Tokai-moord: Pa kry oproep van dogter se foon

Franziska en haar pa Andreas

Franziska en haar pa Andreas

Die 16-jarige meisie wat Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor is, se naam is bekend.

Thomas Knemeyer, ʼn raadslid van die Constantia Waldorf-skool, het bevestig Franziska Blöchliger was ʼn gr. 10-leerling aan die skool. “Sy was ʼn skaam teruggetrokke meisie. Sy was vriendelik,” het Knemeyer gesê. Volgens hom is daar Dinsdagoggend ʼn roudiens by die skool gehou. “Ons gaan ook vanaand ʼn optog hou in solidariteit. Mense van die gemeenskap gaan saamkom. Tokai-woud is ʼn gewilde plek waar mense stap en draf.”

Volgens Knemeyer, wat by Franziska se ouers was toe Maroela Media met hom gepraat het, het Franziska se pa, Andreas, Maandag omstreeks 17:00 ʼn oproep van sy dogter se foon af ontvang. “Hy kon iemand anders se stem hoor. Ons vermoed dit was moontlik die persoon wat haar vermoor het. Die foon is ons grootste hoop dat die polisie die skuldige sal vastrek.

Maroela Media het vroeër berig dat Franziska Maandagmiddag saam met haar ma en suster met die gesin se hond in Tokai gaan stap het. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verder aan weer ontmoet. Haar ma het bekommerd geraak toe sy na ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en alarm gemaak. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se lyk is Maandag omstreeks 18:15 in Dennedalweg gevind. “Ons vermoed sy is verwurg.”

Knemeyer het gesê Andreas is van Switserse afkoms en sy vrou, Shireen, van Russiese afkoms. “Hulle het dubbele burgerskap en is ʼn baie groot familie. Die moord op Franziska raak baie mense.”

Maroela Media verneem die gesin woon in Muizenberg en dat Andreas en Shireen ʼn gastehuis in Kalkbaai besit en bedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hannelie ·

Hoekom haar vermoor?? Wat gaan met die land aan en die mense? Sy is so jonk, wat wou die persoon bereik deur haar te vermoor? Ag nee so lees mens elke liewe dag in die media van sinnelose moorde. En die moordenaars hou net aan en aan en aan. Sterkte aan die meisie se ouers.

Elfie ·

Ek dink regtig aan hierdie arme mense en hoop net hulle staan bymekaar in hierdie slegte tyd. Baie sterkte aan almal wat heirdeur geraak word. Ek hoop die polisie maak heirdie ‘n prioiteitsaak, dis ‘n absolute skande dat mens nêrens meer ons land kan geniet nie. Ons is mense vir die buitelewe want ons het ‘n lieflike klimaat en dan gebeur sulek dinge. Dis onnodig en as daar nie gou iets aan gedoen word sal hier plek ook as onveilig gereken word en dis absoluut nonsens dat osn dit net aanvaar.

Soo gesê ·

….ek wil nie eers daaraan dink nie maar die kanse is goed dat die arme kind verkrag is ook. Ai ai RIP meisie. Die arme ouers > Sterkte

Sims ·

Soo gesê; is dit nou wraggies nodig. Jy kon dit vir jouself gehou het, nee man. Die arme mense is reeds getraumatiseerd, nou insinueer jy dit. Waar gaan sulke snert eindig

Sims ·

Soo gesê…..hou op sulke dinge insinueer.Maggies, het jy geen respek vir die naasbestaandes nie.

Hector Jooste ·

Hierdie dinge sal slegs endkry indien die doodstraf heringestel word. Enige iemand wat hierdie stelling van my betwyfel, vergelyk maar net ons situasie in Namibië en in Suid-Afrika met die in Botswana. Die logika van die saak is glashelder.

Jan Botha ·

Hector, jy is duidelik nie bekend met wetenskaplike navorsing rondom die doodstraf nie; nog minder verstaan jy die paradoks dat mens nie lewe kan omhels as kosbaar deur uitsonderings op iemand anders s’n te wil maak nie; nog minder verstaan jy dat die misdadigers wat hierdie dade breek reeds so stukkend is dat enige straf nouliks as ‘n afskrikmiddel geld. Ek verkies dat ons eerder p beginsels bly staan en nie toelaat dat die beginsels afgebreek word deur misdadigers nie. Die probleem in ons hartseer land is dat ons in die eerste plek nie sterk genoeg op beginsels bly staan nie en juis toelaat dat dit die heeltyd gebreek word (soos mense wat omkoopgeld aan verkeersmense betaal ens.). Dus, jou voorstel is ongelukkig deel van die probleem (ek waardeer dat jy dit goed bedoel, maar sal nie help nie, veral wanneer regsmense hulself eers begin verryk).

Johann Marx ·

Jan, ek wil jou antwoord op jou bydrae, maar dit gaan te lank neem. Ek sê ook NEE vir die doodstraf, maar beslis JA vir die “reg om nie te lewe nie”. Dan kan elke burger van die land self oor die uitkoms van sy lewe besluit na gelang van sy dade teenoor die gemeenskap. Ek weet nie of Maroela my gaan toelaat nie….maar e-pos my by [email protected], dan verduidelik ek vir jou. Ons land en sy mense kan nie so voortgaan nie. Ek hoor graag van jou.

