TLU SA-bestuurder in hospitaal ná hartaanval

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. (Foto: Du Preez de Villiers)

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, is tans in die intensiewesorgeenheid van ʼn hospitaal in Pretoria ná ʼn hartaanval en sal Donderdag ʼn aaromleidingsoperasie ondergaan.

Van Zyl het vanoggend aan Maroela Media gesê hy het Sondagaand ʼn ligte hartaanval gehad en gister voortgegaan met werk, waarna hy later die dag met ʼn pyn in sy bors dokter toe is. Hy is kort daarna in die intensiewesorgeenheid van die Wilgers-hospitaal opgeneem. Hy het gesê hy is stabiel maar gaan moontlik ʼn aaromleidingsoperasie moet ondergaan.

“TLU SA se algemene raad en uitvoerende komitee wens Bennie alle sterkte en ʼn vinnige herstel toe,” het Henry Geldenhuys, president van TLU SA, vandag in ʼn verklaring gesê. “Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om media en besorgdes te vra om Bennie en sy familie se privaatheid in dié tyd te respekteer en hom genoegsame tyd vir herstel en rus te gee. Ons sal soos nodig alle rolspelers op hoogte hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Baie sterkte aan Bennie en in besonder aan sy vrou Elmie. Elmie is ons orreliste. Sy het Sondag gespeel en Bennie was soos altyd aan haar sy. En Sondagaand het Elmie vir ons gespeel tydens ons Kerssangdiens en Bennie was op sy plek. So hy moes daarna siek geword het. Julle is in ons gebede. Baie sterkte!

Veritas ·

Ek is bly die man het betyds die nodige mediese hulp gekry. Ek vertrou die operasie sal goed verloop. Onthou asb dames en here, as jy ‘n pyn of ongemakliheid in jou linkerarm voel, gaan asb onmiddelik dokter toe. Al mors mens nou ‘n paar honderd Rand vir die konsultasie en die EKG. Dieselfde het met my gebeur, ek het dedink dis sooibrand en my spesialis se die meeste skade word gedoen in daai eerste paar uur, ten minste in my geval.

Nettie ·

Sjoe. Sterkte, mnr van Zyl. En familie. Ek bid dat die operasie ‘n sukses sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.