Sommige van die kunsversamelaars, wat die uitstalling bygewoon het, het aanvanklik gedink dit is deel van ʼn kunsuitvoering of ʼn voorafbeplande toertjie.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Februarie 2023
Meld slaggate in Pretoria só aan
As gevolg van die skade wat die afgelope paar weke se swaar reëns veroorsaak het, is die paaie in Pretoria in ’n bedenklike toestand. Daar is bykans nie ’n straat in die stad ontsien van reuse-slaggate nie wat ’n veiligheidsrisiko vir motoriste en pendelaars inhou.
ToekomsVenster: Die Here het my mooi gemaak
Mooi omdat elkeen ʼn beelddraer van die lewende God is. Elke mens herinner dus aan die God van hemel en aarde. Wanneer ons na mekaar kyk moet ons van God bewus word. Ons is heenwysers na die Vader.
Departement swyg oor hantering van Covid-19-data
Die departement van gesondheid se databasis het inligting bevat soos die voornaam, van, identiteit- of paspoortnommer, residensiële adres en uitslag van Covid-19-toetse van mense wat in kontak gekom het met iemand wat Covid-19 opgedoen het of wat self die virus opgedoen het.
Twee kom om in Paarl-brand
Sake is bemoeilik vir die plaaslike brandweer deur ontstoke inwoners wat moes toekyk hoe hul besittings deur die brand verwoes word. Hulle was kwaad oor ʼn gebrek aan ekstra water om die brand te bestry.
ANC-raadslid tronk toe oor politieke moorde
Die slagoffers was albei aktiewe lede van die ANC in hul onderskeie gemeenskappe.
Kragsentrales steier terwyl Eskom skarrel om ligte aan te hou
Dit is die vierde keer die afgelope twee maande dat Eskom gedwing word om fase 6-beurtkrag in te stel, maar volgens die Eskom-hoof is die algehele ineenstorting van die netwerk egter nie op hande nie.
‘Hoë regeringskuld’ speel sleutelrol in begroting
“Die regering is weens lenings wat vantevore aangegaan is eenvoudig nie in die posisie om die verwagte beleidsbenadering te volg om resessietoestande teë te werk nie.”
Tropiese storm kan ook SA raak
Die tropiese storm Freddy is tans sowat 400 km noordoos van Mauritius en kan verdere skade aan vloedgeteisterde gebiede in Suid-Afrika aanrig.
Boeremarkte skep waardering vir kos
Boeremarkte is opwindende plekke waar daar altyd ʼn vrolike kermisatmosfeer heers, vriendelike mense met mekaar sosiaal verkeer, en verbruikers by boere uitkom.
Saak teen ‘plaasaanvallers’ laat vaar
ʼn Veiligheidswag wat verlede week tydens ʼn plaasaanval in Franklin gewond is, is intussen uit die hospitaal ontslaan.
Duur motors, gholfkarretjie gevat oor Eskom-korrupsie
“Hierdie bates is gekoop met geld wat vanuit die korrupte tender by Eskom se Kusile-kragstasie bekom is.”
Man en vrou sterf ná bylaanval in Ermelo
Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy ʼn ongeluk met een van die slagoffers se voertuie gemaak het.
Gestrande paartjie met heli by landgoed gehaal
Aanhoudende reën het wydverspreide oorstromings in dele van Parys en die Vaaldriehoek veroorsaak.
Musiekvideo: Nou dans Riaan Grobler éérs
Riaan het sy kollega by Pretoria FM se troue herskep vir die maak van die video.
R405 miljoen aan Life Esidimeni-slagoffers betaal
Die betalings is nodig, maar kan nooit ten volle vergoed vir die lyding en verlies aan lewe nie, sê die DA se Jack Bloom.
Alternatiewe begroting: Dís wat ekonomie benodig
Die DA wil hê die regering moet onder meer die land se skuld pak en meer hulp aan kwesbare Suid-Afrikaners gee.
Wen: Word ʼn melktertmeester
Spog vanjaar met die lekkerste melkterte! Hierdie stel bevat alles wat jy nodig het om ‘n melktertmeester te word.
Wen: Vier fees in die Jakarandastad by Proe’toria
Tien gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie vir die Proe’toria-fees wen.
Kameelmelkery gedy in die Kalahari
In die Midde-Ooste word daar intensief met kamele geboer wat baie uitdagings vir veeartse bied, maar in die Kalahari sukkel ‘n boer glad nie met siektes nie.