Twee vas wat polisiebeamptes in Durban aanval

(Foto: SA Polisie)

Twee persone is in Lamontville in Durban in hegtenis geneem nadat hulle polisiebeamptes, wat op begeleidingsdiens was, aangeval het. Een polisiebeampte is beseer en ʼn polisievoertuig is beskadig.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes in Lamontville het op 19 September 2019 twee verdagtes, albei 38 jaar oud, in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die Wentworth-landdroshof verskyn.

Polisie het Donderdag die balju van die hof begelei om ʼn uitsettingsbevel op ʼn perseel in Ntulistraat uit te voer toe ʼn oproerige skare hulle gekonfronteer het, het Gwala bygevoeg. “ʼn Groep persone het die polisiebeamptes aangeval en hulle verhoed om hulle pligte uit te voer. Hulle het die beamptes met klippe bestook.”

Twee persone is in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging, aanranding met die doel om ernstig te beseer en openbare geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michael P ·

Mense in my jong dae as jy n polisie man aangeval het. het jy nooit weer die buite kant van n tronk gesien nie. Vandag is daar net geen meer respek vir die gereg nie en die mag van vandag weet ook nie om sulke situasies te hanteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.