Tienermeisies, jong man opgespoor

Annika Lindeque (16), Christiena Diedricks (16) en Rohan Swart (20

Die twee tienermeisies en ’n jong man wat vroeër vandeesmaand in Randfontein aan die Wes-Rand vermis geraak het, is opgespoor.

Sers. Carmen Hendricks, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Annika Lindeque (16), Christiena Diedricks (16) en Rohan Swart (20) is Donderdag ongedeerd in KwaZulu-Natal gevind en is reeds terug by hul ouerhuise.

Hendricks wou nie in dié stadium meer besonderhede bekendmaak nie.

Maroela Media het vroeër berig Lindeque, Diedricks en Swart is op 5 November die laaste keer gesien toe Swart na bewering die tienermeisies by Hoërskool Riebeeckrand gaan oplaai het. Die meisies het die betrokke dag eksamen geskryf.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het een van die meisies na bewering die betrokke dag ’n brief gelaat waarin sy skryf dat hulle gaan wegloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Johan ·

Lyk my die meisies van 16jaar in Randfontein het n probleem!!

Michelle ·

Dit is die rede hoekom mens nie meer reageer wanneer tieners as vermis aangemeld word by Pink Ladies nie…mors almal se tyd.Hulle moet grootword en ouers moet vir hulself dink….

Gert van Wierdapark ·

!Baie goeie nuus! Groot genade dat hul ongedeerd is! Ek glo die nootkreet van die een ma op die “Whats Up” boodskap broer die week, het dalk help on hul uit te snuffel, want dit het soos n veldbrand oor die land versprei.

Cherokee ·

Gert om in die noot te wees moet jy ‘n musikant wees om ten minste musikaal ingestel.

Johan B ·

Almal het raad en straf vir n wegloopkind. As jy nie n ouer is van n wegloopkind nie, bly stil! Ons kind was 5 maande weg en ek en my vrou het 10 jaar ouer geword. Bid dat so iets jou nie oorkom nie. Ek wens nie eers my vyand dit toe nie. Ek het ook nie aan groepsdruk en verkeerde invloede geglo nie want my kind het n goeie opvoeding gekry. Na dese besef ek dis net GENADE VAN BO as jou kinders nie afdwaal nie.

Nie altyd nie ·

Ilze ek stem nie saam nie. Soms is die liefde, omgee, opofferings, bid, laat aand opsit nie die antwoord op n kind se probleem nie. Soms is hulle net wat hulle wil wees maak nie saak wat jy as ouer doen nie en hoeveel jy huil en smeek en vra en verduidelik nie. As n kind n ding wil doen sal hy ongeag van wat jy as ouer doen om dit te probeur voorkom. As tieners dink hulle mos ineek geval die wereld is teen hulle al doen jy wat jy doen as ouer juis om hulle te beskerm van die lewe daar buite.

Kerrie ·

Als kan nie net reggeslaan word nie!!!!
Goeie pak op sy tyd doen wondere, maar dit is nie die antwoord vir alle wegloopkinders nie.
Elke huis het sy eie probleme. Bid vir mekaar en hou op om ander te oordeel.

Kinders word blootgestel aan baie booshede. Bid vir ons kinders dat hulle regte besluite sal neem. En hulle probleme sal oplos deur met hulle ouers of ander betroubare volwassenes sal praat.

Help mekaar. Hou op oordeel!

Ilze Mostert ·

Nee. nie n pakslae. Spesiale liefde van en verhouding met ouers-dis wat skort daar.Dit IS n noodroep ja.

Johan Stoffberg ·

Aan elke kind en persoon wil ek net een boodskap gee wat jy vir jou kind moet leer! onthou en verkeerde besluit kan jou lewe vir altyd vernietig. kyk om jou rond en sien wat so verkeerde besluit doen aan mense. En Ouers ons is gou om te se my kind is deurmekaar met die verkeerde maats, maar is jou kind dalk nie die verkeerde maat nie? Dit laat mens dink!!!

