Talle beseer in Sandton-busongeluk

(Foto verskaf deur Emer-G-Med)

Minstens 20 mense is Sondag beseer in ʼn busongeluk in Rivoniaweg in Sandton.

Emer-G-Med is omstreeks 09:00 na die toneel ontplooi.

“ʼn Munisipale passasiersbus het omgeslaan. Die beseerde persone is behandel en na verskeie hospitale in die gebied geneem vir behandeling,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.