Gewapende rooftog by Kaapstad-winkelsentrum

Argieffoto: Kent Williamson

Vyf rowers het Sondagoggend op ʼn rekenaarwinkel in ʼn winkelsentrum in Milnerton, Kaapstad, toegeslaan en rekenaartoerusting gebuit.

“Lede van die winkelsentrum se sekuriteit het hulle agternagesit en tydens ʼn hoëspoedjaagtog het die vermeende rowers ʼn motorfietsryer op die hoek van Giel Basson- en Uys Krigerylaan getref,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het verder gevlug en op die hoek van Giel Bassonrylaan en Voortrekkerweg het hulle ʼn motor getref waarna hulle te voet verder gevlug het.”

Lede van die blitspatrollie en Parow-polisie het twee van die verdagtes aangekeer. “Beamptes het beslag gelê op die vuurwapen wat vermoedelik in die rooftog gebruik is, ʼn 9 mm-pistool en gesteelde ware.”

Die polisie is nog op die spoor van die drie verdagtes wat weggekom het.

“Die motorfietsryer en die motoris wat in die botsings betrokke was, is nie ernstig beseer nie. Die twee verdagtes sal binnekort in die hof in Kaapstad verskyn op aanklag van gewapende roof, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en roekelose of nalatige bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wil immigreer ·

Ek sal graag wil immigreer dit gebeur net in suid afrika

JohanR ·

Jy gaan uit met jou fiets of motor fiets op ‘n rustige Sondag in Kaapstad, en die volgende oomblik word jy van jou vervoer afgery deur rowers wat haastig probeer wegkom. Het die verdagtes all boortog gekry? DiT is soe maklik in SA!

skurweberg ·

Die wat bymekaar hoort moet net begin saamstaan om op ‘n wettige manier weerstand te bied teen die wetteloosheid in Suid-Afrika. Se die spreekwoord nie “die goeie sal die slegte oorwin. Selfs jou voorbeeld is ‘n wapen waarvan die krag nie onderskat moet word nie.

humor ·

Ek glo nie hier is nalatige bestuur tersake nie. In n vlug jaagtog sal dit n roekelose bestuur wees met geen agting vir die lewe van ander padgebruikers. Ek hoop hulle trek die ander drie gou vas. Hul moet net die ander 2 laat sing.

Attie. ·

Nie eens ‘n stout kind mag getugtig word nie en dis teen die wet om ‘n skurk te laat sing maar Humor, ek hou van jou humoristiese plan

Sielkunde ·

Dis omdat hulle nooit getugtig is nie, dat hulle nou so uit beheer is. Praaaaaaat tog met die stout kinders, dalk sal hulle dit nie weer doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.