Tien in Vrystaatse taverne geskiet

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

Die polisie in die Vrystaat is op die spoor van verdagtes wat Sondagaand lukraak op klante in ’n taverne in die omgewing van Van Stadensrus losgebrand het.

Tien mense in die voorval gewond.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n snoepwinkel in die omgewing is vroegaand beroof. Die rowers het tydens dié voorval op ’n verbygaande polisievoertuig losgebrand waarna hulle na ’n taverne gevlug het. Niemand in dié voertuig is beseer nie.

Die verdagtes het na bewering net ná 19:00 by hul aankoms by die taverne lukraak op klante losgebrand voordat hulle weer op die vlug geslaan het.

Volgens Makhele is twee slagoffers op die toneel aangetref en behandel voordat hulle na ’n hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling. Nog sewe slagoffers met skietwonde het hulself later by die plaaslike polisiestasie aangemeld terwyl ’n tiende slagoffer met ’n private voertuig na ’n hospitaal geneem is.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van sakeroof en poging tot moord.

Niemand is egter nog in verband met die rooftog by die snoepwinkel óf die skietery in die taverne in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting oor waar die verdagtes hulself moontlik mag bevind, by speurderkonst. Mosala Mositoane by 079 502 5088 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

In Hammanskraal is die drankwinkel langs die R101 ook oop Vrydae. Die grendeltyd regulasies geld net vir ons mense. Our people maak soos hulle wil en kom niks oor nie, wys dat die regering bang vir our people is.

Michael ·

Shebeens het mos hulle eie reels, selfs die regering gedreig met dieselfde tipe aksie as die taxi vakbonde

4ntj13 ·

Snoepwinkel – spaza winkel?
Taverne – shebien?
ʼn Polisievoertuig wat nie die gemeenskap kon beskerm nie… Wie gaan hulle vra om enigiemand wat aangemeld word, te gaan vang? G’n wonder daar gaan sulke dinge op Sondagaande aan nie!

Mallie ·

Hulle mag oop bly maar nie drankwinkels nie. Ai ai wat nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.