Vettel bo in Singapoer, vies Ferrari-spanmaat tweede

Ferrari-bestuurder Sebastian Vettel van Duitsland voor sy spanmaat Charles Leclerc van Monaco (22 September 2019) (Foto: AP Photo/Eric To)

Dit het Sebastian Vettel 392 dae geneem om sy verloordroogte in Formule Een-renne te breek.

Vettel (Ferrari) het Sondag in Singapoer die 53ste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die Singapoerse Formule Een-Grand Prix gewen het. Vettel kon laas in Augustus 2018 op Spa in België seëvier.

Sy selfvertroue het die afgelope ruk ʼn knou gekry veral omdat sy jong spanmaat, Charles Leclerc, hom die afgelope paar weke met twee opeenvolgende seges in die skadu gestel het. Dis mos swak vir ʼn man se selfbeeld!

Vettel, wat meesterlik bestuur het, is Sondag gevolg deur ʼn woedende Leclerc met Max Verstappen (Red Bull) derde, Lewis Hamilton en Valtteri Bottas (albei Mercedes) onderskeidelik vierde en vyfde en Alex Albon (Red Bull) sesde.

Vettel se oorwinning is effe versuur nadat Leclerc sy span se besluit kwaai bevraagteken het deur Vettel voor te trek. Dit het gebeur toe Ferrari byna uit die bloute vir Vettel eerste kuipe toe gestuur het om bande te ruil.

Toe Leclerc later in die kuipe aangedoen het, is hy deur Vettel verbygesteek. Hy het lank daarna steeds sy ongelukkigheid daaroor oor die spanradio laat blyk en aangehou brom. Maar die Ferrari-span sal nie slapelose nagte daaroor hê nie, want dit was eerder ʼn meersterskuif, want Vettel is terug op die podium en wie sal oor ʼn eerste en tweede plek kla?

Hamilton (296 punte) is steeds gerieflik voor op die algehele puntelys, gevolg deur Bottas (231), Leclerc en Verstappen (albei 200) en Vettel (194).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lee ·

Baie dom gewees van Ferrari. Leclerc het meer punte as Vettel. Ek sou ook boos gewees het. Baie swak!!

Poot ·

@Lee
Ek weet nie waar jy daaraan kom dat Leclerc meer punte as Vettel het nie. Inteendeel, Vettel is Ferrari se nr 1 bestuurder en ry nogsteeds om n 2de plek in die kampioenskap te kry. Leclerc is soos n klein seuntjie wat nie sy sin gekry het nie. Sy kop het te groot geraak na 2 wenne. Om “pole” met kwalifiserende ronde beteken nie jy wen outonaties nie….. jy moet werk daarvoor. Well done Sabba met die wen.

Vita ·

Charles Leclerce 200 en Vettel 194 dit hoekom Ferrari swak besluit het ; die jong man beter as Vettel

Hannes ·

Stem saam, LeClerc derde op punte leer meet 200 punte en Vettel 5vyfde op punte leer met 194 punte, Nie n goeie besluit gewees nie.

koos ·

As Merc ondersteunder is dit vir my lekker as ander spanne ook wen, minder eentoning sien.
Ek dink hierdie stap van Ferrari was om aan Charles te wys wie is nr 1 en wie is nr 2 in die span.

Henry ·

Koos, jy het loshande die waarheid beet.
MBenz sal moet uithaal om volgende jaar by daai rooi perd te bly.
Vakansie is verby vir MB.

Hermanus Basson ·

As Le Clerq nie sit slaap het in die eerste 20 rondtes nie dan het hy gewen. Hy kon net sy leiding probeer rek maar nee, Hy het nie. Sebastiaan bly n Meester en hy sal weer bo uitkom. Mattia Binotto is ook n beter bestuurder en verstaan die man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.