Suidkus-ongeluk eis twee

(Foto: Arrive Alive)

Twee persone is Woensdag dood in ʼn ongeluk op die R61 in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Volgens Netcare 911 was ʼn motor en ʼn klein vragmotor in die ongeluk betrokke. “Brandbestryders moes meganiese toerusting gebruik om toegang tot die kajuit te bekom.”

ʼn Manlike passasier in die motor is met paramedici se aankoms dood aangetref. Die bestuurder van die motor het kritieke beserings opgedoen en is met ʼn privaat ambulans na ʼn hospitaal geneem. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

(Foto: Arrive Alive)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yolandie ·

Laat die taxi’s belasting betaal, vat daai geld en bou dan ‘n hele alparte pad vir taxi’s, trokke en swaar voeruie dan sal die ongelukke (op gewone paaie) halveer. Dit is onregverdig dat die gewone mens belasting betaal vir die pad varke en swaar voertuie wat ons paaie so opvoeter!

Nuustak ·

Dit is als goed en wel. Onthou net: as ons die onpadwaardige voertuie ook van die pad kan verwyder, die mense wat onwettige lisensies/ geen lisensie het nie van die pad af kan haal en dan die mense wat onder enige invloed bestuur, kan ons dalk ‘n groter aantal padongelukke keer.

Waarnemer ·

Daardie tipe motortjies bied geen maar geen beskrming in ongeluk situasies nie.Dit is goedkoop gebou om mens oor die weg te help maar het geen veiligheidsstrukture in nie….VW UP,Datsun GO ensv.

Elinette ·

Vandag vir die 1ste keer ‘n VW Up! gesien en nogal by myselwers gedink dáái ou karretjie het nie ‘n kat se kans as dit in ‘n ongeluk kom nie – dit lyk dan asof dit van “tin sheet metal” gemaak is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.