te doen nie. Ons moet ons plek ken en ons eie gemors opklaar. Dit is eindelik ‘n maklike ding wat die vent graag wil hê moeilik moet lyk om sy eie skandes weg te steek. Ons is in geen posisie om by enige oorlog betrokke te raak op enige vlak nie.

Pieter ·

Jy moet nou gaan krap waar dit nie juk nie ramaposa. Kyk eerder na jou eier “oorlogsmisdade” in jou eie land . Ons het nie eers oorlog nie, en meer mesne gaan dood in SA as in n oorlogsone

Euodia ·

Stem saam. Hy rits rond soos iemand wat sê het. Hou hom groot meneer maar het nie ‘n “clue” wat in die land aan die gang is nie. Sy minister,adjunkte, dir generaals burgemeesters
kaders ens ens maak droog maar hy loop vertel vir ander lande wat om te doen. Hou hom groot meneer met belastingbetalers se geld. Hy gaan nog in sy koffie/tee verstik. (Drink blykbaar nie)

Feite ·

Hy is in Katar om weer fondasies te le vir vet geld maak uit sake ooreenkomste met Katar se natuurlike gas aanlegte!
Dit gaan ALLES oor GELD vir hom en sy gekose sirkel.

gatgogga ·

Ramaposa, is dit nou dieselfde strafhof wat vir Al Basheer skuldig bevind het?

Fanie ·

Beskerm een terrorisorganisasie die ander terroriste organisasie. Wat tans in Suid-Afrika aangaan waar daar meer geweld en doodslag is as in ‘n ware oorlogsituasie, sou ek as president maar eerder my smoel toegehou het. Dit het in Angola maar dieselfde gewerk waar ters agter die publiek weggekruip het en die PB’s as menslike skilde gebruik het. Sodra daar dan siviele mense seerkry is dit die ander party se skuld, nooit hulle skuld nie.

Pieter J ·

Katar is ook die plek waar Hamas se top leiers in weelde leef nou wonder ek maar net waarom hy jui nou daardie land besoek. Lyk nie vir my na blote toeval nie.

Debbie ·

Hy worry oor ander land se mense wat vermoor word. Hoekom worry hy nie oor ons boere, hul vrouens en kinders wat so vermoor word in ons eie land nie.

Andre ·

…hy moet darem kan wys hy’s aan hulle kant , as hy wil bedel by die emirate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.