Strenger wette oor rook op pad

(Foto: Unsplash)

Die regering beoog om veel strenger wetgewing oor rook – wat ook e-sigarette insluit – in werking te stel. Dit sal onder meer ʼn algehele verbod op rook in sekere plekke insluit.

Die departement van gesondheid het die voorgestelde wetgewing in die Staatskoerant bekend gemaak. Dit is gemik daarop om vorige wetgewing te herroep en Suid-Afrikaanse wetgewing oor tabakbeheer met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se raamwerk oor tabakbeheer te laat strook.

Die wetsontwerp (Control of Tobacco Products and Electronic Delivery Systems Bill) maak onder meer voorsiening vir ʼn verbod op die verkoop van sigarette deur muntoutomate en rook in voertuie waar kinders jonger as 18, of ʼn ander persoon, in die voertuig teenwoordig is.

In hierdie stadium word rook in plekke soos kroeë, restaurante en tavernes nog toegelaat, mits die rookarea nie meer as ʼn kwart van die oppervlak beslaan nie. Indien die wetsontwerp deurgevoer word, sal ʼn algehele verbod in hierdie plekke geld.

Die wetsontwerp verbied ook rook in ʼn geslote openbare ruimte of werkplek, geslote gemeenskaplike ruimtes in woonkomplekse en gesondheidsfasiliteite wat rehabilitasiesentrums uitsluit.

Dit bepaal voorts dat rook verbied word by ʼn private woning wat vir enige kommersiële kindersorgbedrywigheid gebruik word en verbied rook in ʼn private woning waar ʼn huis- of tuinwerker teenwoordig is.

E-sigarette en damprooktoestelle gaan ingevolge die wetsontwerp ook veel strenger beheer word. Verkope van dié middels en toestelle het die afgelope paar jaar beduidend toegeneem, maar is nie in die verlede onderwerp aan dieselfde streng bepalings as dié vir sogenaamde tradisionele tabakprodukte nie.

Damprook of die gebruik van e-toestelle sal nou, nes sigarette, op sekere plekke verbode wees en slegs eenvoudige verpakking – met duidelike gesondheidswaarskuwings – sal toegelaat word.

Die wetgewing gee ook aan die minister die mag om enige middel of bestanddeel wat ʼn spesifieke kleur, geur en reuk skep of uitwerking op ʼn verbruiker het, te verbied. Dit kan beteken verskeie damprook‑produkte sal voortaan taboe wees.

Swaar strawwe word voorgestel vir oortredings, afhangend van die erns daarvan.

Rook in ʼn geslote openbare ruimte of werkplek is onder meer strafbaar met ʼn boete of tronkstraf van drie maande (of albei).

Die wetsontwerp is in 2018 die eerste keer vir kommentaar bekend gestel en sal nou binne die volgende paar weke aan die Nasionale Vergadering vir oorweging voorgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Antie Sarie ·

Verbied rook waar huis of tuinwerker teenwoordig is? As ek so iets gehad het, en hul was teen my rook in my eie woning, was hul nou retrench

Janine ·

Absoluut! Binnekort word ons aangevat omdat ‘n krimineel ons huis binnegekom het, en moes rook inasem…. genade!

Pietertjie ·

Wetgewing is daar om as riglyne vir opgevoede mense te dien. In mý skooldae was die hoof se kantoor en die rottang bedoel vir die res.

Prikkie ·

Ten minste twee van die skoolhoofde waar ek in die skool was het aan hulle pype “gesuie” terwyl hulle die “res” met hulle geliefkoosde rottang “gestreel” het.

So nou Pietertjie, neem ek aan, daardie skoolhoofde was ook van die “res”, dws onopgevoede mense?

Nie Verbaas ·

En ons hele regering hou ten volle by die wetgewing nê?

es ·

Ek sal in my huis doen net wat ek wil, die patetiese regering sal nie vir my voorskryf nie….die volgende ding moet ons belasting betaal vir sonkrag, want hulle is bang ons gebruik die son op!!!!

Barney ·

Jy kan in jou huis doen wat jy wil, maar as daar ander mense (veral kinders) betrokke is, is dit net ordentlikheid en konsidererend om nie te rook nie. Ongelukkig het mense nie basiese respek vir ander nie en daarom is die wet nodig

Truman Burbank ·

En wie gaan in my huis inkom omdat ek in my eie eiendom rook?

