ʼn Driejarige seun is dood nadat hy Saterdag in Mpumalanga deur ʼn trein doodgery is.
Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die ongeluk het in Matsulu naby Nelspruit plaasgevind.
“Die seun se ma was besig om wasgoed in ʼn stroom te was, terwyl die seun naby die spoorlyn gespeel het,” het Hltahi gesê.
Die seun se klere het aan ʼn stuk metaal langs die treinspoor vasgehaak en hy kon nie loskom nie. ʼn Trein het verbygery en die seun doodgery.
Die polisie ondersoek die voorval.
Mr die President jy belowe lopende water vir almal is dit net as die riviere en sloote af kom dan loop dit nie eers by hulle huis verby as sy water in die huis gehad het het haar kind nog gelewe skaam jou om die mense so te mislei
Alet ek stem 100persent saam met jo party kry huise krag en toilet met loopende kraan water terwyl di ander sukel nou waars di behuising en al daai wat hul afgelope jare so belowe