Johan Stoffberg ·

Aan elke kind en persoon wil ek net een boodskap gee wat jy vir jou kind moet leer! onthou een verkeerde besluit kan jou lewe vir altyd vernietig. kyk om jou rond en sien wat so verkeerde besluit doen aan mense. En Ouers ons is gou om te se my kind is deurmekaar met die verkeerde maats, maar is jou kind dalk nie die verkeerde maat nie? Dit laat mens dink!!!

Maria ·

Stem saam. Ek smile net ons as ouers en groot mens maak ook selfde foute maar leer daaruit.

Lee ·

Glo my as dit my kind was…….kinders wil soos groot mense wees. Daar is n probleem met vandag se kinders. Hul het een “lekker” party gehad en die ouers moes worry waar hul kinders is.

Johan ·

Ek pak haar tassie dat sy nie weer by my hek hoef in tekom nie want sy Wil Mos nie daar wees nie

jaco ·

darem baie mense hier wat hulle kinders wil slaan of nog steeds slaan. ek sien klomp klagtes kom van aanranding by die polisie van kinders teen hulle gewelddadige ouers…

KaterinaKat ·

Jaco, vir so n kind sou ek se Nou maar pak jou tassie en neem dit saam, laat die polisie jou maar verder grootmaak.

Martin ·

Jaco, wat is jou plig as ouer? Om maatjies en pelle met jou kind te wees of jou kind te dissiplineer. Pak slae werk. My huis, my reels werk. Ouers verafgod hulle kinders te gou en maklik. Kyk maar hoe gaan dit in die skole.

Ou Wegloopkind ·

Ek het in ‘n liefdevolle huis groot geword, was ook bederf gewees as kind. Ek het ook weggeloop toe ek 17 jaar oud was. Dit gaan nie oor jou opvoeding as kind nie, dit gaan omdat jy wil rebelleer.

Ek het rebelleer teen die besluite wat my ouers namens my gemaak het. Hulle wou net die beste vir my gehad het. Dit het gegaan oor ‘n kêrel wat 5 jr ouer as ek was & my ouers het nie die verhouding goedgekeur nie. Ek het weg geloop, getrou & kinders gekry by hom & eventually geskei. Om na al die jare te sê my ouers was tog reg gewees. In my geval was dit NIE my ouers se skuld nie.

Slim vang eventually sy baas. Daar is ‘n prys om te betaal as mens rebels is.

Nou weet julle klip gooi mense hoe werk ons rebels se mind nè….

Maria ·

Mense beoordeel gou dankie vir jou op eerlik getuie. Ons almal self groot mense maak ook foute en maak ook verkeerde besluite dit waarheid. Al het ons verstand en groot genoeg om te dink.

Nettie ·

@Ou Wegloopkind – ek het self maar goed gerebelleer …. maar ek het gewag tot ná matriek voor ek begin uitrafel het. In ons huis was daar ‘n ongeskrewe reël: jy luister na jou ouers en jy doen wat vir jou gesê word of jy dra die gevolge. Punt, einde van die saak. En ons is grootgemaak met baie liefde, geduld, aandag en die nodige materiële dinge, maar ook genoeg “Boere-sielkunde” (‘afstof’) as dit nou die dag regtig nodig was. Ek was in Std. 9 toe ek my laaste pakslae by my Ma gekry het, en – glo my – dis al 32 jaar gelede en ek onthou daai pakslae nog steeds vandag.

Zelda Boshoff ·

Vrou ek salueer jou vir die eerlike opinie. Jy is doodreg en innie kol. Rebellie het altyd n duur prys en soms moet mens kinders los om daaruit te leer. Baie mense het ook al n vorm van rebellie getoon en dan was die gevolge daarna altyd slegte vrugte om te pluk. So leer mens. So terloops ek het met die buurdogter weggeloop na die buurplaas in n terroriste tyd en gebied. Nodeloos om te se my alie was goed warm gewiks. Nooit weer dit gedoen. En my oudste dogter het wragtig op 5 ook huistoe geloop om by ouma te gaan oorslaap en ha alie ook warm gewiks. Nooit weer nie. Slae werk natuurlik nie vir almal, maar soms wens mens jy was harder gewiks, sodat jy beter besluite kon neem.

