ANC-raadslid tronk toe oor politieke moorde

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Lucky Bethwell Mbuzi (47), ʼn voormalige wyksraadslid in die Winnie Madikizela-Mandela- plaaslike munisipaliteit, is gevonnis in verband die moord op twee van sy politieke teenstanders voor plaaslikeregeringsverkiesings.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê Mbuzi is twee lewenslange vonnisse opgelê in die hooggeregshofsitting in Mbizana. “Die hof het hom ʼn verdere 21 jaar tronkstraf opgelê op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die hof het bepaal dat dit gelyklopend saam met een lewenslange vonnis uitgedien sal word.”

Die slagoffers was albei aktiewe lede van die ANC in hul onderskeie gemeenskappe en het politieke ambisie gehad. “Hy wou egter nie enige teenstand hê nie. Hy het twee lede gedreig as hulle aan die verkiesing sou deelneem waartydens daar bepaal moes word of hy uit sy posisie as raadslid verwyder moet word.”

Hleliphi Mashusha Thotshe is op 10 Maart 2021 by haar huis in Mbangweni doodgeskiet. Mduduzi Madikizela is op 16 April 2021 deur twee mans in sy huis in Tshamathe aangeval. Hy is noodlottig gewond.

“Die polisie se ondersoek het tot Mbuzi se inhegtenisneming gelei. Twee mans, onderskeidelik 23 en 29 jaar oud, is ook in hegtenis geneem.”

Die vuurwapens wat met die misdade verbind is, is in Mbuzi se besit gevind.

“Tydens die hofsaak het Mbuzi skuld ontken, maar sy twee medepligtiges, wat later deur die hof vrygespreek is, het getuig dat hy hulle oorgehaal het om sy teenstanders dood te maak.”

Barry Madolo, provinsiale direkteur van openbare vervolging, het senior staatsadvokaat Mduduzi Mzila en die ondersoekbeampte geloof vir die suksesvolle vervolging. “Polities gemotiveerde moorde is ʼn bedreiging vir demokrasie. Om die oortreders vas te trek versterk vry en regverdige politieke aktiwiteit. Dit laat gemeenskappe toe om kandidate van hul keuse te verkies,” het Madolo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Ja shure. Hy gaan seker ook ZUMATITUS ontwikkel en by die huis mag bly.

Nie Verbaas ·

Verstaan ek reg? Twee medepligtiges wat n persoon noodlottig gewond het is vrygespreek?

Lillian ·

Hys maar een wat gevang is daars baie meer van die gevalle wat net eenvoudig toegesmeer word.

Jay ·

Die twee wat vrygespreek is van die politieke moorde omdat hulle oorgehaal was……….hoe dan vra ek mos ook??

Kalla ·

Wat is die nut daarvan as ‘n vonnis gelyklopend uitgedien word, hoeveel geld word gemors op ‘n hofsaak en dan is dit die uitspraak? Dit gaan my verstand te bowe!

Veronika ·

Okay sy medepligtiges wat die actual moorde GEPLEEG het is vrygespreek………..??????

Piet ·

Hierdie is mense “wat onder die bus” gegooi word. Die groot besluitnemers moet aangevat word, nie die “no-name brands” nie, hulle sal saam met die grootes val.

Blikkies ·

Niks minder verwag van die ANC lede wat mekaar uitmoor nie, en ook niks minder verwag van ons howe wat moordenaars vryspreek nie. Die hoof beskuldigde ANC lid kry twee lewenslange tronk strawwe met n bykomende 21 jaar wat saam uitgedien word as een vonnis, wat net ‘n derde van die straf tyd moet uitdien, en as hy soet is sommer eersdaags sal uitkom en siedaar, terug op die voete en gaan aan waar hy gestop het. Slegs die Doodstraf sal hierdie land dalk kan red van ondergang.

Di ·

Baie van sy soort in die ANC kringe. Wanneer hy eendag uitkom kwalifiseer hy om president van die land te word

Belinda ·

niks verbaas my nie – hulle kan mos doen net wat hulle wil..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.