Daar is darem nog skop oor in Suid-Afrikaanse krieket.
Lees meerAlles vir Sondag 22 September 2019
Vettel bo in Singapoer, vies Ferrari-spanmaat tweede
Dit het Sebastian Vettel 392 dae geneem om sy verloordroogte in Formule Een-renne te breek.
Gewapende rooftog by Kaapstad-winkelsentrum
Vinnige reaksie deur polisiebeamptes en lede van ʼn privaat veiligheidsmaatskappy het tot die inhegtenisneming van twee gewapende verdagtes gelei kort ná ʼn onderneming beroof is.
Wêreldbeker: Iere bederf Bokke se Sondag
Ierland, Engeland en Italië het elkeen hul groepwedstryde Sondag tydens die Wêreldrugbyreeks in Japan gewen.
Jong spoedvraat jaag teen 202 km/h
Die Ekurhuleni-metropolisie het Sondag ʼn 21-jarige man aangekeer wat teen 202 km/h op die N3 in ʼn suidelike rigting gery het.
Vearey se aansoek vir Wes-Kaapse polisiekommissaris glo gesaboteer
Faiez Jacobz, ANC-lid van die Wes-Kaapse wetgewer, het Vrydag gesê die besluit, om genl.maj. Jeremy Veary uit te sluit as die nuwe polisiekommissaris in die Wes-Kaap, is sabotasie.
Wêreldrenosterdag gevier
Die negende Wêreldrenosterdag word Sondag gevier.
11 sterf in Limpopo-ongeluk
Minstens 11 persone is Sondag dood in ʼn ongeluk op die R37 by Ga-Chuene buite Polokwane (Pietersburg).
Uitvoerkontrakte van meer as R1,8 miljard vir Kaapstad
Maatskappye in Kaapstad het in die 2018/19- finansiële jaar uitvoerkontrakte ter waarde van meer as R1,8 miljard onderteken, het die Stad Sondag gesê.
Oom Jakkie ry die land plat vir Die Voortrekkers
Jakkie van der Colff, ’n inwoner van Waverley in die Pretoriase Moot, het Saterdag ná byna ’n maand op die pad van die Voortrekkermonument in Pretoria by die Taalmonument in die Paarl aangekom .
Student sterf ná aanranding by DUT
Sandile Ndlovu (18), wat bedryfsingenieurswese aan die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT), studeer het, het Saterdag aan sy beserings beswyk ná hy op die kampus aangeval is.
Batman vier 80ste met verligte teken in stede wêreldwyd
Naguile in verskeie stede wêreldwyd, waaronder Johannesburg, het Saterdagaand dalk gewonder of Batman in hul buurt is, toe sy bekende vlermuisteken op geboue vertoon het om 80 jaar van dié DC Comics-superheld te vier.
Sommige operasies by Jhb-hospitaal gekanselleer
Alle nie-noodgeval-operasies is die afgelope week by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gekanselleer weens ʼn tekort aan basiese mediese voorraad, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Land se taaiste brandbestryders gekroon
Brandbestryders van oor die land het die afgelope naweek aan die “Toughest Firefighter Alive”-kompetisie in Kaapstad deelgeneem.
NDBV vra aksie teen vervoer van lewende hawe
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn beroep op die regering gedoen om ʼn standpunt in te neem teen dieremishandeling wanneer diere lewend op see uitgevoer word.
Twee vas wat polisiebeamptes in Durban aanval
Twee persone is in Lamontville in Durban in hegtenis geneem nadat hulle polisiebeamptes, wat op begeleidingsdiens was, aangeval het. Een polisiebeampte is beseer en ʼn polisievoertuig is beskadig.
SAKP besorg oor menseregte in Zimbabwe
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het sy kommer uitgespreek oor die verslegtende toestand in Zimbabwe wat betref ʼn staking deur dokters en onderdrukking van mense- en demokratiese regte.
Veiligheidswag gevonnis oor kollega se moord
ʼn Veiligheidswag van ʼn plaas in Boston in KwaZulu-Natal is in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis in verband met die moord op sy kollega.
Gedagte vir die dag: God se genade
Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. (Titus 2:11)