Wynand ·

Ek stem vir die doodstraf.
Wie stem almal saam?
Kan maroela n petisie opstel daarvoor?

Lourens ·

Stem saam met jou so gou moontlik en hang hulle sommer in die openbaar dat almal kan sien wat gebeur met jou as jy ‘n misdaad pleeg, sal dalk net ‘n paar moet hang en ja begin ‘n petisie vir die doodstraf

Bytjie ·

JA vir die doodstraf; maar wie dink julle gaan dit goedkeur? God se Woord sê ‘n oog vir ‘n oog …

Dink 'n bietjie ·

Wynand het jy al bietjie gaan sit en mooi nagedink oor wat jy vra? Almal kla steen en been oor die boere en ander van ons wat vermoor word. Nou wil jy vir die Regering ‘n “wettige” manier gee om van meer van ons ontslae te raak. Dink jy vir een enkele oomblik dat hulle die regte moordenaars gaan ophang? Nee hulle sal ons een vir een vir die geringste oortreding die doodstraf gee. So dink weer en as jy nog dink dit gaan die moordenaars en wreedaards afskrik, maak dan ‘n voorstel.

Suzette ·

@dink ‘n bietjie: Se ek ook. “Wees baie versigtig waarvoor julle vra” Dan gaan ons op “hulle wettige manier”, soos mossies afgemaai word. Kyk maar na die rasse ding. Dis belaglik. Ons gaan vir niks aangekla en skuldig bevind en gehang word. Ons word reeds soos skuim in hierdie land behandel. Nee wat, ek stem geregtigheid moet begin geskied, maar doodstraf…….Baie dom.

Callie ·

Rip meisie, em meegevoel vir famielie. Die wat die doodstraf wil terug bring het geen benul waarvan hul regtig praat nie, in die land van ons wie dink jul gaan die dood straf aan toe gedien word… Defnitief nie die skuldiges nie. Die polisie is ook niks werd nie bewaak en bewapen julself dis die enigste manier om te oorleef

Begin iets doen ·

Dit is maar net dood eenvoudig tyd dat ons iets begin doen – om dag na dag kommentaar te lewer op al die moorde gaan niks help of verander nie. Moenie vir my vra wat ons moet doen nie, ek dink daar is baie van julle wat beter planne kan maak – ek verstaan ook dat solank ons wonderlike grondwet die reg op lewe waarborg, die doodstraf nie kan terugkom nie – so ons sal eers die grondwet moet verander, dan sal ons goeie polisie moet kry – wat nie in die volgende dekade gaan gebeur nie……….. en daar verloor ek perspektief – ek wou maar net sterkte aan die familie se – my kind is 13 jaar gelede oorlede – en dit word nie beter nie………….

Jan J. Claassen ·

Interessante kommentare.

In die regspraak word daar gese dat ‘n vonnis wat opgele moet word, ‘n gepaste vonnis vir die misdaad wat gepleeg is, moet wees. Dit moet ook as afskrikmiddel dien. Wat is tans die gepaste vonnis vir moord in hierdie land? Almal van ons weet dat dit lewenslank is. Is dit ‘n afskrikmiddel? Nee!!!

Die moordenaar word vrygelaat nadat hy ‘n gedeelte van sy lewenslange vonnis uitgedien het. Net om weer te moor. Dan is daar ook die absurditeit in ons reg dat veelvuldige lewenslange vonnisse gelyktydig uitgedien word. ‘n Situasie van ‘n paar moorde vir die prys van een.

Wat kos dit die belastingbetaler om hierdie moordenaars vir meer of min 20 jar in die gevangenis te hou. Miljarde rand wat baie meer konstruktief op ander plekke aangewend kon word. Waar gaan hierdie verkwisting van belastingbetalers se geld eindig? Probeer maar self die somme maak. Dit is ‘n geen wen situasie.

Die wat redeneer dat die ANC die doodstraf sal gebruik om wittes uit te moor, dwaal. ‘n Moordenaar wat moord pleeg, wit of swart, moet ‘n gepaaste vonnis kry.

Myns insien is die enigste gepaste vonnis vir ‘n halsmisdryf, wat moord insluit, die doodstraf.
Hierdie land kan nie enige andfer vonnis bekostig nie.

josephine hendricks ·

ek wonder maar net wat gaan deur n moordenaar se kop wanneer hy die daad pleeg.ek is groot gemaak moenie aan n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie;so maak n einde aan sy lewe soos wat hy sy slagoffer se lewe beeindig het.

Roxy ·

Doodstraf beslis n ja. Hoe kan enige een nog daaroor twyfel in die moordadige land gaan my normale verstand te bowe

Estelle ·

Johann Marx, ek sal ook graag wou hoor wat jy te sê het, jou kommentaar is altyd insiggewend en interessant. Het ongelukkig nie op die oomblik toegang tot e-pos.