WIEBO ·

Gaan mense dit ernstig opneem as kinders weer “verdwyn”/ Ek glo nie so nie. Altyd almal op hol jaag en Pink Ladies betrek. Dis net stoute kinders wat alewig wegloop, en as hul gevind word, swyg Maroela oor hoe hulle gevind is.

Gerda ·

Presies wat my ook kwaad maak….hulle jaag die hele wereld op n knop maar swyg oor die uit einde.

Koos ·

Randfontein, O, Randfontein, probeer julle nou om vir Brakpan n punt te bewys.

Leon ·

As hulle nie wegloop nie, foeter hulle seuns jonger as hulle. Randfontein lyk vir my is ‘n wilde wêreld Moelike vrouens.

Helse Verligting? ·

Net nou die dag nog het die “hele volk” op hulle kniëe geval en gebid vir die veilige terugkeer van die kinders. Nóú wil die een klomp hulle pakslae gee, die ander klomp wil hulle verban en die ander klomp bekommer hulle oor wát in die kinders se huise aangaan. Oor die laaste vyftig jaar van my lewe het wk dikwels gehoor van kinders wat rebelleer en hul sakke pak. Meeste keer terug. Ander vereger hul situasies. Is dit wat hulle gedoen het verkeerd? Ék reken so, daar behoort oop kanale te wees om griewe te lig. Is die omstandighede in hul huise sleg? Weet nie, maar daar is wonderlike skoolberaders met oop deure om mee te gesels. En die ouers? Wel, vir hulle is dit seker ‘n helse verligting dat die “rebelle” terug is by die huis…

E ·

Sulke kinders maak dat ek nou ook sukkel om my eie dogter te vertrou. Sy gee geen rede nie, maar mens weet nooit met wie almal hulle altyd op WhatsApp praat nie en of hulle omgepraat gaan word om so “weg te loop nie”. Gelukkig sit ek die bloue vrees in haar deur te vertel van verkragters en moordenaars ens. Sy is darem baie selfversekerd en ek glo sal sommer enige ou op sy plek sit. Maar mens weet nooit. Ek het ook gese kry ek haar nie waar sy moet wees nie maak ek ‘n ontvoering saak oop teen die ander volwassenes daar,

WAS OOK EEN ·

Stem saam ouwegloopkind…ek was ook een…het gedink my ouers wou net anders en snaaks wees…vandag is ek hulle ewig dankbaar dat ek in n Christen huis groot geword het…die grondslag word wel gele al dink mens op daai ouderdom nie so nie…hoe ouer hoe wyser…vandag is my waardes soos toe ek in huis groot geword het…en probeer mens maar net in vandag se tyd dit na ons kinders oordra met die hoop en God se genade die kinders dit sal volg…

Marisa ·

Hou daai kinders aanspreeklik vir die tyd en geld wat hulle jollery die SAP en Pink Ladies gekos het. Daardie geld en tyd kon dalk vir iemand wat werklik in nood was ‘n uitkoms beteken het.

Hanlie ·

Ai, hoe lank het hulle nou gedink gaan hulle kan “wegkruip”? Bly hulle is gevind, kry net die ouers jammer wat deur hierdie trauma moes gaan.

Roosknop ·

Die Bybel sê moenie die roede spaar nie. Die regering stuur jou tronk toe as jy jou kind wil tugtig. Human Rights wette beskerm die oortreders en die onskuldigs ly daaronder. Daardie kinders moet tronk toe. Finish en klaar.

Ig ·

Ons ken nie die feite nie. Dalk het hulle juis weggeloop weens mishandeling van watter aard ookal.