Nie Verbaas ·

En die cANCers hou ten volle by wetgewing nê? Hoekom sal die wetgewing nou gerespekteer word as die regering, polisie, ens korrup is en doen wat hulle wil?

Piet Pompies ·

jy bly duidelik nie in die kaap nie – mense betaal klaar belasting op sonpanele

SjN ·

Daar is baie meer belanrike sake wat aandag moet geniet, die onbevoegde regerings kaders hou hul op met strooi, in my privaatwoning sal ek doen wat ek wil, read my lips, gaan weg, gaan ver weg, hoop hul kry die boodskap.

Nie Verbaas ·

Ek stem. Hulle is so magsbehep dat hulle jou nou wil vertel wat mens mag en nie mag nie in jou eie huis. Erstens moet hulle uitvind wie nog vir hulle respek het.

Hannelie ·

Ag dit gaan nie gebeur nie, ek sien hoeveel ouers soggens hul laerskoolkinders skool toe neem, dan rook die pa en ma dat dit lyk soos ‘n stoom lokomotief in daai kar.

Cherokee ·

Hannelie, ek hou dié spasie fyn dop om te sien of die rokers ñ poging gaan aanwend om jou te antwoord. Jy bring ñ nuwe besef na vore… rook behoort ook verbied te word in privaat huise waar daar kinders is of selfs wanneer een van die egpaar nie rook nie.

Elize ·

My huis ek doen wat ek wil. Gaan staan buite as jy dit nie kan hanteer nie

Manie ·

Niks hoef met wetgewing verbied te word indien gesonde verstand en respek toegepas word nie. Ek is ‘n roker, maar rook nie in my voertuie of huis nie, want ek wil nie in my huis instap of voertuig klim met ‘n rook reuk daarin nie.

Cherokee ·

Manie, ek dink nie rokers ruik ñ rookreuk nie. Dít is slegs vir nie-rokers ‘beskore’.

KatjieDeKat ·

Ek stem saam, as daar klein kinders in die huis/ kar is, rook jy buite. My volwasse jongste dogter en haar verloofde rook, maar wil nie die reuk in die huis hê nie, so ons kuier almal saam baie lekker op die stoep en rook daar. By my oudste dogter mwt klein kindertjies, rook ons buite. Ek twyfel of n paartjie lank sal hou as een rook haat en die ander een lief is vir rook. As jy die rookgewoonte haat, gaan jy mos nou maar liewer iemand kies wat ook nie rook nie? In die algemeen, oor hierdie onderwerp, voel ek: Die regering is te onbevoeg om misdaad te bekamp endie land reg te ruk, so hulle hou hulself op met onnodige beuselagtighede. As Usual.

Truman Burbank ·

Hannelie. Ek het nog nooit sulke walms gesien van sigaret rook nie. Wel van vaping.

VaalDonkie ·

Ek rook al vir amper20 jaar nie meer nie. Maar elke keer wat hulle ‘n nuwe rookwet wil instel, wil ek sommer ‘n pakkie gaan koop net om hulle te “spite”.

Cindy ·

So wat hulle eintlik se is dat sigarette nou onwettig raak terwyl dagga wettig gemaak word. Dit klink nie vir my baie intelligent nie

Truman Burbank ·

Dit maak 100% sin. Want dagga beinvloed denk patrone. Sigarette nie.

Angelique ·

Dis omdat hulle hulle ophou met die klein goedjies dat die belangrikker goed uitmekaar val.. soos Eskom

Nici ·

En so wil die regering al hoe meer beheer oor ons privaat lewens neem. Ek rook nie maar my tuinier wel. So wat nou? Is hy ‘n gevaar vir homself? Dit terwyl wereldwyd dagga gewettig word.

Waarnemer ·

Neh En gaan hulle in elke huishouding n lid van ons “sk oarate” polisiemag plaas om te kyk of jy rook terwhl oh Sanna die vloerd poleer of die wasgoed stryk?…..en jou dan vir e mnde opsluit?

