Student sterf ná aanranding by DUT

Sandile Ndlovu (Foto: Verskaf)

Sandile Ndlovu (18), wat bedryfsingenieurswese aan die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT), studeer het, het Saterdag aan sy beserings beswyk ná hy op die kampus aangeval is.

Maroela Media het vroeër berig Ndlovu is met breinbeserings in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy in ʼn lesingsaal op die Steve Biko-kampus in Durban met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy skedel gedurende die aanval gekraak is.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Sondag sy meegevoel met Ndlovu se familie, vriende en medestudente betuig.

Ndlovu het in die hoësorgeenheid van die hospitaal aan sy beserings beswyk.

“Ek maan ons regstelsel om ʼn spoedige inhegtenisneming en vervolging te verseker van die persone, wat vir Sandile se afsterwe verantwoordelik is,” het Nzimande gesê.

“Die Ndlovu-familie en die hele land het ʼn voornemende ingenieur verloor wat instrumenteel kon wees om uitdagings in ons ekonomie te takel – veral dit wat met die Vierde Industriële Revolusie verband hou. Ons het ʼn jong mens verloor wat ʼn beduidende rol sou speel om ons land vorentoe te laat beweeg.”

Nzimande verwelkom die nuus dat die hoof van sekuriteit by die universiteit gekors is. Hy moes seker gemaak het dat daar behoorlike veiligheidsmaatreëls in plek is, insluitend die installasie en monitering van videokameras wat ʼn beduidende rol kon speel in die inhegtenisnemings van die oortreders.

“Ons instansies is ʼn plek vir leer en onderrig, en nie ʼn plek om kriminele en wetteloosheid te bevorder nie. Ek verwag van die bestuur van die universiteit om almal se lewe op die kampus te beskerm, insluitend die eiendom van die universiteit,” het die minister bygevoeg.

Hy het die raad van die DUT opdrag gegee om die nodige ondersteuninge en sorg te bied aan die Ndlovu-familie in hul tyd van rou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Baie jammer oor die verlies, baie sad.

Maar 4de Industriele revolusie, regtig Nzimande. Ons is so 3 Industriele revolusies agter.

Ig ·

4 de Industriele Revolusie? In your dreams Blade. Teen die tyd wat sekeres daar kom trek ons al by die 6 de IR

Jaco ·

4de Industriele Revolusie ha ha, Nzimande ons is 4 Agter danksy die ANC.

Stel ·

Jul minister se monde is vol, maar verder doen/beteken jul niks!!!!

Dr Phil ·

… en niemand het natuurlik gesien wie hom aangeval het nie…?!

V Cronje ·

Geweldig tragies. Diepste medelye aan al sy geliefdes.
Nou word opdrag gegee om familie sorg en ondersteuning te gee!!!! Te min te laat…….hulle seun kom nooit weer terug nie.
Woorde ontbreek my
Mag God julle onderskraag om die pyn en verlies te verwerk

Diertjie ·

Dis oor kinders nie meer tuis getugtig mag word nie dat dit so gaan.

Gaitsigubib ·

Ek slaan nie my kinders nie en bekommer my nie juis dat hulle misdadigers sal word nie, ek is eerder bang hulle word die slagoffers van misdaad. Ek dink die probleem is baie donkerder as dit.

Essie ·

As die moordenaar gevang word is al straf die doodstraf,want hy ht iemand se lewe geneem

$ ·

Toe ek student was, was veiligheidswagte en kameras (dus, veiigheidsmaatreëls) by lesingslokale nie nodig nie. Dit was in die laaste paar jare voor 1994.

Maljan ·

Die mense het mos n reg om te protesteer. As s eiendom beskadig word of mense hulle lewens verloor, tel dit mos ongelukkig net as COLLATERAL DAMAGE. Viva anc. Viva

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.