Hanna Deyzel Stander ·

Bring assebief dood straf terug – Ons land se mense – alle rassegroep . Kan nie so vermoor word nie.
JZ sal moet intree en ons land beveilig !!!!

pretorius hibbers cahrine ·

“Jz sal moet intree, en ons land beveilig” met alle respek, hy is self al paar keer aan verkeerde kant van gereg gewees…hy besteel belangstingbetalers….dis soos om vir wolf, skaap wagter te maak…as president is hy pleinweg ‘n ramp, en ‘n grap vir die wereld….so hoe dink jy, gaan jz situasie ontlont en red? Hy is ‘n skande vir elke wets gehoorsame Suid-Afrikaanse burger…

Johan ·

Natuurlik werk die doodstraf, is baie, baie effektief, dit kom met ‘n waarborg . Die skuldige sal nooit weer kan moor nie, maar in die hande van hiedie land se gereg, klink na ‘n gevaarlike besigheid.

Hannes marais ·

Nooit is n lang tyd maar nooit sal die doodstraf terug gebring word solank as wat die kommunistiese anc regeer nie..waak en bid my volk sodat die son nie vir ons blanke volk hier aan die suidpunt van afrika sal ondergaan nie

Thea Strauss ·

Hart gaan uit aan al haar geliefdes. Ons almal, oor alle kleurgrense, al moedeloos met al die geweld. Polisie-beamptes in kernposte onbevoegd en soms self aandadig aan misdaadrekord.

Tina Thiart ·

Elke dag word jong vroue vermoor, verkrag en aangerand. Jong vroue en dogters is die nuwe target van geweld. Kom staan saam teen geweld teen jong vroue. #1000Women1Voice 12 Mei by KIKS…

m ·

Dis net die doodstraf wat ons in hierdie land gaan red van hierdie moordenaars. Die regering moet begin wakker word en sien wat gebeur want duidelik hou hulle hulle blind vir wat aangaan. Elke liewe dag lees ons van hierdie sinnelose moorde.

Bytjie ·

Bring die doodstraf terug? Ja!! ongelukkig is dit die meerderheid se stemme wat gaan tel en natuurlik sal hulle ‘nee! stem. Dan sal ons een van hulle in ‘n museum moet laat balsem sodat ons agterkleinkinders darem kan sien hoe het ‘hulle’ gelyk!

jeanne ·

Jan Botha, jy hoef nie mense met ander opinies as jyself te probeer verkleineer nie. Dit kos NIE ‘n wetenskaplike om te sien hoe smeek mense in ander lande waar die doodstraf wel nog toegepas word, om NIE dood te gaan nie. Hulle gaan allerhande pleitooreenkomste aan, vra vir ‘n re-trial, hulle gebruik al hulle appelle een na die ander, dink jy regtig hulle sal dit doen as die doodstraf nie ‘n afskrikmiddel was nie? Mense met ander opinies is NIE deel vd probleem nie, die moordenaars en skurke wat nie ordentlik gestraf word nie, is die enigste probleem. So wat stel jy voor vir ‘n moordenaar wat ‘n 16 jarige meisie doodmaak? Terapie? Of wat se jou wetenskaplike navorsing werk die beste vir hom? Nonsens man. Die moordenaars in hierdie land is bang vir niemand en niks nie, want hulle weet hulle is een vd dae weer terug op straat om aan te gaan met hulle dinge. JY kan nie miljoene mense opvoed nie, die sisteem is foutief, die moordenaars en bedrieers is die skuldiges, nie mense met ander menings nie.

Alet ·

Ek was ook n voorstander van die doodstraf maar ons regstelsel is n absolute klug waar geen regverdigheid meer is nie so dit gaan die regering n wettige manier gee om die witmense af te maai by die hope! 100 jaar terug sou dit gewerk het maar nie nou nie!!!!!!!!

Elize ·

Dalk is die kaap oor die algemeen ‘n veiliger plek as gauteng en daarom gaan draf en stap mense in die bos, maar daar is nie ‘n manier dat ek dit in gauteng sal waag nie. Verstaan glad nie hoekom mense dit nog doen nie.

jaco ·

Met hulle Russiese en Switserse herkoms EN hulle dubbele burgerskap kon hulle LANKAL hierdie land met die wereld se ergste misdaad verlaat het. Meeste slagoffers van misdaad in SA kan nie die land verlaat nie en moet maar net daarmee saamleef. Voor jy hervestig in ‘n ander land, doen eers jou huiswerk goed en vind uit van goed soos misdaad, lewenskoste ens ens. Nou het ek nie meer soveel simpatie met hierdie mense nie.

Rikku ·

Wat het geword van die Man wat hom ‘n tyd gelede in dieselfde woud ontbloot het ?
DIt is so siek dat ‘n onskuldige kind so wreed vermoor word. Wat gaan aan in ons wettelose land ?
My innige meegevoel aan die Familie. Mag God julle dra in hierdie moelike tyd.

Esther Pienaar ·

So dom soos n pot grond is hierdie “mense”. Vermoor n pragtige onskuldige kind en dan bel hul nog van haar foon af!! Die mentaliteit van NIKS!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.