Me ·

Groot kinders vang ook gemors aan dan kry ouers seer. Hulle maak daarna of niks gebeur het nie

Sandra ·

Daar doen ‘n stem boodskap die rondte van Annika Diedriecks se ma dat hulle nie gevind is nie. Wie Kan bevestig? Ek Kan dit aanstuur as ek moet.

Klippies ·

Mense soek verskonings en probeer die kinders se optrede regverdig.

Dit laat my dink aan twee broers. Die een het n slegte persoon geword en sy alkoholis-pa daarvoor blameer. Die ander een het n goeie persoon geword en gesê dis te danke aan sy alkoholis-pa.

Petrus ·

Stem Johan B. Net die wat nié Kinders het, kan oordeel vel. Wil nie eers dink waardeur julle is – dankbaar al’s het mooi uitgewerk vir julle. 5 Maande, dis verskriklik.

lady ·

Ons het gister ook so stem boodskap ontvang. Is hulle dan na die stem boodskap gekry?

Annie ·

Ek wonder net wat sou hulle nou eintlik bereik met die weglopery? Goeie loesing is al wat hulle kort.

Linda ·

Pak hul tasse en gaan laai hulle by SAP af. Hulle kan dan vir hulle sorg siende dat ouers hul nie mag tugtig nie.

HJ ·

Soek die oorsaak in hulle ouerhuise. Dit is waar kinders gevorm word.

Zel ·

Maak nie saak hoeveel keer daar vermiste kinders is nie, ons MOET elke keer help. Mens weet nooit wanneer dit iets meer ernstigs is nie. Ons kan net liefde en genade toon aan die wat ongedeerd gevind is. Ons almal het al iets simpel in ons lewens gedoen. Hê maar grace!

Niklaas ·

Goeie nuus maar dis presies wat ek vermoed het. Vinnige see vakansie gaan geniet. Geen kommer oor ander eksamens wat nog afgelê moet word nie. En hul arme ouers was sekerlik waansinnig en rasend van vrees oor wat hul kon oorkom. Nie n volwasse ding om te doen nie.

Potjie ·

In baie huishoudings is daar onbetrokke ouers. Wanneer die dag nie begin word en geëindig word met n seëngebed nie (voor enige een die huis verlaat soggens), is daar geen orde nie. Wanorde veroorsaak baie probleme wat daartoe lei dat sommige kinders nie leer wat selfrespek is nie. So ook het sommige ouers nie eers die nodige selfrespek om leiding te neem en toe te sien dat hulle kinders gemanierd grootword nie. Goddeloosheid bring wanorde. Families leef by mekaar verby en mis baie belangrike tekens dat daar groot fout is.

Ook Weg geloop ·

Ek was ook n wegloop kind. Het goeie rede gehad. Is nie een dag spyt nie. Het nooit terug gegaan nie. Vandag is ek gelukkig getroud met n wonderlike gesin. Was dit nie vir die feit dat ek weg geloop het nie kon ek heel moontlik vandag die tronk geniet het. Almal wat so klippe gooi moet dalk stil bly. Jy ken nie die persoon se situasie of omstandighede wat daartoe gelei het nie. Ek is n beter mens OMDAT ek MOES weg loop. Ek het nie n keuse gehad nie. Julle dink daar is hulp maar dis eintlik min. Soms is die predikant, hoof, sielkunde vriende ens bewus van die omstandighede en jy vra vir hulp dan doen niemand niks of hul vergerger net die omstandighede. Ek ondersteun my gesin ten volle. As gevolg van my slegte verlede kan ek vandag n aansienlike verskil maak. Wees maar versigtig hoe jul wil oordeel. Ek was maar ook in n “Christelike huis en n Christelike skool”. Baie mense skuil agter die woord maar dade toon anders. Ek gaan ook nie meer kerk toe nie oor “Christene”. Sekere ” Christene” misbruik die woord. Ek en my gesin glo wel in Jesus en Onse Vader God. Ek behoort nie aan n “dinominasie” nie maar alleenlik aan ons Drie Enige God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.