Tandtegnici sukkel om te registreer

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Kommer heers oor afgestudeerde tandheelkundige tegnici aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT), Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT) en Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) wat nie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Tandtegnici (SADTC) kan registreer nie.

Die departement van hoër onderwys en opleiding het ’n vergadering met die Raad op Hoër Onderwys, die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) en Universiteite Suid-Afrika (USAf) belê om ’n gemeenskaplike begrip van die situasie te kry.

Die departement het die situasie in ’n verklaring bevestig, maar kon nie sê wat die rede is waarom die afgestudeerdes sukkel om te registreer nie.

Luidens die verklaring is daar tydens die vergadering gesamentlik ooreengekom oor ’n pad vorentoe om die lot van tandheelkundige tegnologie-studente te hanteer. Die volgende is ooreengekom:

  • Dat vergaderings op kort termyn met die departement van gesondheid en SADTC versoek word om sake wat deur die studente en universiteite vir tegnologie geopper is, te hanteer en op te los.
  • Dat daar op medium- tot lang termyn aandag gegee word aan enige botsende gedeeltes in wetgewing met betrekking tot akkreditering by kwaliteitsrade, oorsig oor statutêre professionele liggame en registrasie-liggame.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ettienne ·

Ook professionals persone in die gsondhidsberoepe wat reeds geregistreer is, sukkel om hul registrasies te hernu. Maande nadat fooie betaal is staan daar nog op die persoon se profile non-active, en dit is die profiel wat die publiek sien. Redes, die HPCSA, is net nog ‘n instansie wat deur die ANC se kaderontlooing verwoes is. Hulle is bloot net lui, onkundig en oneffektief. Die tyd het aangebreek dat Afriforum of Solidariteit die inisiatief neem om ‘n paralelle statutêre liggaam vir gesondheidsberoepe stig.

Nommer 7 ·

Ja, almal wil “jobs” he^, maar niemand wil werk nie.

Swerwer ·

Dit is absoluut ‘n magsspel van die Regering om nie goedkeuring van registrasie te verleen aan sekere afgestudeerdes en hernuwing van Registrasie vir sekere Medici nie en dit dui alles op onbevoegdheid.

maruis ·

Want diegene wat die registrasie moet doen kan nie skryf nie.

Blikkies ·

Wat ‘n swak verskoning. Stoute kinnders kan beter lieg as dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.