Troepe gaan nie konflik in DRK stuit – Mbeki

Oudpres. Thabo Mbeki. (Foto: Thabo Mbeki Foundation)

Oudpres. Thabo Mbeki is oortuig daarvan dat die konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) nié deur militêre optrede opgelos kan word nie.

“Jy kan nie …

“Jy kan troepe instuur. Mense sal sterf, maar jy gaan nie die probleem oplos nie,” het Mbeki Maandag tydens ’n besoek aan Rwanda vir die 30ste herdenking van die Rwandese volksmoord in 1994 gesê.

Die oudpresident het tydens die besoek afsonderlik met pres. Cyril Ramaphosa en die Rwandese president Paul Kagame in Kigali vergader oor onder meer die voortslepende konflik in die ooste van die DRK.

Mbeki, Ramaphosa en Kagame vra vir ʼn vreedsame oplossing van die toenemende spanning tussen die DRK en Rwanda.

Volgens Mbeki het die regerings van onderskeidelik Rwanda en die DRK in hierdie stadium geen ander keuse as om die vredesooreenkoms in werking te stel wat 21 jaar gelede aangegaan is om konflik in die ooste van die DRK te beëindig nie.

“Die probleem is dat dit nooit geïmplementeer is nie, maar dit is nooit opgeskort nie. Dit is die basis van ʼn politieke oplossing,” het Mbeki gesê.

En hou strydende partye intussen uitmekaar sodat daar geen kans op konflik is nie, was die oudpresident se raad Maandag.

“Botsings sal beteken dat mense vir geen rede nie sterf. Hou hulle uitmekaar en werk dan aan ’n politieke oplossing.”

Drie soldate van Tanzanië is die afgelope paar dae dood en nog drie beseer toe ʼn mortier naby hul kamp in die ooste van die DRK ontplof het.

’n Suid-Afrikaanse soldaat is intussen ook dood nadat hy “behandeling vir gesondheidsprobleme in ʼn hospitaal in Goma” ondergaan het. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die soldaat se dood is nie.

Die soldate is almal in die DRK ontplooi as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se sending in die DRK. Die mag staan bekend as SAMIDRC en is deel van die streek se reaksie op die onbestendige en verslegtende veiligheidsituasie in die ooste van die DRK.

Maroela Media het vroeër berig sowat 2 900 Suid-Afrikaanse soldate is sedert Desember in die DRK ontplooi in ʼn stap wat geweldige kritiek uit sommige oorde ontlok het, onder meer omdat die soldate glo sonder behoorlike lug- en logistieke steun ontplooi is.

Die partye meen die Suid-Afrikaanse weermag het eenvoudig nie die kapasiteit om ʼn teeninsurgensie-veldtog teen M23-rebelle in die DRK suksesvol te voer nie. Hulle glo Ramaphosa stuur SANW-lede na hul dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Kan iemand vir my sê hoekom word ons soldate in die DRK ontplooi om rebelle te beveg maaar ons regering kla Israel aan by die Internasionale strafhof omdat hulle Hamas terroriste wil vernietig.Gaan dit oor die ryk diamantvelde in die DRK waaruit sommige mense voordeel trek.Hoekom veroordeel hulle nie Hamas vir die slagting in Israel nie.

domheks ·

cr moet maar soldate stuur om sodoende nie te erken hulle is nie opgelei nie. Maar daar is alweer die geld nodig vir herstel en instandhouding! Die krip moet volgemaak word vir die wat nog honger is.

Manie ·

Daar is verskeie gerugte wat die rondte doen dat ons soldate daar is om sekere hooggeplaasdes in SA se myn belange te beskerm en te keer dat dit in die rebelle se hande val. Iemand kan dit gerus ondersoek.

Jacobus ·

Manie, presies reg – dis wat gebeur as jou leiers plooibare beginsels het en die bruin koevertjies baie aantreklik is.

Kobus ·

Die ander probleem is opleiding. Ek dink nie ons huidige soldate is opgelei om dit te doen nie. Voor die 90’s was ons weermag gereken as die sterkste in Afrika. Ons was opgelei om teen terroriste organisasies te baklei. Nie so lank terug nie het hulle van die “ou” (ek bedoel nie “ou” in ouderdom nie, maar eerder in vorige) Spes Magte Cabo Del Gado toe gestuur. Ek verstaan hulle het wondere verrig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kobus, van daai voormalige recces uit die ou bedeling is nou al in hul 50s. Glo nie hulle stel belang om steeds in die bosse te leef nie. Baie werk nou as sekuriteitsadviseurs oor die hele wêreld. Verdien top dollers.

Republikein in die Wes Kaap ·

Manie, daar is baie lande daar. Baie geld te make.

Rudolf ·

Lees gerus The Battle of Bangui deur Thompson, Hofstatter en Oatway. Die geskiedenis herhaal bloot homself. Dit was/is nie SA se belange in die CAR of DRC wat tel nie…..Iemand skep diep uit daardie lande se minerale rykdom en politieke onrus.

koos ·

Ja, en wat van die plaasmoorde op eie bodem? Ons benodig ‘n verandering in regime dringend.

christo ·

Mbeki is hier 100% korrek. Die DRK het oorgenoeg tyd gehad om sy magte op te lei terwyl die VN magte daar was. SA moet daar uit. Daar is geen voordeel vir SA nie. Ramaphosa, of Mister Colgate, soos die Engelse pers hom noem, is te gretig om sy beeld te versterk in die buiteland, ten koste van die SANW en die SA belastingbetaler.
Daar is geld om soldate buite die SA grense te ontplooi, terwyl daar nie genoeg is om ons eie grense te patrolleer en beskerm nie.

Di ·

Darem EEN ANC Kader wat common sense het! Die res van hulle lewe in n droomwereld. Ons weermag kan nie eers die konflik op eie bodem hanteer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.