Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorwerp is deur polisiebeamptes tydens ʼn patrollieronde gevind.
“Dit is ʼn sogenaamde ‘dummy’ en nie die regte ding nie. Dit is deur die polisie en weermag gebruik tydens opleiding en oefening.”
Funani het gesê die dalende watervlak van die dam het tot die ontdekking van die voorwerp gelei.
ʼn Foto van die voorwerp is intussen op sosiale media versprei en het sosialemedia-gebruikers behoorlik laat kopkrap oor wat presies dit is.
Lyk amper soos die Kaktus geleide projektiel van die 70 ger jare.
Daar is n Restaurant in Bloemhof. Daar het 2 van die goed by die kroeg se ingang gestaan. Was wit geverf. Soek maar net die een wat dit in die dam gaan gooi het. Jy kan nog die wit verf op die ding sien. ????
oom Albert jys reg. ek dink ek weet wi die skuldige is lol
Wil net se “it wasn’t me I wasn’t there I didn’t do it”
Dis een van my sinkers wat ek daar verloor het tydens ‘n visvangkompetise verlede jaar.
LOL!!! Skerp PW Growwee.
lekker lag ek nou
??????????
Dis beslis die tuig waarmee hulle Gordan maan toe wou pos… en toe dinge verkeerd uitdraai toe gaan gooi hulle dit ver weg waar niemand dit ooit weer sal kry nie…
WhyNot Restaurant se “bom” was beslis 2 jaar gelede
gesteel- dit was deel van talle items wat voor die Restaurant en Pub uitgestal was, om die Museum (steeds by swembad) en die historiese ou huis en Restaurant te bemark. Die “Bloemhofdam bom” se maat is steeds by Chalet 28.
Die “verplasing” van die toestel van die restaurant na die dam hou waarskynlik veband met lawaaiwater.
hahaha net so lol
Maroela Media, julle moet regtig ñ like opsie by die kommentare sit.
Ek hou baie van die voorstel van ‘n “like” opsie.
“Dit is ʼn sogenaamde ‘dummy’ en nie die regte ding nie. Wie krap nog kop?