Wen: Vier fees in die Jakarandastad by Proe’toria

Proe’toria vind weer binnekort in die Jakarandastad plaas.(Foto: Maroela Media)

Daar word weer binnekort in die hartjie van die Jakarandastad fees gevier wanneer ʼn rits gesogte Suid-Afrikaanse kunstenaars en kosfynproewers by die jaarlikse Proe’toria-fees byeenkom.

Dié opwindende kos- en musiekfees vind op Saterdag 4 Maart en Sondag 5 Maart by Botaniese Tuin in Pretoria plaas.

Feesgangers kan weer uitsien na stalletjies met uitsoekkos, lekkernye, kuns, jenewer, kunsbier en wyn, en die grootste name in die musiekbedryf op een verhoog. ʼn Handjievol wynplase gaan hulle uitsoekwyne in die wyntuin beskikbaar stel.

Kunstenaars sluit in Sunset Sweatshop, Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Ricus Nel, Demi Lee Moore, Jemma Catherine, Alba V, en Die Kontrak se Samantha Leonard en Dodo Nyoka.

“Die Proe’toria-fees is die perfekte fees vir ons gesin, aangesien daar soveel verskillende kossoorte is om aan weg te lê,” het Bobby van Jaarsveld onlangs in Maroela Media se ateljee gesê.

“Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse feeste is my gunsteling, want dit voel asof ons as ʼn familie bymekaar kom om lekker saam te eet en kuier. Ek voel gemaklik en tuis tussen my mense op Afrikaanse feeste.”

Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.

WEN:

Die kompetisie het gesluit.

Tien gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie vir die Proe’toria-fees wen – vyf vir Saterdag 4 Maart en vyf vir Sondag 5 Maart.

Een gelukkige leser kan ook ʼn VIP-kaartjie vir homself en drie vriende vir óf die Saterdag óf die Sondag wen.

Skryf vir die kompetisie in deur die vorm in te vul. Die kompetisie sluit op Sondag 26 Februarie om middernag. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Sondag 26 Februarie om middernag.
  • ’n Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.