Trane vloei toe hof borgtog weier

Van links: Jaco Kemp, Louis Coetzee, Gericke van der Westhuizen (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Die trane het gevloei toe Jaco Kemp (45) en Louis Coetzee (36) Donderdag borgtog geweier is vir die aanklag van moord teen hulle.

Hulle het Donderdag vir die vyfde keer in die Brits-landdroshof verskyn. Hulle word saam met Gericke van der Westhuizen van moord aangekla ná die lewelose liggaam van Dumisani Phakathi agterop hul bakkie gevind is.

Kemp en Coetzee se borgtogaansoek het eindelik, ná ʼn maand van uitstel, plaasgevind. Coetzee én Phakathi se familie was in die hof teenwoordig. Coetzee se familie was sigbaar emosioneel toe die uitspraak gelewer is.

Die beskuldigdes het aanvanklik aan die hof gesê dat hulle sonder regshulp hul kant van die saak sal stel, maar het later besluit om wel regshulp in te win. Die versoekte regshulp het egter herhaaldelik versuim om op te daag.

Kemp is vandeesweek wel van gratis regshulp voorsien. Coetzee se familie het vir hom ʼn privaat prokureur aangestel om hom met sy aansoek om borgtog te help. Albei beskuldigdes het Donderdag formeel om borgtog aansoek gedoen.

Kemp en Coetzee se regverteenwoordigers het aangevoer dat hulle onskuldig is en nie ʼn vlugrisiko is nie.

Die staatsaanklaer het egter gesê die staat het ʼn sterk saak teen die beskuldigdes en het borgtog teengestaan. Volgens die staatsaanklaer kan Coetzee en Kemp nie op borgtog vrygelaat word nie, omdat hulle moontlik met bewysstukke kan peuter en veral omdat die gemeenskap en familie van die oorledene ontsteld sal wees indien dié twee vrygelaat word. Die aanklaer meen dat hul vrylating geregtigheid in gedrang sal bring.

Die staatsaanklaer het ook aangevoer dat Kemp en Coetzee met die liggaam op die bakkie betrap is, wat die staat se saak teen dié twee beskuldigdes verder versterk.

Die saak is tot 13 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Van der Westhuizen, wat vroeg reeds op borgtog van R5 000 vrygelaat is, se borgtogtydperk is intussen verleng.

Maroela Media het vroeër berig polisiebeamptes het Sondag 17 September omstreeks 02:00 roetinepatrollies op die R511 net buite Brits gedoen, toe ʼn Nissan NP 200-bakkie op die pad agterdog gewek het. Kemp het die bakkie bestuur en Coetzee was in die passasiersitplek. Hulle was glo op pad om van Phakathi se liggaam – wat onder plastieksakke op die laaibak van die bakkie versteek was – ontslae te raak.

Beamptes het die bakkie voorgekeer en deursoek waarna daar op die liggaam van die 45-jarige Phakathi afgekom is. Hy het glo water op ʼn plaas gaan haal toe hy na bewering aangerand is.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die twee verdagtes (Kemp en Coetzee) in daardie stadium probeer vlug, maar hulle is oomblikke later in hegtenis geneem. Van der Westhuizen het hom twee dae later aan die polisie oorgegee. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is verlede week om aansoek vir formele borgtog uitgestel. Die beskuldigdes het Woensdag vlugtig in die landdroshof verskyn, waarna die saak tot Donderdag uitgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Van wanneer af het die familie en gemeenskap so baie sê? Wat van ander gemeenskappe en ander families? Wat vir die een geld miet vir almal geld! Ek praat geensins moord goed nie, maar sekers word sommer op eie verantwoordelikheid vry gelaat. So hoe nou!

Frikkels ·

Borgtog geweier omdat die slagoffer se familie ongelukkig sal wees daaroor? Ek het simpatie met die geraakte familie en keur glad nie moord goed nie. Sit net die skoen aan die ander voet, hoeveel plaasmoordenaars en moordenaars van onskuldige vrouens en kinders word binne dae op borgtog vrygelaat, ongeag hoe die familie daaroor voel. Hierdie is weereens ñ bewys van die dubbele standaarde wat op ons regbanke geld!

007 ·

Wie gaan haal water in die middel van die nag op ‘n plaas waar jy nie hoort nie?

Bolandse Nooi ·

Hy het nie in die middel van die nag water gaan haal nie . Hulle is om 02:00 betrap met die lyk, nadat Phakathi al vroeër die vorige dag – na bewering – doodgeslaan het.

Delia ·

Hou op om kleur in alles te sien. Ons glo die media asof dit die Bybel is en raak.opgewerk terwyl ons nie die feite het.

Gaitsigubib ·

Dankie Delia, almal verdien n regverdige verhoor voor jy veroordeel word. Hulle moet hul sondes by God bely, jy kan alles oorwin wanneer jou gees sterk is.

Nico ·

Van wanneer af word water om 02h00 middernag gaan haal is die saak ooit behoorlik ondersoek.

die ses ·

nico lees met begrip dan sal jy die berig verstaan. jy lees net wat lees is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.