Toeris verdwyn dalk op moeilike staproete

Nick Frischke (22) word tans in die Wes-Kaap vermis. Hy het by ’n gastehuis in Pinelands gebly. (Foto: SAPD)

Die vermiste Duitse toeris het glo ʼn Uber na die Tafelberg Nasionale Park geneem en daarna in die rigting van die Karbonkelberg-voetslaanpad gestap, voor hy verlede week vermis geraak het.

Dit volgens die kennisgewing wat onder andere deur Nick Frischke (22) se familie en die Facebook-groep Germans in Cape Town gedeel is.

Dié staproete is glo moeilik en sosialemediagebruikers het intussen ʼn beroep op ervare stappers gedoen om ook na Frischke te help soek.

Die kennisgewings wat tans op sosiale media gedeel word. (Foto: Facebook)

Hy word sedert 15 Februarie vermis. Maroela Media het vroeër berig dat hy die gastehuis waar hy in Pinelands gewoon het, omstreeks 10:00 op die betrokke dag verlaat het. Hy het egter nooit weer teruggekeer nie en sy besittings is steeds daar.

Sy broer, Tom, het ook op Facebook aangedui dat dit die laaste datum was waarop hulle van Frischke gehoor het.

Frischke, wat in Suid-Afrika vakansie hou, het volgens Tom ook nie op 16 Februarie opgedaag vir die branderplankrylesse wat hy vooraf bespreek het nie.

“Ons weet nie wat om te doen nie en dink dat hy hom in ʼn hulpelose situasie bevind,” het Tom vroeër gesê.

Frischke is voor sy verdwyning by ʼn winkel in die V&A Waterfront gesien, en luidens inskrywings op sosiale media is hy op kringtelevisiekameras vasgevang waar hy in die rigting van die Karbonkelberg-voetslaanpad op Tafelberg geloop het. Dit is glo op 15 Februarie geneem.

Die kennisgewings wat tans op sosiale media gedeel word. (Foto: Facebook)

ʼn Uitgebreide soektog na hom – met behulp van helikopters en hommeltuie – het niks opgelewer nie. Sy selfoon kan ook nie nagespoor word nie.

Tom het op Facebook ook by hospitale gepleit om seker te maak dat sy broer nie dalk daar opgeneem is nie.

Die polisie kon nie Maandag by navraag enige nuwe inligting oor die saak verskaf nie. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Perdeby ·

lees die laaste deel van die berig. op sosiale media is hy op kringtelevisiekameras vasgevang waar hy in die rigting van die Karbonkelberg-voetslaanpad op Tafelberg geloop het. Dit is glo op 15 Februarie geneem.

Hennie ·

Allen stap op Tafelberg? Hierdie gaan nie goed eindig nie….

Marcello ·

Ek is jammer vir sy familie, maar wanneer gaan toeriste besef dik is uiters gevaarlik om vakansie in SA te hou, en veral aleen te beweeg. ???????

domheks ·

Goeie rapport vir SA toerisme! Ek sal alle buitelanders aanbeveel om te bly waar hulle is. Geen wette, geen polisiemag. Net ‘n klomp narre.

Eugene ·

Eintlik. Moenie in suid-afrika kom toer nie. As jy wil sterf, kom suid-afrika toe.

Truth2bfree ·

Jy lees duidelik nie internasionale nuus nie. Moet nie dink net oulike dinge gebeur in ander lande nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.