Tesourie se direkteur-generaal bedank

Dondo Mogajane, die direkteur-generaal van die nasionale tesourie (Foto: Treasury.gov.za)

Die direkteur-generaal van die nasionale tesourie, Dondo Mogajane, het bedank.

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het dié nuus Donderdag in ’n verklaring bevestig.

“Mogajane, wie se kontrak op 7 Junie vanjaar verstryk, het verkies om nie sy kontrak te verleng nie. Die direkteur-generaal sal die nasionale tesourie by die verstryking van sy huidige kontrak verlaat om nuwe geleenthede buite die openbare sektor na te streef,” het die minister aangekondig.

Mogajane was 23 jaar lank by die tesourie werksaam. Hy het die laaste vyf jaar as direkteur-generaal van die tesourie gedien.

Godongwana bestempel Mogajane as ’n toegewyde leier wat die departement gelei het in die uitvoering van sy mandaat om fiskale volhoubaarheid te verseker. “Hy verlaat die tesourie op ’n tydstip dat die staatsfinansies herstel van die Covid-19-geïnduseerde skok.”

Die nasionale tesourie het reeds met die proses om Mogajane te vervang, begin. “Die departement is vol vertroue dat ’n waardige opvolger aangewys sal word.

“Die nasionale tesourie het ’n sterk reserwe van bekwame amptenare met uitgebreide ervaring wat sal voortgaan om die diensleweringsverpligtinge van die departement na te kom.”

Die minister het Mogajane vir sy jare lange diens bedank en hom voorspoed vir die toekoms toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Berig moet eerder soos volg lees. “Die nasionale tesourie het ’n sterk reserwe van onbekwame kaders met geen bevoegdhede nie wat sal voortgaan om die diensleweringsverpligtinge van die departement te verwoes.”

Jack ·

Geld is klaar en die hierdie soustrein begin tekens wys van tot stilstand kom.

Elize ·

Ek het op Netwer24 gelees hy het hulle gemaan om die korrupsie uit te roei anders staar ons ‘n gevalle staat in die gesig. Net daarna het Ramaphosa ‘n verklaring uitgereik en dit as bog afgemaak.

Johann ·

Kyk hoe spring die kaders op en af…. Pick me Comrade Cerol . ..pick me!!!!!!!! I will.replace him

Jack ·

Ja nee hy is gevra om sy goedjies te pak. Kan mos nie waarhede verkondig in die land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.