Transnet deur Fitch afgegradeer

Die kredietgraderingsagentskap Fitch het Transnet afgegradeer na BB- van BB met ʼn negatiewe vooruitsig.

Die agentskap skryf dit toe aan die impak van die Covid-19-pandemie op Transnet se finansiële profiel en voortgesette onreëlmatige uitgawes. Suid-Afrika is op 20 November deur Fitch afgegradeer na BB met ’n negatiewe vooruitsig.

“Die nasionale afsonderingsperiode in die eerste kwartaal (April tot Junie 2020) het ʼn beduidende impak op Transnet gehad, ondanks die feit dat bedrywighede kon voortgaan, omdat dit as ʼn noodsaaklike diens geklassifiseer is deur die Suid-Afrikaanse regering,” het Fitch in ʼn verklaring gesê. “Die 17%-afname in inkomste in die ses maande tot einde September verlede jaar word ook toegeskryf aan die afname in die volume steenkool, ystererts, mangaan en ander algemene vrag wat hy moes vervoer – weens die afname in ekonomiese aktiwiteit in die land.”

Die parlement se staande komitee oor openbare ondernemings (Skoor) hou intussen Dinsdag ʼn verhoor met die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) oor sy jaarverslag en finansiële state asook afwykings, uitbreidings en ondersoeke deur die spesiale ondersoekeenheid.

Klik hier om die volledige Fitch-verslag te lees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Die ANC weet mos hoe om n land te best. Jy sal die klomp kommuniste niks leer nie.

Fedup ·

BB to BB- to BBEEE.
Fitch should learn how all the BB’s and EE’s work for this circus in this country.

Dahlia ·

Geensins verbaas nie. Transnet is nog altyd teen ‘n verlies bedryf. Destyds het SAL en Hawens die pot aan die kook gehou.

Wielspore ·

Dit het onlangs bekend geword dat PRASA, wat deel uitmaak van Transnet, 26 Miljard betaal het vir lokomotiewe en ‘n dag daarna 80 miljoen aan die ANC betaal is en 8 miljoen aan die tussenganger. Daar is ook minder lokomotiewe gelewer as wat bestel is.
Hiermee gee ons ‘n applous aan nog ‘n staats instansie wat uitsonderlik presteer met bedog en diefstal van belasting geld.
Julle verdien die afgradering.

Sonia ·

die status van Transnet het niks met die virus te doen nie maar alles met bedrog en diefstal deur ANC kaders

Mallie ·

Kan ons asseblief mense in beheer kry wat weet hoe om n land / maatskappy te regeer. die huidige mense kort defnitief perspektief.

Johan ·

Langer skoolure,6 dae per week,minder vakansies….slaagsyfer af na 10%!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.