Toegedraaide kraan laat pasiënte dae sonder water

Argieffoto

Pasiënte van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat was etlike dae sonder water gestrand gelaat, nadat ’n stopkraan buite dié hospitaal toegedraai is.

Dévar Smit, VF-LP in die Vrystaat, sê in ’n verklaring die party kon Maandag die oorsaak van die hospitaal se skielike waterkrisis identifiseer, waarna hulle gesorg het dat die water so gou as moontlik oopgedraai word. Die VF Plus het die hospitaal besoek nadat hulle verskeie klagtes ontvang het oor groot dele van die hospitaal wat dikwels sonder water gelaat word. “Water is kritiek vir ’n hospitaal en moet te alle tye beskikbaar wees om die gesondheid van pasiënte te verseker,” sê Smit.

Smit sê dit is nie bekend wie vir die probleem verantwoordelik is nie en die party sal vra dat dit ondersoek word en dat daar teen die skuldiges opgetree word.

Luidens die verklaring is dit egter kommerwekkend dat die departement van gesondheid nie die probleem op sy eie kon oplos nie.

“Dit is ʼn groot verligting dat pasiënte van die hospitaal weer toegang tot lopende water het,” sê Smit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Neels ·

Dit klink maar vir m na een of ander werker wat gegrief is en toe die klep toegedraai het . Erge sabotasie teen die mense in die hospitaal . Se die MRK moet dit ondersoek. Skuus daar is seke nie n lelie hy betrokke nie.

SêMaarNet ·

Sit maar so n geheime kamera op, en vang die blikskottel in sy misdaad – dis nou as hulle wil?

Ongelukkig. ·

Dit is duidelik hulle weet nie van krane nie. Kyk hoe loop die water uit die krane by die plakkerskampe.

Rm ·

Wys maar net hoe n treurige klomp werk daar, daar moet darem seker iemand wees wat weet hoe werk alles, maar soos gewoonlik is dit weer n politieke aanstellig, geen idee wat sy werk werk is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.