Die swanger vrou wat vroeër Vrydag uit die wrak van een van die busse wat in Johannesburg gebots het gered moes word, is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood.
Volgens paramedici was sy glo ses maande swanger.
Twee mense is dood in dié ongeluk wat omstreek 07:00 in Jan Smutsrylaan in Saxonwold plaasgevind het.
Maroela Media het vroeër berig die ander oorledene is vermoedelik een van die busse se bestuurders. Die busse het reg van voor gebots. Nagenoeg 65 mense het geringe tot kritieke beserings opgedoen.
Nee wat hulle het probeer “chicken” speel en werk dit nie uit nie.
Die busongeluk was natuurlik ‘n tegniese probleem.
Daar was iets verkeerd met die “nut” wat die stuurwiel vasgehou het. En dan die wonderlike kommentaar van Wayne Minnaar : “Die ene bus was in die baan van die aankomende verkeer !!!!”
Wonderlik om so’n waarnemingsvermoë te hê.