Marelize ·

Moet asseblief nie nog wette instel nie – probeer eers al die oues toepas.

Andrè ·

Ha ha en ek us ñ nie roker maar ek glo dat werkloosheid nog ñ moewiese sprong gaan spring, wat het geword van regte

Miena ·

Okay – 1 – Gaan die kettingwinkels / handelaars nou hulle sigaret toonbanke moet afbreek en toemaak? en 2 – so ek mag nie my sigarette rook (in my huis waar my man ook rook of in my kar nie) of soms my Vuse vape nie – maar daar mag ge-dagga (en wat nog ander goete verbrand en gerook) word.
Ooo maar wag n bietjie – en wat van alkohol? Ek het nog nooit in menslike bestaan gehoor dat die rook van n sigaret in huisgeweld ontaard het en uitgeloop het op GBV nie of n voertuig ongeluk veroorsaak het nie… maar drank???
Hulle kan maar watookal grafiese prentjies op die pakkies sit (dit val in elk geval so reg in my daaglikse werk in) dit sal my nie pla om longe op n pakkie te sien nie. Ek koop my rookies om te rook nie na die pakkie te kyk nie…
Dis my 10c.

Antie Sarie ·

Ek sit sommer my stokkies in n pille boksie. Minder gevaarlik as deesdae se medikasies.

Faraway ·

Ek is nie n roker nie maar hierdie hele ding maak nie sin vir my nie!!!
Hulle wil strenger wette inbring omdat rook so gevaarlik is . . . oky, so hoekom die mense wat dit koop ” beheer” oor hoe en wanneer dit gerook mag word INSTEDE van die Maatskappye wat dit vervaardig eerder dagvaar vir die gemors wat hulle in sigarette al die eeue gesit het EN NOGSTEEDS VERKOOP????
STOP DIE VERVAARDIGING DAARVAN DAN IN TOTAAL

Marius ·

Dit is alles goed en wel , maar wie gaan die wette toepas?
SAPS kan nie eers ernstge misdaad hok slaan nie wat nog te se hierdie tipe wette.

Jessey ·

Dis makilike “omkoop” en/of “boete” geldjies. Net nog ‘n Soustrein oppad

H.A. ·

Hulle maak nie meer geld uit smokkel sigarette nie, dis hoekom.

Jessey ·

Miskien moet almal bietjie begin kla oor Steenkool verbranding en brandstof, die reuk van ‘n Diesel Trok wat verby my ry is onaangenaam, ek sit nie ‘n kermpie in oor die trok die pad gebruik nie maar dit stink tog wel. In my opinie is die groter probleem hier onverdraagsaamheid, meeste mense wat rook probeer dit juis so doen dat hulle nie ander stoor nie (Jou windjie wat jy laat of Knoffel asem vrot net so). Die regering is kleinlik, more wil hulle ‘n “wetjie” in plek sit oor iets wat iemand anders wat teen rook is passievol is oor, dan wil juis die een wat ‘n issue het met die feit dat ek rook graag my ondersteunning he oor die ou sakie. Mense word groot en besef dat jou gesanik oor ‘n sigaret is so holrug gery dat dit klink al soos ‘n regerings vergadering, of Malemmer oor hoe onregverdig die land se Geskiedenis is.

Roek ·

Nog ‘n doodgebore kalf , konsintreer eerder op regte misdaad of is julle bietjie pieperig ?

KatjieDeKat ·

Ja. Hulle is te pieperig om die vloedgolf van misdaad en moord te stop. So nou gaan hulle maar vir die “low hanging fruit”.

Mariana ·

Nou wonder ek of dagga ook deel vorm van die rookverbod. En ja die regering kan nie eers klein goedjies verhoed nie, hoe gaan hulle dit doen. Ek stem rook by kinders en nie-rokendes moet weg, maar rokers kan maar buite rook. Ons weet wie se planne hierdie is. Kom nou kinders van SA luister vir die antie.

Antie Sarie ·

Hulle sal nie dagga weer stop nie. Want happy mense wat hoog is, bevraagteken nie alles nie

Hans ·

Net 1 vraag, wie moet hierdie belaglike menseregte skending wetgewing polisieër? SAP kan nie eens plase polisieër nie.

