Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Dinsdag gesê die skorsing van treindrywers en metrobeamptes van die vakbond Untu, wat geweier het om onder onveilige toestande te werk, is met onmiddellike effek opgeskort.
Prasa het gesê ʼn ooreenkoms is bereik en geen dissiplinêre stappe sal gedoen word teen die werkers nie.
“Cromet Molepo, waarnemende uitvoerende groepshoof, was ook in gesprek met Untu om die pad vorentoe te bespreek om stabiliteit in die passasierspoordiens in die Wes-Kaap te verseker. Hierdie gesprek duur Donderdag, 21 Desember, voort in Johannesburg,” het Prasa in ʼn verklaring gesê.
Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê in die lig van dié gebeure en Prasa se samewerking om te voldoen aan Untu se eise, sal die vakbond nie voortgaan met ʼn staking nie.
Untu het ʼn dispuut verklaar nadat Prasa verskeie treindrywers en metrobeamptes geskors het wat geweier het om op die berugte gevaarlike sentrale lyn tussen Khayelitsha en Kaapstad te werk, maar hulle het hulself beskikbaar gemaak vir diens op ander roetes.
Regte slawedrywer. Wat van die mense se veiligheid? Genade tog.
Hulle behoort die bestuur wat die mense gedreig het, afdank, indien die werker rede gehad het om vir hul veiligheid te vrees.
Regso, jy moet net werk maar jy het geen ondersteuning of toeristing om jou werk te doen nie. Hul weet die mense is afhanklik van die vervoer so hoekom worry. Dan wonder ek maar net wie se skuld is dit ook dat die treine in so toestand is. Trein kom laat of kaartjies is te duur dan brand ons dit, net om more daaroor te kla en net nog n rede om te betoog en nie te werk nie.