‘Toks ʼn Tjops’ eersdaags sonder Toks

Toks van der Linde op die stel van ‘Toks ‘n Tjops’. (Foto: Facebook/Toks ‘n Tjops)

Die gewilde kykNET-program Toks ʼn Tjops sal eersdaags sonder een van sy kernaanbieders, Toks van der Linde, uitgesaai word.

Van der Linde, ʼn voormalige Springbokstut, het Sondagaand sy bedanking as aanbieder van dié program op Facebook aangekondig.

Van der Linde kuier reeds sedert 2011 elke Vrydagaand in sitkamers landwyd as aanbieder van dié rugbygeselsprogram.

Hoewel die aankondiging intussen van sosiale media verwyder is, lyk dit asof Van der Linde wel nie meer Vrydagaande saam met Janina Oberholzer en Breyten Paulse die program gaan aanbied nie.

Dit is egter nog nie bekend presies wanneer Van der Linde nie meer op die kassie te sien gaan wees nie.

Van der Linde se Facebook-inskrywing het daarop gesinspeel dat ʼn vertrouensverhouding tussen hom en Liebie Opperman, vervaardiger van die program, verbrokkel het.

“Ek het besluit to call it a day, 12 jaar was awesome maar die laaste tyd het die vertroue tussen my en Liebie verbrokkel. kykNET was amazing vir my, dankie dankie [sic],” lui die inskrywing, wat nie meer op Facebook te vinde is nie.

“So ek maak klaar met Toks ʼn Tjops, so leer jy mense ken. Dankie vir almal se support oor 12 jaar, baie lief vir almal van julle,” het Van der Linde geskryf.

Toks van der Linde saam met (van links na regs) Tommy Dickson, oftewel sjef Vaatjie, Janina Oberholzer en Breyten Paulse. (Foto: Facebook/Toks ‘n Tjops)

Suzaan Keyter, senior bestuurder van publisiteit kykNET-kanale en woordvoerder vir kykNET, het aan Maroela Media bevestig dat Van der Linde wel die program gaan verlaat.

Keyter sê die span van kykNET was ook “verbaas” oor Van der Linde se skielike bedanking, aangesien hy al heel jaar deel is van die beplanning vir 2023 se programme.

Toks ʼn Tjops is al sedert die Rugbywêreldbeker in 2011 ʼn gewilde staatmakerprogram op kykNET. kykNET en die produksiemaatskappy is ook al vir maande in gesprekke met die aanbieders oor hoe die program in 2023, weer ’n wêreldbekerjaar, gaan lyk,” sê Keyter.

“Toks was van die begin af deel van ons planne vir hierdie opwindende nuwe seisoen en hy het ook ingestem om betrokke te wees. Ons was daarom verbaas om Sondag te sien dat Toks op sosiale media bedank deur aan te kondig dat hy nie meer ’n aanbieder op die program is nie. Ons is dankbaar vir Toks se jare lange passievolle diens en wens hom alle voorspoed en sukses toe.”

Maroela Media het Van der Linde om kommentaar genader, maar hy verkies om nie in die stadium oor die aangeleentheid uit te brei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Sarel ·

Bedank deur Sosiale Media of te wel FB..
Klimk vir my nie lekker nie

Morné ·

Respekteer die man vir wie hy is, en sy redes. Cheers Tokka, God seën jou planne vorentoe.

Phillip ·

Plae my min wat op die kassie aangaan , want ek het nie n tv nie. Radio Pretoria is vir my goed en in Afrikaans , radio Pretoria gebruik ook goeie taal as die tv

SwartBees ·

Motshidisi Mohono sal briljant wees in die aanbieding pos. Sy ken rugby.

MakersMark ·

Wha whhaa whhhaaa……..Liebie was seker moeg vir al die snertgepratery.

duiweboer ·

Dit is vir my Baie verbasend dat Toks op sosiale media bedank. Ek Sou eerder Se hy moes n professionele bedenking gedoen het.

George ·

Ouer mense gaan moet wakker word, social media is 100% aanvaarbaar.

Nommer 7 ·

George, nie waar nie. ‘n Bedanking is slegs geldig indien ‘n werkgewer dit goedkeur. Niks verplig ‘n werkgewer om konstant ‘n werknemer se FB dop te hou nie

Corne123 ·

Wel noem dit nou maar Breytie se vaste 5 dit eklgeval wat die program die afgelope jaar indien nie langer oorheers het nie.

Louis ·

Nog n program op kyknet wat ek dan nie meer gaan kyk nie. Kyknet se provramme raak al hoe slegter dan word die engelse advertensies in ons kele afgsdruk.

Piet 6 ·

En meeste van die programme begin laat as gevolg van die baie advertensies. Met ń koerant kan jy meer bome afkap om nog papier te kry vir meer advertensies. Op TV is daar net 60 minute in ń uur en jy kan nie meer minute kry deur ń boom af te kap nie.

Samuel ·

kykNET se program inhoud word beslis swakker by die dag. kykNET se sogenaamde Afrikaans is deurspek van anglisismes en Engelse uitdrukkings. Dit is egter jammer om Toks te verloor.

Jr ·

Ja ek stem saam met jou,oor advertensies want as daai ou weer gaan vra watse koffie dit is gaan ek n beroerte kry. Gee tog vir hom die regte koffie laat hy ook kan score.

George ·

Wees dankbaar vir daai “engelse advertensies” hulle dok op, en so hou dit jou koste laer.

Onnie ·

Alles gaan oor geld. Die media reuse dink net aan hul bankbalans

Daniel ·

Wonder of Toks nie behoorlike Afrikaans kan praat nie, mengsel van Engels en Afrikaans

Casper ·

Ai tog,dit is jammer ou Tokka maar daar is ‘n lewe na Toks en Tjops

Hannelie ·

Ja nee wens die program maak klaar……nou die my tipe kykgenot nie.

Delia ·

Dis irriterend dat hy nie verder wil uitbrei maar hy gooi dit oop op sosiale media. Be grown up en sit jou feite op die tafel. En n mens bedank nie op sosiale media….regtig

Chris dupreez ·

Dankie tog , dit is omtrent tyd. Nou nog net Paulse wat moet gaan. Daar is vir seker beter aanbieders, soos die ouens wat uiters suksesvol vir hulle ingestaan het.

Nommer 7 ·

Ek dink in elk geval hierdie “infomercial” se raklewe is verby. Hoop Toks en Tjops word vervang met ‘n beter soortgelyke program, maar met minder niksseggende gesprekke.

Alexander ·

Ja KYKnet is oorlaai mer “advertorial” tipe programme ????

Samuel ·

Dit is nie goeie nuus nie. Ons kyk elke Vrydagaand Toks en Tjops en wonder maar net hoe gaan die program nou daar uitsien.

SjN ·

Die program se raklewe is lankal verby, ongelooflike Paulse ingesluit, kobaai

Veronika ·

Dankie tog nou kan die program gestaak word en n slag iets anders kom!

Danie ·

Maak geen verskil program het geen impak gemaak.Hulle kan dit maar verwyder en nog n stupid sepie plaas.

Chris ·

Chris noordkus, stel voor hulle verander die program se naam na ” Bokkoms met Breyton”

wiesalweet ·

Dit is Toks van der Linde. Kan nie eintlik glo jy weet nie wie hy is nie. En ja, hy en sy vrou het albei deelgeneem aan Slank, die program wat Leandie du Randt aanbied.

Blikkies ·

So is daar ‘n tyd om te kom, en ‘n tyd om te gaan. Cheers.

Juffrou ·

Maar hy het mos Vrydagaand gesê dat hy vir 3 weke met verlof gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.