Antie Sarie ·

Die restaurante gaan nou meer sukkel as met lockdown. Ek hoop hulle vee hulle af aan die regulasies

Racheltjie Debeer ·

In plaas daarvan om jag te maak op rokers, konsentreer eerder om al die moordenaars en verkragters te vang en in die tronk te stop. Die regereing se prioriteite is heeltemal agterstevoor.

Wondermaarnet ·

My tuinwerker rook dan self? So hy mag ook nie meer buite in my tuin rook nie?

Antie Sarie ·

Ek het my kar betaal. Ek betaal self vir my stokkies. Nie die regering of jy sal vir my se wat ek waar mag doen nie.

Elma ·

My huis en tuinwerker moet dan maar deel word van die werkloosheids syfer.
Het ek nou rerig n saak daaroor. die ANC betaal nie my huis nie. My werkers ook nie!
Die is eintlik baie snaaks.

Elma ·

Ook wil ek graag weet HOE het enige navorsing bepaal dat nie-rokers al hierdie vreeslike siektes van tweedehandse rook kry. Soos ek op n ander nuusplatform gelees het.
HOE? Het elkeen in julle steekproef vir julle gese wat die hoeveelheid sigarette is wat hy/sy 2dehands ingekry het deur sy lewe? Die moes een massiewe projek gewees het om al hierdie kastige statistieke in te win.

Nommer 7 ·

Elma, kundiges se navorsing het bevind dat lemoene vitamien C bevat. Ek glo hulle. En u?

MakersMark ·

Meer kinders en tuinwerkers rook as wat die minister dink…..

Brombeer80 ·

Na my mening bring sonde belasting baie ter tafel na die staat se koffers. As die wetgewing goedgekeur word, sit die staat met nog minder geld in hul sak???

Lourens ·

Die mediese sorg vir staats-afhanklike long- en ander rookverwante siektes kos meer per capita as wat die roker inbring gedurende sy leeftyd.

Brombeer80 ·

Ek kan dit verstaan en ek sien die punt in. My vraag is dan, “word dit rerig daarvoor gebruik soos jy sê?”

Chantel ·

BHWAAAA, wat ‘n klom gemors. Hulle kan nie eers die dronkbestuurders onder beheer hou nie, hoe die HEL wil hulle hierdie wet inbring. Pleks die klomp hulle met kwelende sake behep en nie hierdie gemors nie. WERKLIK

marius ·

Julle kan nie die riool uit die drinkwater hou nie maar karring aan rokers . Gaan vang ‘n haan .

Pannies ·

Goeie besluit
Pas dit net konsekwent toe en verbied sommer dagga weer algeheel.

Suzette ·

Gee eerder aandag aan Eskom, die petrol prys, die werkloosheid, ons dienste, die moorde en diefstal, ek kan seker nog ‘n handvol of 10 hier op noem !! Julle ìs seker gerook en hou julle besig met nonsens :(

Aletta ·

Ag tog daar is nie eers so baie regulasies vir moordenaars, dwelms, verkragters ens. nie.

Antie Sarie ·

Ek sal ophou rook in die publiek as mense ophou om stink parfume te dra in die publiek. Ek het nou die dag vir amper uur sinus gehad nadat n antie haar rooi deur in n supermark oordoen het.

Piet Pompies ·

dan braai ek maar eerder ‘n vleisie en wees
n krimineel in my eie huis – resturant se los en ek spaar baie geld

Piet Pompies ·

Sien hulle will he die groot manne moet onttrek uit SA uit sodat tannie kopdoek se seun meer geldtjies kan maak

Adriana ·

Wat ñ grap jy gaan vir my nie sê wat ek mag en nie mag by my eie huis. Jul het tyd vir sulke snert maar nie tyd om al die moorde oo te los en of kurrupsie uit te roei in die land. Mens kan net lag vir jul onbeholpes.

Bart-Man ·

In Za mag jy nie rook nie, maar jy kan kinders hê as jy 12 is

Chris ·

Ketting-rokers was algeheel onder verteenwoordig in ICU gedurende die Covid. Mens sou verwag dat die hospitale vol moes wees van die mense met verswakte longe. Laat mens tog effe wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.