Swaar straf vir moord op 2-jarige Chevonne

Rochelle Botha en Stefan van Niekerk in die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Isabel Venter)

Op die dag van Chevonne Rusch se dood weens erge trauma aan haar skedel, het sy altesame 49 wonde en kneusplekke aan haar lyfie gehad. En Stefan van Niekerk, wat vir hierdie beserings verantwoordelik was, het geen ware berou vir sy dade getoon nie, het die Johannesburgse hooggeregshof Maandag bevind voor hy Van Niekerk twee keer lewenslange tronkstraf opgelê het.

Chevonne se ma, Rochelle Botha, is 25 jaar tronkstraf opgelê.

Die twee is verlede jaar reeds skuldig bevind aan moord, sowel as mishandeling en verwaarlosing.

Die hof het bevind dat Van Niekerk vir Chevonne en haar sibbes gebruik het as voorwerpe waarmee hy gemaak het soos hy wou. Hy het hulle nie gesien as individue in eie reg nie en het, as een van hul primêre versorgers, versuim om hulle te versorg en te beskerm.

Die hof het voorts bevind Botha het willens en wetens gehelp om die mishandeling van haar kind te verdoesel.

“Moeders word dikwels gevier vir hul liefde en sorg, maar dié ma was selfgesentreerd en het die geskreeu van haar kinders uitgeblok en verkies om aan haar naels aandag te gee,” het die regter gesê.

Die hof het ook geen versagtende redes gevind om af te wyk van die minimum voorgeskrewe vonnis nie.

Botha en Van Niekerk het met geboë hoofde geluister toe hulle lewenslange tronkstraf opgelê is vir die moord op die tweejarige Chevonne. Botha het saggies begin huil.

  • Volg Maroela Media vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper ·

TRP geregtigheid het wel geskied maar dit gaan die Engelkind nie terug bring nie en die ma kon dit verhoed het.Hulle het hier op aarde gekry wat hulle verdien maar die hel wag vir hulle met oordeelsdag.

Laurika ·

Ek is baie bly oor die nuus. Hierdie saak het my emosioneel hard getref.

Ilze ·

Hoekom huil jy Botha? Jy het nie jou kind gehelp wat histeries geskreeu het nie.

koos10 ·

Niks sal die poppie terugbring nie. Ten minste het my respek vir ons regstelsel verhoog met die vonnis.

ES ·

Ek kan nie glo daar is mense daar buite wat dit aan onskuldige klein kindertjies doen nie. Julle kan maar lekker vrot in die tronk.

Kokerboom ·

Wrede mense soos die moet VIR ALTYD uit samelewing verwyder word. Verag hul met ‘n passie. Lewenslank te kort straf

AH ·

Die straf is té lig vir die afskuwelike dade wat hulle gepleeg het met die onskuldige kindjie. Doodstraf of 50 jaar sonder parool sou meer gepas wees. Ek hoop hulle kry van hul eie medisyne in die tronk.

Joan ·

Siestog? Saggies begin huil? SAGGIES . . . ? Lewenslank is dalk goed om haar die lang geleentheid te bied om oor haar sonde te tob en aan haar lief klein dogterjie te dink. . . Ek hoop sy kom tot bekering in die tronk, maar moet daar bly vir die hele vonnis, sodat sy vir laaaaaaank kan lê en huil. Sy wil dan HUIL. HUIL maar saggies, HUIL maar hard, ons voel niks vir jou nie, Botha. Mag sy AL die PYN wat sy aan haar kind toegedien het, 100X fisies ervaar. Onbeskaafde monster!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.